Pas klaar studeer of Matriek geskryf?

Ek het nie die term, “shadow” geken tot iemand my een keer daarvan vertel het nie. Nou is ek nie eers seker of ek die regte term gebruik nie!
Maar laat ek verduidelik waarvan ek praat.
Onbewus van wat ‘n mens dit noem, is dit nogals iets wat ekself ook gedoen het. Dit is om jou dienste gratis aan te bied in ruil vir kennis of ondervinding.
Die nuwe werksoekers wat nou pas matriek geskryf het, of gegradueer het, sal hul baie keer vasloop met: “Ondervinding ‘n vereiste.” Maar WAAR moet jy die ondervinding kry as jy nog geen ondervinding het nie en ALMAL vereis dat jy ondervinding moet hê?
In die eerste plek wil ek vir die jongmense sê: “Wees versigtig. Moenie té kieskeurig wees nie.” Wees bereid om in die begin vir min geld te werk. Wees bereid om minder lekker werk te doen, selfs iets wat heeltemal anders is as waarvoor jy geleer het.
Wees bereid om te ‘shadow’. Ja, ek weet jy het die geld nodig en kan nie verniet werk nie, maar as jy in elk geval nie ‘n werk het nie en by die huis sit en wag vir werk, hoekom nie die tyd benut en jou naam  en ondervinding bou daardeur nie?
Hoekom sê ek bou naam? Ons is altyd besig om onsself te verkoop, of ons niks doen, en of ons iets doen. So bou vir jouself ‘n naam van iemand wat WIL werk. Iemand wat bereid is om sy hande UIT DIE MOUE TE STEEK. Iemand wat sy bes doen, ongeag die betaling. ‘n Mens se naam loop jou vooruit, so jy kan netsowel sorg dat dit ‘n goeie naam is, iets soos dat jy hardwerkend is. Op die ou end soek jy nie die werk nie, die werk soek JOU.
Ekself het jare gelede ge’shadow’. Toe ek my rekenaar gekry het en nog nie boeke kon doen op hom nie, het ek die ouditeur gevra of ek nie 3 kliënte se ponswerk kon kom doen by hom, sonder betaling nie. Die dame wie verantwoordelik is vir die ponswerk, sou my help. Ek het my rekeningkundige dienste só aangebied: “Enige firma het by tye te veel werk vir sy personeel. In plaas daarvan dat hulle heel jaar ‘n ekstra persoon moet aanhou ter wille van piektye, stel ek myself beskikbaar om sulke tye te kom help.” Dit het vir my gewerk.
Deur te shadow, deur bereid te wees om vir ‘n kort tydjie sonder betaling te werk, kry jy ondervinding, iets wat jy op jou CV kan skryf, maar saam met dit sien ‘n werkgewer jou potensiaal en stel jou dalk sommer aan. Hy weet dalk van iemand wat ‘n werknemer met jou talente soek en beveel jou dalk aan.
Indien jy dalk regtig met jou hande in die hare sit, angstig begin raak omdat jy nie werk het nie, oorweeg shadow. Of oorweeg dit om jou eie ding te doen, selfs al bring dit in die begin min geld in. Kyk op hierdie blog die inskrywing, “Watter werk kan ‘n mens van die huis af doen” vir idees. Onthou, dis NIE ‘n werksoekblad nie.
Ons land het kreatiewe mense nodig, mense wat buite die boks dink, mense wat bereid is om te woeker met hul talente. Wees JY so ‘n iemand.
Sterkte, ek wens jou geluk en voorspoed toe.
“If you want to play where others don’t, you have to do what others don’t. ” (Nie my eie aanhaling nie.)
Ek het.
Toorts

19 thoughts on “Pas klaar studeer of Matriek geskryf?

  1. Ek het onder andere vakansietye by die plaaslike hospitaaltjie gewerk. Geleer hoe om bedwasse te doen, bedpanne aan te dra, kinders te voer, wondsorg te doen en algemene gesondheidsorg.

    Dit was jare gelede. Al het ek gedink ek het die meeste daarvan vergeet, het my brein nie. Toe my ma (wat aan suikersiekte ly) ‘n geweldige blaas (vermoedelik spinnekopbyt)onder haar voet opgedoen het, het ek instiktief geweet wat om te doen. Teen die tyd wat ons by die dokter kon uitkom, was die wond byna gesond.

    Wat ek eintlik deur die storie probeer sê, is dat ondervinding nooit verkwiste tyd is nie. Dit verryk jou lewe dikwels meer as jou sak. Soms kan dit selfs jou lewe red. Werk was nog nooit sleg nie. Moenie jou neus daarvoor optrek nie.

    Sterkte aan almal wat graag wil werk, maar sukkel om werk te kry.

    Liked by 2 people

  2. Dis beslis iets wat n mens moet oorweeg (nadat jy jou trots in jou sak gesteek het.) Vakansie werk kan net so goed wees. My kerel het vakansiewerk gedoen vir n rukkie, en toe n ander firma vir hom n permanente aanbod maak, het die vakansiewerk firma n teenaanbod gemaak. Hy moes net sy trots sluk en die vakansiewerk doen terwyl hy werk soek.

    Liked by 1 person

  3. Nadat my seun sy basiese vlieglisensie gedoen het en dit baie duur was om die ure te kry, wat nodig was, voordat iemand belanggestel het, het ek aanbeveel dat hy by die lughawe maar net brandstof ingooi. Hy was daar, wanneer iemand ´n vliegtuig wou skuif. Dít het gemaak dat hy broodnodige ure kon opsit en vandag pluk hy die vrugte daarvan. Ongelukkig is baie jongmense vandag bederf, as hulle nie werk kry teen wat hulle beskou, as die salaris wat hulle verdien nie. sit hulle eerder tuis en teer op die ouers.

    Liked by 1 person

  4. Hier kan mens “volenteer” werk doen. Ek hetr bv begin om vir babietjies gesonde kossies te koop vir n versorgplek vir jong skoolgaande moeders. Later het hul darem geld gegee om die bestanddele te koop. Ek het bv in ons “community garden” gehelp en gratis die produkte gebruik vir die babas. a g v hierdie werk het ek die dame wat dit organiseer leer ken. Nou pas ek vir 3 weke haar huis en honde op teen betaling. Waar daar n wil is is daar n weg. Jeugdiges is regtig te kieskeurig. Doen wat jou hand vind om te doen(ek is nie baie lief vir kook en tuinmaak- tog gee dit ondervinding)

    Like

    1. Een onbetaalde, onlekker iets lei dalk na ‘n volgende wat jou op die ou end by die regte, lekker, betalende werk uitbting. Dis soos trapklippe op ‘n rivier. Om oor die rivier te kom by die veilige ander kant, moet jy hier op ‘n wankelrige klip tra, op nog een, nog een… in die proses word jy dalk nat, maar uiteindelik is jy daar waar jy wil wees.

      Like

      1. Presies! Ek het ook al agter gekom om oe en ore oop te hou. Het self elke jaar n ekstra inkomste gekry deur stukwerk. Wys steeds waar daar n wil is is daar n weg. Hierdie 3 weke is net reg om my erfbelasting mee te betaal!

        Like

  5. Sulke waar woorde. Ek was destyds een van die raar siele wat elke vakansie vakansiewerk gedoen het. Dikwels vir min geld en nie iets waarin ek werklik belanggestel het of ooit vir ‘n lewe sou doen nie. Ek het ontvangsdame werk Saterdae oggende gedoen, sekuriteitskameras beman (ek gaap nou nog as ek aan daardie vakansie dink), liasseer werk, tik werk, en en en. Ek was gelukkig dat dit ‘n geldjie in gebring het, maar meeste van my vriende sou nie vir daai bedrag gewerk het nie. Tog, toe ek die dag begin werk soek het dit baie punte getel.

    Like

    1. Ek het ook! Ek hetvir myself die kleinste AMC stel potte kon koop van ‘n hele Desember se till slaan. Later jare het ek stranddienste gehou waarvoor jy nie betaling kry nie, maar onskatbare lewenservaring opgedoen het.

      Liked by 1 person

  6. Ek dink dis ‘n baie oulike idee om so ‘n ‘shadow-ondervinding’ op te doen. Ons kinders van vandag is baie bederf en soek sommer altyd die eerste die beste. Ek stem. Begin onder en klim so die leer. By my eerste werk het ek voor in die portaal Kersseëls moes verkoop. Ek het baie skaam gekry, maar het dit my verkoopstegnieke geleer onder druk.

    Like

Gesels saam, asseblief!