Om heeldag in ‘n beeskraal te staan…

… en jy is nie gewoond daaraan nie…

… beteken dat jy rooier as rooigebrand daaruit gaan kom, selfs al het jy besluit jy gaan maak of die son nie warm skyn nie, selfs as jy die son ignoreer, en ja, swaer, veral omdat jy nie sonbrandroom aangesmeer het nie. Die ding is, jy staan omtrent 8 ure in die beeskraal en die sonbrandroom werk net die eerste 15 minute… Al wat ek weet, ‘n mannetjiesvolstruis sal wéns om sulke rooi bene te hê! En ‘n boere”tan”? Wit armpies en al! 😉 Net terloops, gisteraand 6 nm was die temperatuur steeds 30…

‘n Mens moet seker regte waterbootse aanhê as jy besluit om die heel dag in die beeskraal te staan, of van daardie kort, groen bootsies, maar in hierdie hitte het ek toe krokkie plakkies verkies. Tog, die mans dra almal toe skoene. Hul is seker gewoond aan die hitte, of die skoene is goeie leer en word nie warm nie. Maar wat, krokkies spoel lekker gou af.

Jy moet weet, as jy heeldag in ‘n beeskraal staan, dat jy beslis iewers “deur die mis” sal wees. Staan net so ‘n bietjie nader om die oornommer mooi te beskou… SIES!!!

‘n Mens moet eintlik nie vinnig by Checkers inhardloop vir jou week se “groceries” as jy die heeldag in ‘n beeskraal gestaan het en nog nie by die huis jouself verfris het nie… maar hoe dan nou gemaak, jy ry dan daar verby? Toemaar, ek was darem nie merkbaar vuil nie, en het gesorg dat ek ver van ander mense staan…

…want dié moet jy weet: Stink gaan jy stink… dit help nie eens jy probeer dit verbloem met ‘n bietjie lekkerruikgoedjies nie! 😯

Nou ja, ek hét al vertel van my dae wat ek die beeste nagaan, een vir een, om te kyk of hulle oornommers ooreenstem met my rekenaar, en of elke bees op die rekenaar wel op die plaas is. Gaan lees ‘n bietjie “‘n misserige storie“.

Ons het nog ‘n stal begin in verlede jaar. Dis omtrent ‘n storie. Die stal het ‘n klompie beeste van die vorige eienaar gehad, wat ‘n regtige mengsel was van Jerseys, Airshires, en nog wat… Hulle was REGTIGE KOEIE, pa was ‘n koei, ma ook… Nee man! Dis nie reg nie! 😯 Soos my pa sou sê, ‘n regte “fruit salad”.  Daar is ook heelwat aangekoop. Koeinommers oorvleuel, sommige het nie nommers nie, ens. Maar moenie bekommerd wees nie, gee ons so ‘n jaar of wat kans, dan gaan jy nie glo wat jy sien nie!

So, saam met die oornommer naganery, is daar ook ‘n bietjie geselekteer…

Dis lekker, maar ek wil dit regtig nie elke dag doen nie.

Songroete

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

16 Responses to Om heeldag in ‘n beeskraal te staan…

  1. 😯 Beskerm die nat mis mens dan nie teen die son nie?

    Soos ‘n wyse dosent op varsity gesê het: Die dom man kap die boom met ‘n stomp byl af. Die slim man kap dit met ‘n skerp byl af. Die wyse man kry iemand anders om die boom af te kap. 😉

    Like

  2. Kameel sê:

    Kyk as jy ‘n dag in ‘n beeskraal in die son kan staan, en dan nog kans sien om by Checkers in te hardloop…. of loop; het jy baie energie in daardie lyf van jou!!! Hulle sou my na ‘n uur uit daardie beeskraal moes sleep 😦

    Liked by 1 person

  3. perdebytjie sê:

    Klink na mistige gesellige samesyn in die buitelug. 😆

    Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s sê:

    Wonder hoeveel boervrouens doen dit , jy is uniek, ag ek is aspris maar moenie dat hul tog vir jou ook nr nie , toortsZApuikboervrou1.. of so iets.

    Like

  5. Ek vermoed ek sal nie hierdie aktieiteit baie geniet nie…

    Like

  6. scrapydo sê:

    Dis harde warm werk maar as dit klaar is is dit heerlik om te weet die liggaam kan weer herstel na die sonskade en ook dat die oor-nommers aangeteken is. Sjoe man ek haal my hoed vir jou af, jy het regtig baie bereik. Hoop jy het n hoed gedra. Ek het so n blou flap hoed gehad wat my seun gehaat het. (Het hom wraggies saamgebring, gaan een of ander tyd hom opsit as ek tuinwerk by hom doen, ha ha)

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s