oor “sports”

Scapydo het die opdrag gegee dat ons oor sport of sports moes skryf. Ek lees in my kop “sport en ontspanning” en maak my skamele bydrae tot die onderwerp, sport. Toe ek weer kyk, sien ek daar staan ook “sports” en ek wonder of ek nie beter hiermee sou vaar nie.

Rondomtaliedraai skryf toe as kommentaar sy wag nog vir die sports.

Baie jare gelede, my broer het nog geleef en op die plaas gewoon, het ons een aand daar gaan braai. Ons was Jonk, en Sterk, en Vol Lewe, en ja, die voggies het seker ook maar sy deel gedoen. 🙂

Dié broer van my was ‘n bok vir sports. Als was snaaks, in alles het hy ook iets snaaks gesien.

Hy het ‘n voertuig (monster) gehad, ongelukkig kan ek nie onthou watse soort voertuig nie, maar dit was so ‘n groot, lomp bakkierige ding. Dié voertuig het nie meer ‘n kajuit gehad nie, dit was ‘n “sports-model”, sy uitlaatpyp was ook duidelik nie meer daar nie. Hy het die ding omskep om in die veld in te gaan. Dit het ook nie ligte gehad nie.

Dit was seker so half 12 of selfs later, toe besluit boeta om vir manlief sy “ombouing” te gaan wys. Daar aangekom, móét dit getoets word. Hul besluit om vir nefie te gaan hello sê, so 2 km verder. Daar aangekom, het hulle nóg ‘n hele ent gaan ry, omtrent die hele gemeenskap daar is ge”roer”…

Daardie tyd van die aand is alles mos maar snaaks. Ons wat by die huis gebly het, het hulle al die pad gehoor… die verskriklike geraas wat die monster maak, met die baie harde, baie duidelike gesels van die twee opgewonde manne, hoorbaar nog bo die geraas van die voertuig., selfs al was hulle 6 km van die huis af. 🙂

Die volgende oggend kom daar ‘n “rekening” per faks aan vanaf nefie se vrou, vir al die ontsteltenis en oproer wat hulle veroorsaak het. Daar was skade aan die roostuin,  die arme werkers se partie is omver gewerp, want hulle het net die geraas gehoor, maar nie geweet wat en waar dit is nie (daar was nie ligte nie), skok, rusverstoring en als wat ‘n mens aan kan dink, ‘n hele folio vol.

Ag wat, hy het toe op ‘n depositostrokie ‘n “tjek” uitgeskryf vir die volle bedrag, dit teruggefaks en die “monster” gevat en gaan koffie drink by nefie…

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies, Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

7 Responses to oor “sports”

  1. Spokie sny spoor sê:

    Hehehe – glo goed daar was ‘n deurmekaarspul. En like ook die ‘rekening’. Sê jou: hoe meer dae hoe meer …. sports.

    Like

  2. perdebytjie sê:

    Lekker sports

    Like

  3. Kameel sê:

    Jonkwees en daardie avontuurlus wat daarmee saamgaan is darem die lekkerste lekker. Ouderdom en sedigheid is nou maar eenmaal nie so interessant nie!!!

    Liked by 1 person

  4. hehehehe wens mens kan al die rekeninge so betaal

    Like

  5. scrapydo sê:

    Sjoe ek kan sommer die petalje hoor want mens kan hul nie juis sien sonder ligte nie. As hul so iets vandag sou doen het hul die hele verkeersafdeling, polisie en gemeenskap op hulle. Dankie vir die lekker sports bydrae!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s