Hoe gaan dit met die Banting?

Iemand vra my hoe dit met die Banting-dieet gaan. Sy sukkel met die ryk kosse, of dalk voel sy nie konfyt genoeg om die resepte te maak nie.

Ek antwoord toe dat ek mos maar kook soos altyd, of moet ek sê, “amper”. Dit neem die liggaam 3 dae om aan te pas by die nuwe eetplan. Ek is nie seker of dit aanpas deur “in ketose” te gaan, en of jy sleg voel weens onttrekking aan suiker en stysel nie.

Sy vra of ek dit dan nie 100% doen nie. En nee, ek doen dit seker so 99%. ‘n Mens MOET dit 100% doen, anders gaan jy vet word. Die logika daaragter is dat jy nou skielik ryker kosse eet, en as jy dan nog die koolhidrate en suikers ook in oormaat eet, die liggaam gaan dink hy is in Kanáán.

Ek het my kokery effens aangepas. Ek kook amper nog nes altyd. Ons eet mos maar vleis, en sit meer groente by, sonder stysel.  Soms sit ek aartappels by, of kook rys, ter wille van my gesin, en dan is dit vreeslik kophou om dit nie in te skep nie. Herhaaldelik skep ek ‘n GOEIE porsie rys, net om skielik te besef ek eet nie rys nie, en moet dit dan vinnig terugskep. Soggens bak ek vir my eiers. Ek maak nie vreeslike “grand” Banting goed, soos Banting Brood, Banting koekies nie. My gesinslede eet nog gewone beskuit, ens. Hier en daar sal ek lus kry vir iets en maak dit dan, maar dis nie die norm nie.

Wat natuurlik baie belangrik is, is dat jy groente eet by ELKE ete. Dit help jou metabolisme om aan die gang te kom. Ek gooi sommer ‘n sade-mengsel oor die eiers as ek dit soggens bak. Avokado is natuurlik ‘n WENNER! Ek eet sommer ‘n halwe saam met my gebakte eiers in die oggend.  Maar avo is nie ‘n groente nie. ‘n Tamatie of ‘n paar komkommerskyfies werk goed by ontbyt. Tamaties is my redding. Ek is mal daaroor en eet dit amper soos ‘n vrug.

Van vrugte gepraat: Ek eet een per dag.

Ek glo dat mens binne die Banting Reëls moet probeer bly. Ek eet wel soms ‘n verwerkte iets, soos Russians, maar dis een maal in twee of drie weke, ek glo nie dit sal die appelkar omgooi nie. Ek laat soms ‘n “kroek” toe, maar beslis nie meer as een keer per week nie, en eers vandat ek nader aan die doelgewig kom.

Ja, dankie, dit gaan goed met my Banting LEEFSTYL. Ek glo ek sal hiermee kan aanhou, dit pas in in ons leefstyl. En nee, ek probeer jou nie oortuig om dit te doen nie. As jy dit sou wou doen, gaan sien asseblief eers jou dokter. Ek het. Ek is ook nie lus vir ‘n bekgeveg nie.

Groete

Toorts

Lees meer oor Banting:

Op Toorts se blog

Op Pinterest: Banting Resepte, Lae koolhidraatresepte, Vleisresepte

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Hoe gaan dit met die Banting?

  1. scrapydo sê:

    klink tog of die kan werk! Mens het tog maar jou groente nodig en om dit meer te eet is nie so erg nie.

    Liked by 1 person

  2. Ja, ons plaasmense is gewoond aan ons rys, vleis en aartappels. Besef nou eers dis te veel stysel. Werk die dieet goed Toortsie? Verloor jul elke week gewig?

    Like

    • Toortsie sê:

      Dit werk vir my. In die eerste week het ek 4 kg verloor. Daarna het dit stadiger gegaan. So half kilo per week. Op hierdie stadium neem dit 6 weke vir ‘n kilogram. Ek gee nie omdat dit nou so stadig gaan nie, ek is gemaklik met my lyf en as ek nou gaan stilstaan sal ek tevrede wees. Ek moet wel nog ‘n paar kg gaan maar ek is rustig. Dit werk nie vir almal nie, vir my is dit die maklikste van alle eetprogramme wat ek nog gevolg het.

      Liked by 1 person

  3. Son sê:

    As jy dit so beskryf, klink dit eintlik heel maklik. Ek is gelukkig baie lief vir groente, maar ek gaan sukkel met die rys gedeelte. En die soettand neuk ook maar

    Like

    • Toortsie sê:

      Oeeee die soettand neuk erg. Ek het ‘n ERGE soettand. Weet jy, solank ek nie die soetgoed sien nie, kry ek nie lus nie. Mens kry nie cravings nie. Maar as hulle die dag oor die radio van ‘n kaaskoek praat, kan ek later nie meer my lus hou nie. Daar is nogals heelwat resepte vir soettande, maar ek is maar lui, gehoor! 🙂

      Like

    • Toortsie sê:

      Ons het byvoorbeeld vandag bredie geëet – sonder rys – in die begin was dit vreemd, nou pla dit nie meer nie. Die mense maak ‘n “blomkoolrys”, maar ek bly sommer daarsonder.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s