Hoekom ek nie graag oor my gesin skryf nie…

Ek was op universiteit en wou die Saterdag by die huis koekies bak. Soos gewoonlik in ‘n plaashuis gaan, is daar nie noodwendig al die bestanddele beskikbaar wat benodig word vir die resep nie.

My pa moes vinnig na die plaaswinkel, so 6 km verder, gaan om die nodige bestanddele te koop.

My koekiebakkery was altyd ‘n treurmare. Eers is almal se hande in die deeg. 😦  Die volgende, soos die koekies uit die oond begin kom, kyk almal hoe vinnig hulle dit kan opeet. 😯 !!!! Teen daardie tyd is ek ‘n senuwrak, wat raas en blaas tot ek die huis omblaas, en hulle eet en eet en eet…

Op die ou end is daar darem ‘n klompie wat ek kan saamneem…

My ma was ‘n uitstekende skryfster. Sy kon toor met woorde. Sy skryf toe ‘n brief aan Die Huisgenoot, skuilnaam en al, maaaaaarrrrrr die skuilnaam was baie uitkenbaar.

Ek het natuurlik nie van die brief geweet nie, tot ons die Woensdagaand koor oefen saam met Eendrag se manne. Hier kom ‘n jongman van onse dorpie en vra my so saggies: “Was die koekies lekker?”…

Oorlog is nie die woord nie! My ma is summier verbied om ooit weer iets oor enige van ons te skryf of te publiseer…

So jammer dat so ‘n wonderlike talent verlore moes gaan! Ek is REGTIG jammer. …

Nou weet julle… van die koekies… en hoekom ek nie oor my gesin skryf nie. Netnou boikot hulle my!

Toorts

Plaas dat my ma net oor ander dinge geskryf het, sy het so ‘n goeie verbeelding gehad! Daar was nogals van haar kort stories gepubliseer in tydskrifte destyds.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies. Bookmark the permalink.

15 Responses to Hoekom ek nie graag oor my gesin skryf nie…

  1. Toortsie sê:

    Ai tog, dit moes nie vandag al gepubliseer wees nie!

    Like

  2. karen sê:

    Haha, oulike storie. Ten minste was jou koekies lekker, wat ‘n kompliment 🙂

    Like

  3. mtn sê:

    O koek…ouers het die manier om mens te laat skaam kry:)

    Liked by 1 person

  4. scrapydo sê:

    So jammer dat mens nie jou eie ouers so goed ken as wat jy graag sou wou nie. Ek is steeds spyt dat ek nie my ma geleentheid gegee het om te praat oor hoe sy binne gevoel het. Ek weet daar was probleme wat sy diep weggebere het. Dis ook hoekom ek maar my dingetjies op skrif stel. Daar is nie regtig belangstelling of tyd van my kind se kant( hy wil graag maar word nie geleentheid gegun om te “kuier” nie) Ek kla nie maar daar is tog dingetjies, soos jou koekies bakkery, waaroor mens tog graag wil gesels.

    Liked by 1 person

  5. Spokie sny spoor sê:

    Ja – dit was nog die tyd toe kinders nie gesien ook nie gehoor was nie.

    Maar nou verstaan ek hoekom jy van skryf hou, Toortsie. Die appel val nie ver van die boom af nie. Sy moes in elk geval oulik kon geskryf het as Huisgenoot dit sommer geplaas het.

    Liked by 1 person

  6. Kameel sê:

    Nou weet jy hoekom my kinders eers die dag as ek nie meer daar is nie, van hierdie blog moet weet nie 😯 Jou ma het so ‘n skryfplek nodig gehad.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ek het toe ek begin blog het vir haar genooi om weekliks iets te skryf wat ek sou plaas namens haar, maar sy het nooit so ver gekom nie. Dalk moet ek haar weer nooi. Ja sy sou so ‘n skryfplek baie geniet het.

      Like

  7. Wat die skryf aan betref staan jy nie regtig ver agter nie!

    Like

  8. seegogga sê:

    Nou weet ek ook hoekom jy so mooi skryf! Miskien kan jy eendag een van jou ma se stories hier plaas? Al is dit waarskynlik outyds en nie meer soos vandag se standaarde nie, sal di lekker wees om te lees! En miskien kan sy goed neerskryf wat julle later na haar dood mag lees?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s