‘n Kosbaarheid in elke letter

Scrapydo2 daag ons uit om oor vriendskap te skryf. Ek begin, en toe is my woorde al op, en ek trek nog net by A.

B staan vir blogmaats. Sonder julle is blogging waardeloos, leeg, onlekker.

B staan ook vir Boere. Elke een in hierdie wêreld, wat sorg dat daar kos is wat ons kan eet. Boere lê my baie baie na aan die hart.

C is die voorletter van my skoonma, ‘n liewe mens. Skoonmagrappies pas glad nie by haar nie.

C staan ook vir my vriend, daar in Scotburgh. Ons ouers was al maats, my ma het by hulle loseer toe sy op die dorp skool gehou het, en ons het maats gebly oor baie jare.

My buurvrou, C, is ‘n wonderlike mens. ‘n Mense mens. ‘n Christen uit een stuk.

C staan vir my broer se dogter, die een op wie my 2 jarige seuntjie verlief was toe syself net ‘n jaar oud was! Hy het vir ‘n hele naweek gerou toe sy hom vertel het sy gaan nie met hom trou nie! (Hulle was toe maar 2 jaar oud.) 🙂

D. Een van my seuns. So trots op wat hulle altwee verrig.

D is ook een van my vriendinne. My epos vriendin, een met wie ek soveel dinge deel.

E. My liewe tannie E. Elke mens het ‘n mentor nodig, iemand wat ouer as jyself is, met wie jy dinge kan deel. Tannie E is dit vir my.

My skoonsus, E, in Aussieland. My skoonsus, my sus, my vriendin.

E, wie saam met my broer in die klas was, wat op ‘n later stadium in my lewe gekom het. E, wie staande bly te midde van baie moeilike omstandighede, met nooit ‘n klagte oor haar lippe nie.

E, die haarkapster na wie ek gaan as ek die dag oemf nodig het, die een wie soms toegee aan vreemde haar-versoeke… ag, dan lag ons te lekker, tot groot skok van ander!

F… my GROOT neef, die een met die sagte hart, die een met die ongelooflike kennis van diere…

F is ook die voorletter van ‘n baie geliefde onderwyser, een wie veroorsaak het dat daar uit ons skool so ‘n groot persentasie kinders B Comm of B Rek gaan studeer het.

F… is my FACEBOEKVRIENDE! Julle het my gered van die groot swart hond. Julle het my laat besef dat daar sowaar lewe anderkant die wal is waarteen ek vaskyk.

G, my oudste broer wie reeds dood is. Daar is min in die wêreld soos hy.

G staan ook vir ‘n vriend, een van die Struisbaai groep, die groep pelle wat al van universiteitsdae saam kom.

H. Ons het maats geword deur ons dogters, deur musiek. Nou het die kanker sy kloue diep in haar ingeslaan.

I  My neef se vrou. Pragtige mens.

J, my swaerie daar in Aussieland. Iemand vir wie afstand nie ‘n probleem is nie, iemand wie steeds kontak hou met sy mense hier in die tuisland.

J is ook een van die Struisbaai groep. Ons het al oor ver waters saam getoer.

… word vervolg…

Toorts

14 thoughts on “‘n Kosbaarheid in elke letter

Gesels saam, asseblief!