Geloof? Of dade?

G: “Solank jy glo, is als reg.”

D: “Nee, jy moet goed doen aan ander. Dis al wat tel.”

G: “Dis hoe dit in die Bybel staan. As jy glo in Jesus, gaan jy Hemel toe.”

D: “Nee, daar staan jy moet goeie dinge aan ander doen.”

G: “Goeie dade gaan jou nie in die Hemel bring nie.”

D: “So, dink jy, as jy net geloof het, en verder net vir jouself lewe, niks vir ander oor het nie, dat dit goed is?”

R: “Kom ek help vir julle. Dis nie die een óf die ander nie.  In die eerste plek gaan dit nie om ”n plek in die Hemel te verwerf en dan is dit klaar nie’. Soos G sê, gaan goeie dade ALLEEN jou nie in die Hemel bring nie.  Deur in Christus Jesus as jou Saligmaker te glo, Hom aan te neem as jou Verlosser, word jy ‘n Kind van God.”

G: “Sien jy, en dan gaan jy Hemel toe.”

R: “Jy’s heeltemal reg. As Geredde persoon sal jy wel eendag Hemel toe gaan. Daar is egter baie meer as dit op die spel.”

G: “Hoe bedoel jy nou?”

R: “Die oomblik wat jy Jesus as jou Verlosser aanneem, kry jy die Ewige Lewe. Dis nie iets wat jy eers kry die dag as jy doodgaan en Hemel toe gaan nie, jy kry dit die oomblik as jy Hom aanneem.”

G: “Nou wat is nou anders? Dis dan PRESIES soos ek gesê het?”

R: “Die verskil is dat ons, as verloste mense, ook met die hulp van God moet probeer om as verloste mense te leef. Dís waar die dade inkom.”

D: “Sien, ek was reg!”

R: “Ja, jy was reg. In ‘n mate. Jy wys wat jy glo met dit wat jy doen.”

G: “Hoe bedoel jy nou?”

R: “Jy kan nie sê jy is ‘n Christen, maar jou lewe wys een honderd persent die teendeel nie. Dan is jy ongeloofwaardig. As kind van God WIL ‘n mens graag leef soos wat Hy wil hê.”

G: “Maar dit beteken mos dan dat NIEMAND kan sê hulle is Christene nie. WIE kry dit reg om altyd reg te lewe?”

R: “Dis die EEN groot verskil tussen die Ou en die Nuwe Testament. In die Ou Testamentiese tye moes die mense reg DOEN. Ongelukkig het NIEMAND, of BAIE MIN mense dit reggekry om reg te doen. Jesus het alles kom heel maak. Hy het ons sondes op Hom kom neem.  God ken ons harte, en weet of ons Hom ken of nie. Sy genade is groot genoeg om ons die foute wat ons maar almal maak, te vergewe. As ons Sy kind is, is ons sondes reeds vergewe.”

G: “So, as ons sondes dan reeds vergewe is, hoekom sal ons probeer om reg te lewe? Dan kan ons mos maar die lewe voluit geniet en net eendag hemel toe gaan?”

R: “Uit dankbaarheid dat jy gered is. Omdat jy so bly is dat jy die goeie nuus weet, en omdat jy wil hê ander moet dit ook weet. Omdat dit ‘n soveel meer geseënde lewe is en omdat daar soveel meer vreugde in die regte dinge is. Omdat jy soveel respek het vir God. Omdat jy vir Jesus liefhet. Omdat die Gees in jou is, en jy net nie anders kan as om te wil reg doen nie. Dis hoekom.”

Toorts

……………………………………………………………………………………………………………………….

Opdrag van Writing 101: Focus today’s post on the contrast between two things. The twist? Write the post in the form of a dialogue.

17 thoughts on “Geloof? Of dade?

        1. Dankie. Ek is nie hier vir ‘n bekgeveg nie. Ek weet wat ek glo, ek glo met hart en siel daar is ‘n Hemel, waarheen ek ook eendag sal gaan, maar ek kan nie iemand anders oortuig nie. Veral nie met ‘n bakleiery nie. Daarom respekteer ek hoe die ander glo, al glo ek dalk 100% anders.
          Slegs die Heilige Gees kan iemand oortuig wat die waarheid is, dis nie my werk nie.

          Liked by 1 person

  1. Ja, touchy onderwerp vir menigte…
    Ek voel: dit maak nie saak wat jy glo nie, watter gode jy aanbid (of nie aanbid nie) en watter boek jy lees of nie lees nie, as jy net Sondae die reëls gaan uitleef is dit maar ’n useless oefening…en of jy nou sop skep by ’n homeless shelter of koek bak vir die basaar, ’n donasie gee vir kankernavorsing of jou tiende vir die kerk gee, dis om te ewe. Jy help diegene wat nie hulself kan help nie. Ubuntu is my leuse 🙂

    Like

  2. Ek hou nogal van Xena se kommentaar Sy het hier ‘n sleutel beet. Die mens is hoofsaaklik geskape vir ‘n Liefdesverhouding met Hom. As ek bv. my man liefhet, respekteer ek hom genoeg, om alles te doen wat hy my vra. Of selfs nog VOOR hy my vra. Dan kom bediening of werke van self. Nooit is dit verpligtend.

    Liefde bly die grootste kragbron wat werke sal ondersteun. Omrede ek WIL, Ek glo dat God heel eerste ‘n liefdesverhouding van ons verlang, ‘n kind-pa-verhouding. Die res sal soos gesonde vrugte aan die boom groei.

    Jesus se keuses wat ons gegee word, is vry. Maar LIEFDE oorbrug en oorkom alles! Hierdie liefde is sterker is enig iets anders,selfs sterker as haat en wraak. Hierdie liefde word naderhand so sterk, dat ek self my lewe vir ander sal gee … is dit nie wat Hy gedoen het vir ons nie?

    Goed beredeneer, Toortsie.

    Like

Gesels saam, asseblief!