Beurtkrag!? Wat eet ons?

As jy nie so wakker en georganiseerd is en presies weet wanneer jou “beurt” is nie, wanneer jy eintlik reken dat hulle nie heeltemal van jou weet as beurtkrag kom nie en dit jou skielik tref, wanneer jy weet jou man is by die huis vir middagete en jy dan gewoonlik jou hoofmaal eet, en beurtkrag kom, wat dan? 😯

‘n Tunaslaai! ‘n Banting Tunaslaai, maar ek dink ander mense mag dit ook eet. Dis vars en gesond. Ek gaan nou vir julle neerskryf wat ek in dit gesit het, maar jy kan met liefde nog goed bysit, soos avokadopeer of dalk gekookte eiers.

Vir elke persoon pak ek sommer sy eie bord, volgens sy eie voorkeure:

20150127_124235[1]Begin met blare onder. Kropslaaiblare, of enige blare waarvan jy hou.

Dan pak jy skywe komkommer, tamatie, gurkins gee lekker geur.

Deel een appel tussen die borde, onthou net dit word bruin, so moenie dit te vroeg opsit nie.

‘n Lekker groot hand vol gemengde neute. ‘n Ruim hand.

Kaas van keuse: ‘n stukkie bloukaas gee heerlike geur en is baie vullend, maar Feta kaas werk goed. Wat van Camerbaert? Wees ruim met die kaas.

‘n Pakkie John West tuna, 2 vir ‘n honger man. Enige tuna sal werk maar ek verkies die pakkies John West. Hulle is duurder, maar soveel geuriger en nie so vol sous nie.

‘n Lekker skep of twee volroom mayonnaise bo-oor.

Geniet dit! Hoekom sal ons ons deur beurtkrag laat afsit?

Toorts

 

Advertisements

19 thoughts on “Beurtkrag!? Wat eet ons?

    1. Dankie. Ag man, die reseppies wat ek opsit is so eenvoudig, mense kan dink ek mors hulle tyd. Daar is egter soveel mense wat vir my vra wat hul kan eet, wie Banting doen. Dis hoekom ek dit sommer opsit, net om te wys dis maklik en gesond, nie so ‘n DING soos wat baie mense dit maak nie.

      Like

  1. Ek is oor die algemeen mal oor vis en seekos. Dit sluit natuurlik sushi in. Maar vis in ‘n blik? Of ‘n fles? Of ‘n Pakkie? Nein danke. Sal eerder die slaai sonder die vis eet. Sommer sonder die mayonnaise ook. 😉

    Like

            1. Haha, ek tel myne sommer op met die vingers (ja, in die restaurant ook!) en doop hom diep in die sojasous. As ek daai stokkies probeer gebruik, beland my hele maaltyd in my skoot, sous en al. My dogter is allergies vir jodium, wat beteken dat sy geen vis kan eet nie – ons maak ons eie vegetariese sushi en dit is net so lekker. Baie vullend ook.

              Like

  2. Behalwe vir die blikkie tuna wat ek in die huis het sal ek eers Checkers toe moet gaan vir die res 😆
    Sal die mayonnaise moet vervang met swartpeper, want ek het ‘n man wat nie mayonnaise eet nie maar oor alles swartpeper strooi.

    Like

  3. Dit klink nou soos my klas slaai die! Ek sit gewoonlik gesnyde hoenderborsies in die tuna se plek, maar gaan dit verseker met die tuna probeer. En dan sit ek olywe en avokado (as dit in seisoen is) by en wortel (wat ek met die skiller sny), maar as ek reg is is wortel ‘n “no-no” as mens Bant.

    Like

    1. Jy kan al daai lekker goed bysit en nog. En nee, wortel mag jy eet. Dis in die oranje lys. Ek dink dis iets soos 6 wortels!, dan is dit jou volle koolhidrate vir die dag. So, een wortel tel jy amper nie eers nie. 🙂 Ek het vergeet van die olywe en die avo.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s