Ek snap eers nie wat Martelize Brink van RSG nou die dag bedoel toe sy sê: “Geniet jou blomkool” nie. Ek weet van “Eet jou kool”, maar, “Geniet jou blomkool”?
Tóé snap ek! Ek dink dis Johan wat saam met haar in die ateljee was en hy het vertel van die Loslip onderwerp van die middag. Is dit, dat as ‘n dieet ‘n naam het, meer mense dit volg? En hy sê, “soos banting”, en dís waarop Martelize toe antwoord van die blomkool.
Sien, die ouens wat “erg” Banting, of “Low Carb”, gaan groot met die blomkool. Dis Blomkool Rys, Blomkool Mash, Blomkool pizza basisse, ens.
Ek is nog nie daar nie, nie na 6 maande van Banting nie, dis dié dat ek toe nie dadelik snap wat Martelize bedoel het nie. Ek het een keer blomkoolmash gemaak. Ek sê toe ons eet Mash vandag. Sal iemand nie sowaar in die pot loer en vra waar die aartappels is nie. Hulle het die fyn blomkool, met room lekker gemaak, geëet met lang tande, saam met die ander kos, en ná die tyd gesê dis eintlik lekker.
Net daar het ek besluit om meer diskreet aan die resepte te verander… Ons los nou sommer die rys heeltemal uit, en soos ek alreeds voorheen gesê het, ek kook amper nog nes altyd, net met hier en daar ‘n veranderinkie.
Ek het die laaste tyd nogals lus vir Herderspastei, en dink dat ek dit seker met Fyn Blomkool sal moet afrond, en BAIE kaas.
Hier het ek ‘n lekker Brokkolislaai resep. My eie konkoksie, saamgestel uit ‘n hele klompie ander resepte. Dis nogals lekker, geurig, en almal eet gewoonlik graag hiervan. As jy Banting doen, het ek goeie nuus. Jy mag dit maar eet!! Ek hoop nie ek het dit al geplaas nie, ek het gesoek, maar kon dit nie op hierdie blog kry nie.
Braai 1 pakkie bacon, 1 gekapte ui en 1 knoffelhuisie, in stukke gesny, saam. Voeg botter by indien nodig.
Gooi intussen in ‘n bak met ‘n deksel:
1 groot broccoli, in klein stukkies gebreek
Neute in klein stukkies gesny
Pampoensade en ander sade (Ultimate seed mix as jy het)
So 2 eetlepelsvol klapper
1 Rolletjie fetakaas, in stukkies gebreek.
Skep die bacon-, uie-, knoffelmengsel wat klaar gebraai het, by.
Meng ongeveer ½ koppie volroom mayonnaise, 1 teelepel aangemaakte mosterd, 1 teelepel xylitol (of suiker), en ‘n bietjie asyn. Gooi dit oor die res van die bestanddele.
Meng alles, sit die deksel op en laat staan vir minstens 3 ure sodat die geure kan “trou” en die brokkoli ‘n bietjie marineer.
Ons eet dit natuurlik saam met braaivleis, maar jy kan dit alleen ook eet as ‘n ligte ete.
Lekker eet!
Toorts
Loer by Pinterest vir:
Koolhidraatvrye en lae koolhidraatresepte
Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage
Toortsie se Faceboekpage
Toortsie by Finesse: Kleur
Ek is heel geredelik ook die koolfamilie. Ek is veral mal oor kool. Ek eet wel blomkool, maar ek raak beslis nie opgewonde oor dit nie. As ‘n mens dit altyd eers moet optert om eetbaar te kry, is dit dan eet werd? 😉
Ek kook nou al jare lank aan dieselfde rys. Dit is seker nou al so 3 jaar nadat dit verval het.
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie dink dat rys iets sal oorkom nie. Het jy ‘n skip vol gekoop?
LikeLike
Lekker man, ek, Olga, eet enige iets wat voor my neergesit word en my nie eerste eet nie.
LikeLike
Ek is LIEF vir eet. Lief lief lief. Dis hoekom ek soms moet sukkel met die gewig. Ai.
LikeLike
KLink of die blomkool kan werk met kaas. Kan mens witsous ook daarby sit? Ek is mal oor witsous, ek hou altyd n bietjie oor in die potjie, gooi “raw”suiker oor en dis my poeding na ete. Die brokolie slaai klink ook lekker. Vandat my Sjineese student by my gebly het roer-braai ek alles en sie daar en twee tellings en dis reg. Ons het hier” bok- choy” wat ook heerlik rou is en opgesny en vinnig gebraai.
LikeLike
Witsous werk heerlik saam met blomkool. Vandat ek egter Banting doen, kan ons nie meer witsous gebruik nie. Ons gooi nou room oor enige kool, enige groente. Net ‘n houertjie room net so. Heerlik!
LikeLike
o ja, dis die mielieblom wat nie gebruik word nie(bietjie vergeet daarvan)
LikeLike
Geen meel
LikeLike
Klink lekker.Het jy al gewig verloor op die dieet?
LikeLike
Ja. 11 kg oor 6 maande
LikeLike
Sjoe,dis fantasties.My man het ook alle stysel uitgesny,volg nie ‘n spesifieke dieet nie en hy het ook omtrent ses kilos verloor in drie maande.Ek begin dink dat stysel die kalant is wat om middelriwwe en sterre saampak.
LikeLike
Dan hoef hy niks meer te doen nie. Dit werk vir hom.
LikeLike
Ek dink ek moet dit ook doen,maar aartappels en brood is tog sooo lekker!
LikeLike
Natuurlik is brood en aartappels baaaaie lekker. 🙂 Mens doen dit slegs as jy dit regtig nodig het. Anders hou jy by jou eetplan wat vir jou werk.
LikeLiked by 1 person
Ek stem nie saam met al die aspekte van die “Banting” teorie nie, maar hou toevallig van blomkoolmash.
Ek maak dit so: Neem twee kleinerige blomkole of een grote (dit word baie min as dit gekook het) en kook dit lekker stadig saam met water en twee blokkies hoender aftrekselblokkies totdat die blomkool baie sag is en sommer maklik breek as jy met jou houtlepel daaraan druk. Gooi die oortollige water af en druk baie mooi fyn. Roer ‘n halwe bakkie roomkaas in. Die tekstuur verander nou heeltemal en dis heerlik. Bedien dit dadelik of bou dadelik jou herderspastei en druk hom in die oond, want as dit lank staan is dit asof die romerigheid bietjie “skei”.
Ek het dit al so gebruik vir herderspastei. Die boonste lagie bak lekker bros en dit was wraggies ‘n uitstekende weergawe van ‘n “getwiekte” pastei.
Probeer dit eers so voordat julle dit afskryf. Voordat ek die roomkaas ingesit het, was ek ook nie mal daaroor nie – dit was “bland” en baie waterig. Nou is dit vir my ‘n baie goeie vervanger vir mash.
LikeLike
Dankie. Ek gaan jou raad gewis volg. Ek dink elke persoon moet maar die riglyne van die dieet aanpas by hul leefstyl.
LikeLike
Maggies Toorts! Hoe kan jy dit aan ons kantoordames doen. Ek meen – dis amper 4uur, op ‘n Vrydag, almal is moeg gewerk en vrekhonger. Ek kwyl eintlik. Lyk heerlik! Dankie.
LikeLike
Maak dit gou vinnig as jy by die huis kom. xx
LikeLiked by 1 person
DIT LYK EN KLINK HEEL LEKKER!
LikeLike
Sug… ek sal nie my voortande gee vir enige kool nie
LikeLike
Ook reg. Moet sê room gee aan enige kool ‘n nuwe lekkerte.
LikeLiked by 1 person