Wat maak jy as jy die dag eterig is?

Ken jy daai gevoel? Die hol kol in die maag bly net hol. Jy kan eet en eet en eet… die kol bly. Ken jy dit?

Ek ken daai gevoel. Ek is mos immers ‘n eter! Díe rede dat my lyf aljimmers van vorm verander!

Maar wát maak jy op so ‘n dag as jy op dieet is? Hoe dan gemaak?

Toe ek nog by Weigh-Less was, het hul my geleer dat daar altyd iets in die yskas moet wees wat jy mag eet… kropslaai… tamatie… uhm…

As jy “Banting” doen, verstaan ek, dat jy, as jy so eterig voel, te min vet inneem. Ja! Kan jy glo!

Vrydag was weer so ‘n dag. Ek was net klaar met middagete, toe is ek honger. Genade! 😦 Gelukkig is dit darem nie elke dag se ding nie. So, wat het ek toe gedoen? Wat ek altyd doen vandat ek Banting doen… eet kaas. 🙂 Ja! Kaas!

Kaas het ‘n hoë vetinhoud. Kaas is smaaklik. Kaas is vullend. Enige kaas. Goudakaas. Cheddarkaas. Kaas met kersies of kaas met vye, ek weet, dis versoet, maar dis mos nie elke dag se ding nie! Volroom kaas, nie laevet kase nie.

Kaas werk soos ‘n bom!

Wat ook werk, is salami, die vet sit mos sommer so met wit kolletjies daarin… mmm

Neute werk ook, maar as die groot eet my tref… is al antwoord… kaas.

Dis dan sommer ook my waarskuwing dat ek moet kyk of my kos voedend genoeg is.

Lekker eet!

Toorts

Het ek jou nou geskok? Askies man!

Onthou ek vertel net my eie ervaringe van Banting. As jy dit wil doen, doen jy dit op eie risiko. Gaan sien eers jou dokter.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF. Bookmark the permalink.

9 Responses to Wat maak jy as jy die dag eterig is?

  1. mtn sê:

    Kaas help ja! En avo. Ek het ook die banting-ding gedoen vir omtrent 1 jaar. Dis net ongelukkig nie vir my volhoubaar gewees nie.

    Liked by 1 person

  2. scrapydo sê:

    Geen wonder dat as ek so hongerig is en stuk kaas eet ipv lekkergoed voel dit sommer gou beter. Mag van die gewoonte speel ook n groot rol.

    Liked by 1 person

  3. Sonlig sê:

    Rou wortels! Ek dink ‘n mens se brein moet net registreer dat jy besig is om te eet, dan los hy jou uit.
    Werk sommer goed vir die spysvertering ook!

    Like

  4. Spokie sny spoor sê:

    Hehehe – ja, ‘n ewige stryd wat ons almal beleef. Die liewe ou vetrolletjies…
    Lekker vet eet (jig)

    Like

  5. Kaas is kaas…dis nie tjoklits nie. 😦

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s