Soetrissies met Aspersievulsel

Ideaal vir Banting-Entoesiaste…

Hierdie resep is genoeg vir 2 mense, maar dit sal aangepas kan word vir die hoeveelheid mense wat jy verkies.

2015-01-14_20.03.12[1]10ml botter

1 pakkie spek, gekap (bacon)

1 ui, gekap

4 aspersies, of enige groente van jou keuse, in stukkies gesny

250 ml gerasperde Cheddarkaas

100 ml mayonnaise

2 groot groen of rooi soetrissies

 

Voorverhit oond tot 180ºC.

Braai spek en ui in botter tot sag. Gooi aspersies, of ander groente by en roerbraai vir ‘n baie kort rukkie, net totdat die aspersies sag, maar steeds ferm is.

Gooi ‘n bietjie van die kaas, die mayonnaise en ‘n bietjie swart peper by.

Halveer die soetrissies en haal die binnekant en pitte uit.

Sit die soetrissies met die hol kant na bo in ‘n bakplaat.

Skep roerbraaimengsel in die soetrissie halwes,

Strooi die orige kaas bo-oor.

Bak vir 15 minute.

…………………………………………………………………………………………………………

Vir nog Banting resepte, loer gerus by my Pinterest blad.

Banting Resepte

Koolhidraatvrye en Lae Koolhidraat resepte

Vleisresepte

Groete,

Toortsie

 

 

 

 

Advertisements

9 thoughts on “Soetrissies met Aspersievulsel

  1. Hi Toortsie!

    Dankie vir die skakels!

    Ek het nou finaal besluit dis wat ek ook gaan doen! Ek is erg opgewonde. Gaan die naweek die boek koop en Maandag begin ons in alle erns. En een van die meisies hier by my werk ook.

    Ek is tans by ‘n FB Banting groep, en hulle is fantasties met hulp en raad en resepte ens ook! en sommer bietjie bemoediging ook.

    Ek sien vreeslik uit daarna. 🙂

    Liked by 1 person

  2. Jinne, dis amper 4 uur hier by die werk en ek is nou vrek honger na jou smul-lekker-prentjie! Gebraaide spek in botter: is dit werklik dieet kos?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s