Scrapydo se toeka-tokkel: telefone
Scrapydo het die slingertelefoon so goed beskryf dat dit nie vir my nodig is om dit weer te doen nie. Min het ek geweet – toe ek daardie slingertjie so ywerig draai – dat daar ‘n tyd gaan kom dat ek my foon saam met my gaan ronddra, en baie meer met hom gaan doen as net met mense gesels. ‘n Doodgewone telefoon is klaar vir my ‘n wonderlike uitvindsel – hoe gesels ‘n mens deur al daardie drade, en lyne heen sonder ‘n babelse verwarring? Ek is nie bevoegd om oor vandag se tegnologie te praat nie; ek sê net dankie dat ek met my foon fotos ook kan neem!!!
Die telefoon se uitsluitlike doel is om kontak met mense te maak; daarom het ek begin dink aan oproepe wat ek deur die jare ontvang het. Daar was goeie tyding, slegte tyding, en ook doodstyding. Daar was ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te huil, en ‘n tyd om lekker te gesels. Dan was daar oproepe wat in my geheue ingeprent is; soos die een wat ek op ‘n Saterdag van my ma af ontvang het. Om by diè oproep uit te kom moet ek eers na die Vrydagmiddag toe teruggaan.
Ons buurvrou het by my kom teedrink. Die gesprek het oor ditjies en datjies gegaan, toe ek haar uit die bloute vra wat sy sou doen as haar sitkamerstel se oortreksels so voos was soos myne. Met diè tel ek een van die kussings – ‘n aanmekaar gedoente wat die sitplek sowel as die rugleuning uitmaak – op om haar te wys, en daar skeur die kussing oop, en spons lê die wêreld vol. Sy kyk my grootoog aan, en sê dit hang af hoeveel geld ek wil spandeer. ‘n Nuwe stel sal duurder kos, as om die ou stel te laat oortrek. Ek sug, en sê dat ons nie ‘n rand het om op die sitkamerstel te spandeer nie – wat nie leuen was nie – en voeg toe sommer by dat dit nie met haar nie, maar wel met die Here is wat ek hieroor moet gesels. Wat ek dan ook later gedoen het.
Die volgende oggend word ek so siek soos ‘n hond wakker; ek het griep. Ken kom van nagskof af terug, en klim saam met my in die bed. Later die oggend lui die telefoon; eers wil ek hom ignoreer maar sleep myself uit die bed uit, en gaan antwoord die foon. Dit is my ma. Sy klink skoon verward; vertel dat my “suinige” pa die eienaardigste ding gedoen het. Hulle was die oggend by die winkels toe sy ‘n sitkamerstel – wat vir haar mooi is – in ‘n winkelvenster sien. Sy sê dit hardop, en net daar loop my pa die winkel binne, betaal vir die stel, en vra of hulle dit nog daardie oggend kan aflewer. “Ek weet nie wat met jou pa aangegaan het nie,” sê sy, “hier sit ek nou met twee sitkamerstelle, wil jy een hê?” Niemand behalwe buurvrou was bewus van ons nood rondom ‘n sitkamerstel nie.
Ek is te siek om werklik te registreer, en mompel ‘n “dankie.” Dit is eers oppad terug kamer toe dat dit my soos ‘n bliksemstraal tref. Dit is antwoord op gebed!!! Siek soos ek is, spring ek Ken wakker, en vertel hom opgewonde van God se voorsiening. Ek gaan bel my ma om weereens dankie te sê vir die stel, en ook dat sy kan verstaan hoekom my pa so teenstrydig opgetree het. Hy was gehoorsaam aan God se Stem, of hy dit besef het of nie.
Lui telefoon, lui 🙂
WoW!!!!
LikeLike
Dit was werklik ‘n WOW oomblik!!
LikeLike
So voorsien Hy in al ons behoeftes!
LikeLike
Dit is die wonder daarvan om Hom te sien werk in ons kleinste behoeftes. Wat ‘n grote omgee God dien ons nie!!!
LikeLike
Spesiaal
LikeLike
Sulke oomblikke vergeet ‘n mens nooit.
LikeLiked by 1 person
Watter wonderlike vertelling – en ek hou van jou beskrywing ‘…spring ek Ken wakker’ 🙂
LikeLike
Ek was sowaar bo-op hom van blydskap 😆
LikeLike
Dit is nou n besonderse telefoon vertelling. Dit wys ook wat vertrou en oorgawe doen. Daar is n doel mee dat dinge gebeur n mens wil dit meestal in jou eie hande neem. Die mens wik maar God beskik is werklik waar. Dankie vir jou telefoon deelname.
LikeLike
As ‘n mens net kan leer om Hom in alles te ken!!!
LikeLike
Dit is so raar om sulke positiewe gebeurtenisse te beleef, op ‘n tyd waar ek moedeloos is omdat ek ni werk kry ni! Dankie dat jy dit gedeel ht!
LikeLike
Vader ek kom na U toe in die Naam van ons Here Jesus Christus, en dra Karina voor U troon van genade op. U ken haar behoeftes, en ek vra dat U vir haar daarin sal voorsien. Maak vir haar ‘n deur oop na ‘n goeie werk toe, en stort U seëning oor haar uit. Doen dit tot eer van U Heilige Naam. Amen
LikeLike
God is SO getrou! Hoe is dit dan dat soveel dit nie wil glo nie, met allerhande SLIM antwoorde kom? Hierdie storie van jou is weer eens ‘n BEWYS van God se trou. Dankie Kameel
LikeLike
Dit is net soos jy daar sê Toorts.
LikeLike
Oulik geskryf, Kameel!
LikeLike
Dankie. Mooi dag vir jou.
LikeLike
AiDally. Sit ek wragtig en trane afvee. Nou gaan ek weer heeldag loop en neurie “What a mighty God we serve.” Ek hoop nie die bure kan my hoor nie. My sangvaardighede het maar sleg agterwee gebly.
LikeLike
Vergeet van sangvaardigheid…. laat hulle die boodskap mooi duidelik hoor!!!
LikeLike
Vir al wat jy weet sing hulle dalk nog saam ook!
LikeLiked by 1 person
Dit is so awesome! Het jy nog daardie stel?
LikeLike
Nee, ek het nie, maar ek sal bietjie uitvind. My broer se kinders woon in daardie huis. Die telefoon in die stoor behoort nog net daar te sit, hoekom sou iemand dit verwyder?
LikeLike