‘n etery op naweek

My hele grootmenslewe is dit maar ‘n probleem: Ek hou goed met my eetprogram, tot ons gaan naweek of vakansie hou. Dan verander die hele patroon.

So amper trap ek Vrydagaand in daardie slaggat, as dit nie was vir die stemmetjie in my kop wat my gewaarsku het nie! Eintlik hou ek daarvan om, as ons so ‘n klomp saam kuier, ‘n bietjie voorbereid te wees en iets te maak wat ek kan saam eet, maar Vrydag was daar net nie tyd daarvoor nie.

Ek het gou by Checkers ingehardloop om die nodige te gaan koop, en natuurlik haak ek toe vas by die sjokoladekoek. Dis tóé wat die stemmetjie my herinner om kop te hou. Ja., ek hét die koek gekoop, maar ook slaaigoedjies, bacon, eiers, neute, kaas wat ek mag eet.

Die neute het my gered. Meer as ooit. Ek het dit sommer in my kas gebêre, en as almal so weglê aan die koek, of die heerlike sagte mosbolletjies met botter gesmeer, het ‘n salamiskyfie of ‘n handvol neute die lus gou weggeneem.

Ek sal nie kan sê ek het ‘n 100% Banting naweek gehad nie, die “cane, passion fruit en soda” het lemonade in gehad, en die koeldrank beslis ook suiker. Met ‘n uit-etery weet jy ook nie altyd wat in die gereg is nie, maar ek voel trots.

Hoekom skryf ek hierdie dinge? Sommer vir myself om op my tone te bly, maar ook toe ek op 27 Julie verlede jaar begin het met die Banting ding, het ek so gehoop ek kan by iemand raad vra. Sommer net hoor wat ander maak. En dís hoekom ek hierdie skryf. Dalk is daar iemand wat sommer wonder hoe die ander “oorleef” wat Banting doen, dat hulle ook sien dat ander mense soms swaar kry, of watter planne hulle maak.

Hierdie boek, “The Real Meal Revolution”, deur Tim Noakes en medewerkers, het my baie gehelp. As ek die regte boek in my hand gehad het sou ek dit dalk nie gekoop het nie, omdat dit so ‘n groot, dik boek is. Genadiglik het ek die e-boek gekoop en nie besef hoe dik dit is nie. Die grootste gedeelte daarvan is egter resepte.  Ek het die gedeelte waar hy verduidelik hoe Banting werk en ook hoe jy dit moet doen, baie geniet. Ek het nog nooit van die resepte probeer nie, tog hoor ek dat dit baie lekker is.

Wat vir my ‘n bietjie sleg was van die e-boek is dat die weergawe wat ek gekoop het, nie maklik gelees het op my tablet nie. Dit voel vir my of dit foto’s was. Soms is van die boeke so, dat jy ook nie die grootte van die letters kan verander nie. Het julle al so iets ervaar, of waarna moet ek kyk as ek die boek koop dat ek wel die regte weergawe koop?

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

11 Responses to ‘n etery op naweek

  1. Soms fluister daai stemmetjie darem net te sag!

    Like

  2. Kameel sê:

    Die naweek kry ek toe ook met banting te doen. Chanté kom hier aan en aan haar gesig kan ek sien sy het gewig verloor. 5kg sê sy, want sy doen die banting ding. Maar haar stemmetjie is nog maar baie sag…. gister by De Vetta Mossel het hy glad nie gepraat nie. Daardie plaasbrode wat so uit die kleioonde kom met dik plaasbotter en konfyt het harder gepraat.

    Like

  3. Jeanné sê:

    Op Facebook is daar verskeie banting blaaie. Ek lees maar van tyd tot tyd daar maar volg my eie kop met die kosmaak saam. My man is streng daarop en het al 12kg verloor. Ek eet nog steeds (bloos) af en toe ‘n broodjie of beskuit

    Like

  4. katrina sê:

    Dit klink of jy goed aangaan – doet zo voort!

    Liked by 1 person

  5. Terug pieng: Banting vir Beginners | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s