‘n Vuil koevert en die boodskap

Ons moet ons verbeelding gebruik en kort en kragtig oor ‘n boodskap skryf wat ons gekry het…. so sê Toortsie.

canstock12810337Vuil, met klere wat in toiings om hom hang staan hy daar in die deuropening.  Hy wikkel sy skurwe tone heen en weer, en die bruin oë wat na my kyk lyk te groot vir sy gesig.  “Straatind,” dink ek, en wonder hoe hy verby almal geglip het om hier in my kantoor te land.  “Jy is Kameel.”  Ek knik my kop verbaas, “Ja, hoe weet jy ……” maar voordat ek my sin kan klaarmaak stap hy – vroetelend met sy hand in die sak van sy verflenterde oorgroot baadjie – vorentoe.  Hy kom voor my lessenaar tot stilstand en hou ‘n verkreukelde vuilgevatte koevert na my toe uit.  “Vir my?” vra ek verbaas, en vat dit vieserig uit die kind se hand.

Daar is nie ‘n naam of adres op die koevert nie.  Fronsend skeur ek die koevert oop, en haal ‘n vel wit papier daaruit.  ‘n Yskoue rilling trek teen my rugraat af toe ek die woorde wat in dik swart letters regoor die papier geskrywe staan, lees; “Vanaand is die aand van afrekening.”  “Wie het vir jou hierdie koevert gegee?” vra ek hardop, maar kry geen antwoord nie; my kantoor is leeg.  Ek spring van die stoel af op, en stamp in die proses my koppie tee oor die lessenaar uit.  ‘Waar is die straatkind?” skreeu ek al hardlopende vir my medewerkers.  Almal kyk verbaas op en skud hulle koppe.  “Die straatkind,” sê ek, “die straatkind,” wat by my in die kantoor was.”

Uitasem kom ek by die hysbakke aan, maar alles is verlate.  Die kind het spoorloos verdwyn.  Niemand het hom sien kom of gaan nie.  “Miskien het ek my dit alles verbeel,” dink ek hoopvol.  “Ek is juis die afgelope paar maande so oorspanne.”  Maar die vel papier in my hand vertel ‘n ander storie.

Terug in die kantoor sak ek op die stoel agter my lessenaar neer, en lees weer die woorde.  “Iemand is besig om my ‘n poets bak,” besluit ek maar ek weet ek is besig om tyd te koop.  Elke woord op daardie vel papier spel wraak, dit kan ek aanvoel, maar wie haat my so dat hulle my kwaad wil aandoen?  Afgemete tik die horlosie teen die muur die sekondes een vir een af.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

17 Responses to ‘n Vuil koevert en die boodskap

  1. Ineke sê:

    Is dit n vervolgverhaal? Heel spannend jong maar ek hou hiervan! (Ek wil sommer ook hier se ek het nie toegang tot my blog so my Toeka-Tokkel sal eers weer die laaste week van Januarie voortgaan!)

    Like

    • Kameel sê:

      Hello scrapydo 🙂 Nee, dit vervolg nie….. vertel net van ‘n nota wat jy gekry het.
      Dis reg, wil nog my blog oor vriendinne skryf…… gedink ek gaan agterraak.

      Like

  2. Toortsie sê:

    Dit kan ONMOONTLIK nie klaar wees nie… word vervolg…

    Like

  3. Nee jong … vertel die storie verder! Ek sit op die punt van my stoel, die popcorn en tab reg … Love dit! Spanning ‘from the word go!’

    Like

  4. Toortsie sê:

    Waarvan ek hou, is dat ek net gereageer het op ‘n “opdrag”. My reaksie was ook nie eintlik watwonders nie… en jy neem dit verder… en nog verder… 🙂
    That’s the spirit!

    Like

  5. Hierts, ek wil ook verder lees, en die straatkind ook weer raaklees…

    Like

  6. Nee aardetjie tog, ons soek ‘n einde vir die storie!

    Like

    • Kameel sê:

      My liewe Loslip ek sit in ‘n groot verknorsing….. het net nodig gehad om te dink tot by die tyd wat aanstap. Nou waar kry ek nou ‘n moordenaar?

      Like

  7. Hehehe. Oulik! Spannend. Kort en kragtig. Hou so voorts.

    Like

  8. Nee jy kan ons nie so laat nie

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s