So vang Slim sy baas…

Dis mos nou al ou nuus dat ek nou weer my sokkies ‘n bietjie probeer optrek het met die bloggery, en probeer om in die week elke dag iets te skryf, oftewel, te publiseer.

Iets wat nié verander het nie, is dat my tyd maar baie beperk is. ‘n Manier om die “probleem”, wat nie só ‘n groot probleem is nie, te omseil, is om wanneer ek tyd het, te skryf en dan die bloginskrywing te skeduleer om te verskyn op die regte tyd.

Dit help my baie, want ek het sekere dae meer lus vir skryf. Op een dag gebeur dit dat daar twee of drie goed in my kop opkom om te skryf. Ek skryf dit dadelik, maar skeduleer dit sodat dit nie almal so op ‘n hoop kom nie.

As ek dit op so ‘n manier doen, haal dit baie druk van my af, ek weet mos vir ‘n week of wat hoef ek nie my te bekommer oor ‘n geskrywery nie. Dadelik wil ek bysê: Ek bekommer my nie daaroor nie! As daar nie die dag iets geskryf is nie, is dit ook reg. Ek word mos nie betaal hiervoor nie!

Maar hierdie week het my datums ‘n bietjie deurmekaar gehardloop. Die hele week al is ek in my kop in ‘n verkeerde dag. Op Dinsdag het ek gedink dis Woensdag, ens… en dit het meegebring dat ek sommer twee dae agter mekaar 2 bloginskrywings per dag het! 😉 … Dit was nie hoe ék dit beplan het nie! 😦 Ekskuus, ek het nie bedoel om julle te oorval nie!

Dit voel kompleet of ek Kameel behoorlik toegegooi het, en Kameel, dit was nie my bedoeling nie. Dinsdag was ek heeldag weg, en eers die oggend toe ek besef daar is twee posts geskryf, en ek kyk so af en af op my blog, sien ek hier lê jou inskrywing, weggesteek onder myne. Dis nogals iets wat ek dophou: Wanneer Kameel skryf, maar nou ja, so gebeur die dingetjies maar.

Nou ja, Slimmie, kyk bietjie of jy hierdie een reg geskeduleer kry!

Deurmekaarkoptoorts

Vir dié wie nog nie die “skeduleer”-opsie gebruik het nie, probeer dit! Dit werk maklik!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging and tagged . Bookmark the permalink.

13 Responses to So vang Slim sy baas…

  1. In die tyd en dae wat ek amper obsessief geblog het, het ek dikwels posts geskeduleer. Veral as ek weg sou wees en iemand nie vir my wou instaan nie.

    Like

  2. Kameel sê:

    Ek het gedink jy was deur die weer en het gedink dit is winter; dus my toegooi met twee komberse 😆
    Sal eerder nie die skedule ding doen nie…. wat as ek ook deurmekaar raak en ons plaas ‘n boek i.p.v ‘n blog op een dag?

    Like

  3. scrapydo sê:

    Ha ha, nou glimlag ek lekker vir Kameel se opmerking/aanmerking. Ek kry ook party dae die gevoel van een stuk of foto na die ander en dan die hele week niks. Ek dink ek moet probeer om te skeduleer dan kan ek na hartelus my uitdink doen en outomaties word daar daagliks iets geplaas.(Nie dat ek iets weet van die skeduleerdery nie)

    Like

  4. Deurmekaar of te nie, ek geniet nogsteeds jou skrywes! Jy’s dapper met ‘n blog-‘n-dag – hier in Lagos gebeur daar te min om so baie te skryf……;-)

    Liked by 1 person

  5. Spokie sny spoor sê:

    Snaaks, dit is so. Soms voel mens net lus vir skryf, dan vloei die woorde van self. Ek dink as dit ‘n MOET raak, mag dit my ook afsit. Eks moeg vir dinge wat MOET gedoen word.
    En om dan die stukkies te skeduleer, kan dalk goed werk…

    Liked by 1 person

  6. perdebytjie sê:

    Ek moet werklik begeesterd voel,voordat ek iets skryf.Dis natuurlik ‘n maklike uitweg om dae,selfs weke lank,niks te pos nie.Dis wat hulle noem…met pensioen! 😆

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s