Toorts se Toeka-Tokkel oor Vakansie

Vakansie. Wat kan ek sê? Ek lééf vir vakansie! Ek WERK vir vakansie! Ek DROOM vakansie… Ek is MAL oor vakansie. 🙂

Scrapydo gee die opdrag: Skryf oor vakansie.

In die eerste plek dink ek vakansie, reis, is in my gene, in my bloed. My ouers was albei lief vir toer. My broers is/was lief vir toer. As ons nie iewers in die jaar “weg gaan” nie, raak ons depressief.

Die ding is, my kantoor is by my huis. My werk is by my huis. Ons hoofkantoor is by my huis. My “baas” is by my huis. By die huis skakel ek nie maklik af nie. Ons is 24 uur aan diens, 7 dae ‘n week, 52 weke per jaar. Selfs al het ons af, is ons ALTYD “on standby”, reg vir ENIGE gebeurlikheid.

Vakansie kan vir my baie dinge beteken. Ons kan net vir ‘n naweek iewers ontspan. Dit kan by ‘n luukse plek wees, maar dit kan ook eenvoudig wees. Dit mag vol opwinding wees, of dit kan rustig wees.  Vir my is dit noodsaaklik om dan “nie aan diens te wees nie”. Dit ontwrig my as ek vakansie hou en ‘n betaling moet doen op die internet. Dis WERK.

Ek het al regtig baie gereis, en elkeen was spesiaal. Verlede jaar het dit ‘n bietjie dol gegaan en ek sal mooi dink voor ek dit weer so erg doen, maar as dit oor my pad kom… 😉 … ek is juis weer iewers heen genooi…

Oorsese reise is vir my “uit ‘n ander wêreld”, net omdat ek die Afrika-bodem verlaat. Dis TOTAAL anders. Die mense lyk anders, doen anders, praat anders.

Afrika-toere het sy eie aantrekkingskrag. Ek is LIEF vir die Afrika diere, die Afrika-kultuur is vir my mooi.  Dis deel van ons. Ek wil dit nie ELKE dag

Wat vir my uitstaan, is die paar staptogte wat ek al onderneem het, en as ek daaraan dink, kan ek nie verstaan dat ek dit so min in my lewe gedoen het nie. As jongmens het ek met my rugsak gestap in Die Hel, deesdae doen ek slegs stappe waar my sak gedra word. As jy “my ouderdom” het, mag jy al KIES, dink ek. 🙂

Dis nogals lekker om by boere dwarsoor die wêreld aan te gaan…

Ek verkies dat my man saam met my reis. Hier by die huis is almal so besig met sy eie dinge en kan ‘n mens maklik by mekaar begin verby leef. Ek glo ook aan gedeelde herinneringe. Dis lékker om saam te beplan vir ‘n reis, al doen ek maar meestal die beplanning. Dis lékker om dit saam te beleef, tyd met mekaar te spandeer, saam weer die foto’s te bekyk. Saam herinneringe te bou vir oudag.

Lekker reis.

Toorts

15 thoughts on “Toorts se Toeka-Tokkel oor Vakansie

  1. Dankie vir jou vakansie geselsie.Lekker om so bietjie uit die alledaagse te ontsnap. Dit is belangrik om eenkeer in die jaar net heeltemaal weg te gaan van daaglikse werk. Veral in jou posisie waar alle aandag elke dag, week, maand en jaar honders persent gegee word aan”werk”. As jul dit nie doen nie is daar probleme.

    Liked by 1 person

    1. Jy het REG agtergekom. 🙂
      Jare gelede moes ek vir iemand ‘n kwotasie gee vir vervoerwerk. Ons het pas teruggekom van ‘n reis na Australië. Die man sê iets oor die prys en oor die trip. Ek antwoord hom: “Die trip wat verby is, is reeds betaal. Hierdie kwotasie is om die volgende trip te betaal.” Hy het NOOIT weer so iets gesê nie.

      Liked by 1 person

  2. Jinne – jy maak my sommer weer LUS om te reis. Ja, ek is ook een van daai wat elke naweek sal wegbreek, ongelukkig is my man ‘n rerige ‘huishen.’ So, oor die jare moes ons vir mekaar toegee.

    Gelukkig bou ek en hy nou saam aan ‘n cabin in die berge: Dit werk goed, want vir hom is dit soos ‘n huis en ek kan buite in die klowe myself geniet!

    Oulik geskryf, Toortsie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!