Overberg stories

Ek geniet ‘n boek ekstra baie as dit hier in die Overberg afspeel. Die omgewing is mos bekend, dis hoekom!

Die Dooies Leef”, deur SD Fourie, speel hoofsaaklik hier in ons eie Strandveld af. Dis ‘n opvolg op die boek, “Die Lanternswaaier In “Die Dooies Leef”, speel ‘n jongmeisie die hoofrol. Haar ouma het voorheen ontken dat sy haar nasaat is, maar sy word tog as erfgenaam aangewys, mits sy ‘n paar voorwaardes nakom. In die proses kry sy twee dagboeke wat sy deurwerk, dié van haar ouma en ook van haar oumagrootjie.  Die oumagrootjie is die dogter van die meisie wie die hoofrol gespeel het in “Die Lanternswaaier”. 

Die Lanternswaaier  vertel die verhaal van baie jare gelede, voor hier nog vuurtorings aan die suidkus van Afrika was, ‘n tyd wat baie bote hier langs die kus op die rotse geloop het. Dit vertel ook die verhaal van mense wie die bote na die rotse toe gelok het. Fiksie of feite? Ek weet nie.  Die meisie, wie as lanternswaaier moes optree, se lewe word onherroeplik verander as sy verlief raak op ‘n uitgespoelde soldaat wie sy moes versorg.

Altwee hierdie boeke lees baie lekker en die storie is maklik om te volg. Die skrywer kry dit reg om die storie oor vyf geslagte heen te laat vloei. Net heel aan die einde van die tweede boek is die toevalligheid ‘n bietjie te groot, maar wie gee nou om?

‘n Boek in ‘n heel ander klas, is natuurlik Labirint van Chanette Paul. Ja, ek ís ‘n erge Chanette Paul entoesias, maar hierdie heel eerste boek wat ek van haar gelees het, het my gevang. Dit speel af op twee “tweelingdorpe”, twee dorpe wat baie naby aan mekaar is en wat in dieselfde tyd gestig is. Baie moorde word gepleeg. Dit bly spanningsvol tot die einde.

 “Spoor van die Perlemoenstropers” is ‘n verhaal oor iets wat ‘n groot probleem hier by ons is: Perlemoenstropery. Dis ‘n speurverhaal waar perlemoenstropers vasgetrek moet word. Ons lees tussen die lyne van die probleme wat die vissers het, maar ook van onderduimshede wat aangaan. ‘n Genotvolle boek.

Die tweeluik van Chanette Paul, wat handel oor die 4 slette van Maanchijnbaai, speel af op ‘n seedorpie soos Kleinmond, ook hier in die Overberg. “Joe en Sue”  is die eerste boek, en “Nan en Jeannie”  die tweede en moet in daardie volgorde gelees word. Ek het reeds oor hierdie boeke geskryf, en julle kan gerus HIER daaroor gaan lees.  

Lekker lees!

Toorts

Loer by Pinterest vir nog skakels na boeke wat ek al gelees het. So met die tyd is ek besig om dit aan te vul.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

26 Responses to Overberg stories

  1. perdebytjie sê:

    Dankie,dit klink na lekkerlees boeke.Ek het pas Chanette Paul se Dryfhout klaar gelees en dit baie geniet.Sal bietjie van hierdie ander boeke opsoek.

    Like

  2. scrapydotwo sê:

    Ai hoe mis ek nou afrikaanse boeke. Die drie skrywers is heel onbekend vir my. Dit klink egter of dit die moeite werd is om hul te lees. Die tyd wat ek in die bid gewerk het het ons altyd nuwe skrywers en boeke gekry en ons kon hul eerste lees sodat ons aan ander kon se of dit goed is of nie. Eintlik het ek meer die jeugboeke moes lees en my vriendin die volwassenes. KOn by haar altyd hoor of dit moeite werd is of nie

    Like

  3. SD sê:

    Hallo Toortsie – heel toevallig hier beland! Baie dankie. Ek is die skuldige skrywer van Lanternswaaier en Die dooies leef. Waardeer jou belangstelling en terugvoer. Doet so voort! SD Fourie

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Oeeeeee!!!! Sjoe!!! Wat ‘n voorreg! Dat die skrywer SELF my bloginskrywing raakgelees het. 🙂 Laat ek dadelik loop kyk of ek nie iets leliks geskryf het nie. 😉
      Dankie, ek het hierdie boeke soveel geniet, ek hoop daar kom NOG Overbergstories uit jou pen of rekenaar.
      Mooi loop

      Like

  4. Ai, sug, al hierdie boeke klink so interessant. My vyand is ongelukkig TYD. Sal maar hoor wat julle daaroor te skryf het.

    Like

  5. My leeslys gaan my nog wurg. Ek lees die heel blerrie tyd, maar niks wat ek eintlik graag sal wil lees nie.

    Ek het noudie dag sommer Meeulanders van die rak afgegryp toe ek ‘n tydjie oopgehad het en ander leeswerk geignoreer het. Dit was deur ‘n Overberger geskryf as die omslag nie jok nie.

    Like

  6. scrapydotwo sê:

    Raai wat? My seun het vir my n kindle gekoop!!!! sommer dadelik Die lanternswaaier afgelaai. Nou gaan ek n hond uit n bos lees!

    Liked by 1 person

  7. Terug pieng: Oorlogstories | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  8. Terug pieng: Toort se Toeka Tokkel oor Omgewing | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s