En sê nou daar ís ‘n hemel?

Iets wat ek nou die laaste tyd op ‘n paar plekke raakgeloop, het is opmerkings soos “as daar ‘n hemel is”, of “sê nou daar is nie ‘n hemel nie”, ens.

Die doel van hierdie skrywe is nie om in ‘n redenasie met mense wat anders glo, te gaan nie. Ook nie om in ‘n bekgeveg met iemand wat lus het om te stry, te gaan nie. Ek is nie ‘n teoloog nie, net ‘n doodgewone Christen. Ek respekteer dit as jy anders glo as ek. Wat ek wel wil doen met hierdie skrywe, is om te verwoord wat ek oor die hemel glo.

Ek het in ‘n Christelike huis grootgeword en is in die Christelike lewenswandel onderrig. Ek maak my erns met bybelstudie en lees en beoordeel baie dinge rondom die Bybel ook krities. Ek lees graag boeke oor verskillende aspekte van geloof, soms boeke wat meer gematig is, soos ons in ons kerk glo, en soms boeke wat erg Charismaties is, en daarmee glo ek nogals dat ek ‘n breë kennis en siening opgebou het.

Ek glo, sonder twyfel dat daar ‘n hemel is. Ek glo dat die hemel die woonplek van God is, en die hel die ander opsie is. Die Bybel self skryf op baie plekke daarvan, en Jesus self het dit vir sy dissipels gesê dat Hy uit die hemel kom, en terugkeer daarheen om vir Sy volgelinge plek te berei.

Nou is die vraag seker of ‘n mens vir Jesus kan glo. Wel ek glo Hom. Ek is daagliks in gesprek met Hom, Hy het my in my lewe al op soveel plekke sigbaar beskerm, gewys wat ek moet doen, gehelp met besluite. Hy het my gedra in tye wat dit met my baie swaar was.

Behalwe my eie persoonlike ervaring wat ek met Hom het, is daar oor die jare genoeg getuies dat Hy werklik leef, en daarvan is daar genoeg bewyse in die Bybel. Sy koms word ook hoeveel keer in die Bybel voorspel en elkeen van daardie voorspellings het waar geword. Die hele Nuwe Testament is geskryf deur mense wat eerstehandse kennis gehad het van Sy lewe op aarde, Sy kruisiging en ook opstanding uit die dood en die tyd wat Hy nog ná Sy dood op die aarde beweeg het. Dis waar. Dit hét gebeur, of ons dit nou wil erken of nie.

Deur die jare het Jesus ook aan baie mense verskyn in verskillende vorme, ek hoor van baie Moslems wat Hom in drome sien. Daar is ook baie boeke van mense wat “skyndood-ervarings” gehad het, dit kan voorwaar nie almal verbeelding wees nie, en Openbaring is ‘n voorbeeld uit die Bybel waar Johannes visioene van God se Vergadering gesien het.

Daar is egter slegs een manier om wel by die hemel uit te kom, en dit is deur Jesus Christus. Hy stel dit baie duidelik dat Hy die Weg en die Waarheid en die Lewe is.

Daarom my vraag, soos in die opskrif: “Sê nou net daar ís ‘n hemel, en jy het dit nie geglo nie?”

Oulike boeke om te lees:

“The case for the Real Jesus”, deur Lee Strobel 

“Die hemel is ‘n werklikheid!”, deur Choo Thomas 

“Die eerste 5 minute na die dood”, deur Isak Burger 

“Die laaste 5 minute voor die dood”, deur Isak Burger

“Beleef die opstanding”, deur Henry & Melvin Blackaby 

Jy kan dit regtig maar glo. Dis die waarheid.

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to En sê nou daar ís ‘n hemel?

  1. alleman sê:

    Soos Chris M van Niekerk dit graag stel: die idee van ‘n hemel reduseer ons lewens tot ‘n gewag in ‘n wagkamer.
    Ek wens daar was meer Christene wat nie aan ‘n hemel geglo het nie, en meer betekenis in hierdie lewe gevind het. Suid-Afrika sou myns insiens veel beter daaraan toe gewees het.

    (Hopelik het ek nou nie te veel oortree ten opsigte van jou wens om ‘n stryery te vermy nie)

    Like

    • Toortsie sê:

      Glad nie oortree nie. Die groot waarheid, soos jy dit ook stel, is dat die ewige lewe reeds begin op aarde. Ons moet hier al voluit leef en nie sit en wag vir eendag nie. Maar dis wonderlik om te weet wat wel vir ons wag, al kan ons in ons klein menslike brein onsself nie 100 persent kan indink hoe wonderlik dit gaan wees nie.

      Like

  2. scrapydotwo sê:

    Dit bring beslis vrede in mens se gemoed as mens glo en vashou daaraan,

    Liked by 1 person

  3. Sparkle sê:

    Ek dink nou aan Louis Brits se “In die hemel is die Heer” Jy sal die lied baie kan waardeer.

    Like

  4. Mmmm – ek sien daar is nou ‘n nuwe boek op die mark: Die ateis Christen. Dink dis nogals ‘n boek vir ons tyd. Ek het al hierdie boeke waaroor jy skryf, baie geniet. Choo se boek is besonders. Alhoewel dit baie kritiek ontvang. Snaaks, wanneer ek ‘n boek lees vra ek nie of die verhaal werklik ‘n waarheid is nie, as dit my lewe kan verryk en verander of salwing dra op daardie oomblik, is dit vir my genoeg. Daarom stry ek nie oor die egtheid van verhale nie.

    Alleman het natuurlik ook ‘n wysheid hier beet. Alhoewel ek nie dink daars werklik mense wat sit en wag in ‘n wagkamer vir ‘n hemel om te kom, nie. Almal vrees maar in ‘n mate die dood of onbekende.

    Wat my eerder vies maak is mense wat dink dat daar vir die gelowige ‘n (negatiewe) oordeel wag. Die regterstoel van Christus (Bema) sal wees soos ‘n olympiese spel. Ons gaan ons loon en Krone daar kry!!! Ons moet net die simboliek hierin verstaan.

    Liked by 1 person

  5. klippie sê:

    Ek sit nou in die wagkamer, soos mnr Alleman sê, maar ek sien uit na die hemel.

    Liked by 1 person

  6. Kameel sê:

    Dit is soos jy sê, ons het klaar die ewige lewe, en lewe dit dag na dag op hierdie aarde uit. Daar is geen gesit en wag vir die hemel nie. Wanneer hierdie bedeling verby is kom ons i.e.g weer terug na ‘n nuwe aarde toe. Dit gaan nie soseer oor die hemel nie as oor God se koninkryk. Is jy deel van hierdie koninkryk of nie? 🙂

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s