Die geroep van die alarm

Ons was besig om met ‘n steil trap teen ‘n steil berg af te kom, toe my foon se alarm afgaan. 5 voor 12. Iemand vra: “Is dit ‘n alarm om te bid?” “Ja”, antwoord my dogter, “toevallig is dit.” Die persoon wat die vraag gevra het, kry te doen met die daaglikse gebede van die Moslems om 12:00.

Interessant genoeg vertel iemand my dat in Kaapstad, die geroep van die muazzin om 13:00 plaasvind. 12:00 skiet die kanon. 13:00 roep die muazzin. Dis seker om aan te pas by die amptelike etenstye in ons land?

Terug by my alarm wat afgegaan het. Ek het een keer hieroor geskryf, maar ek kan dit ongelukkig nie nou kry nie.

Een of ander kerk in die Wes-Kaap het die gebruik om 5 voor 12 vir ons land te bid. Die gedagte is dat jy jou wekker stel, en waar jy ook al is, 5 voor 12 bid jy, sommer daar waar jy is, stil, vir waarvoor jy ookal die behoefte het. Die regering, Eskom (?), kindermolestering, die oumense, die skole, wat ook al. Net waarvoor jy wil.

Vir almal pas 5 voor 12 nie. Watter tyd pas jou? Dalk as jy vanmiddag in die verkeer huistoe sukkel? Stel dan jou wekker vir daardie tyd. Net ‘n herinnering. Enige tyd. Oor enige onderwerp. Net waarvoor jy wil. Die taxi’s en ander motors wat so rof ry? Die stand van huwelike in ons land? Soveel volwassenes wat kleinserig is as gevolg van seerkry in die verlede?

Of dalk, as jy die geroep van die muazzin hoor, in plaas daarvan om te sug daaroor, laat dit vir jou ‘n herinnering wees om tot ons God te bid, net daar waar jy is, waarvoor jy wil.

Ek dink dit gaan daaroor dat ons ONTHOU om vir ons land te bid. Dalk doen jy dit in elk geval soggens tydens jou stiltetyd. Maar vir my, wie dit nie altyd met stiltetyd doen nie, en selfs nie altyd as my wekker roep nie, is dit ‘n goeie herinnering.

Kom ons bid SA heel, gesond, werkend, eerlik, korrupsievry, misdaadvry. Gebed verander sake.

Groete

Toorts

Indien jy meer oor die Moslemgeloof wil leer, uit betroubare bronne, kan ek die volgende boeke aanbeveel:

1.  Ontmoet jou Moslem bure, te koop by Bybel Media

2. In the land of the blue burqas.

AfrikaansOntmoetJouMoslemBureland_of_blue

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

10 Responses to Die geroep van die alarm

  1. Voor ek getrek het het ek naby ‘n moskee gewoon en die geroep as die son opkom was vir my altyd spesiaal

    Like

  2. Kameel sê:

    Die geroep om te bid laat my nou sommer aan kerkklokke dink. Lui kerkklokke nog? Dink nie ek het hier in stad nog ooit ‘n kerkklok gehoor nie.
    Gebed die belangrikste deel van die dag. Ek gesels so deur die dag met die Here….. soos ek myself ken glo ek nie ‘n alarm gaan vir my werk nie.

    Like

    • Toortsie sê:

      Jaaaa! In Bredasdorp lui die klok nog elke kwartier. Is dit die Westminster klok se deuntjie? Deur na die klokkespel te luister, weet jy hoe laat dit is, kwart oor, half, kwart voor of op die uur. Op die uur slaan die slae vir die aantal ure. Wat ‘n goeie herinnering om te bid!Mens kan mos besluit dat jy op die uur ‘n sinnetjie bid…

      Like

  3. scrapydo sê:

    Kerkklok wat lui Sondae bly nog steeds spesiaal. Hier is n kerk wat Sondae 9 uur sy klok lui! In Potgietersrus het ek ook daagliks die Moslem sonsopkoms roep gehoor.

    Like

  4. Werner Olivier sê:

    Toe ek hierdie lees,toe dink ek dadelik aan die ikoniese liedjie van Kris Kristofferson in Sunday
    ”Mornin Comin” Down,waar ‘n Kerkklok in die verte lui en iets wakker maak in my.Kristofferson sing van wat hy op ‘n Sondag oggend doen en die video van die liedjie is ook baie goed.Dit behoort op you tube te wees.

    Groetnis.

    Like

  5. Olga sê:

    Ek het nooit die alarm op my nuwe foon weer gestel vir 11.55 nie. Maar het daagliks onthou om te bid tot.

    Like

  6. Olga sê:

    Tot my skaamte nie meer nie.

    Like

  7. Spokie sny spoor sê:

    Ek dink so alarm is ‘n goeie idee. Soms is die lewe so gejaag, en as jy weer sien is die dag verby. Die boeke lyk baie oulik. Glo dis kennis wat voordelig aangewend kan word. Kameel se idee van gedurig in gebed te wees is ‘n dissipline wat werk. Soms kom dit outomaties. Maar in besige tye, kan die alarm help.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s