2014 blogresultate

Ietwat laat, maar ek wil tóg hieroor skryf.

Dankie, dankie, dankie vir ELKEEN wat hier kom lees. Dit is en bly vir my ‘n voorreg dat iemand die moeite doen om hier te kom lees. Party mense beland seker maar per ongeluk hier en kom nie weer nie, maar so baie dankie vir soveel mense wie wel keer op keer kom lees, aanhou lees, en die bladsy LIKE. ‘n Like is TOG TE LEKKER. Dit toppunt van lekkerte is natuurlik as jy kommentaar lewer. Asseblief, moenie dink jou kommentaar is nie iets werd nie. Skryf ietsie, ons hou daarvan! Dankie aan Scrapydo wat verreweg die meeste kommentaar lewer. Ons hou baie daarvan. 🙂 Seegogga, wie danksy blogland, ‘n dierbare vriendin geword het, het die tweede meeste kommentaar gelewer. Ook Rondomtaliedraai, in die derde plek.

Wat vir my verblydend is, is dat die lesersgetalle steeds groei. Vanjaar het die blog 55 000 klieke gekry, teenoor 44 000 verlede jaar, 22 000 in 2011 en 6700 in 2010. (Ek het verlede jaar ook hieroor geskryf.) Ek dink regtig “google” speel ‘n groot rol. Omdat ons al so lank skryf, is hier baie woorde wat google optel en verkeer hiernatoe stuur. Ek wil dit ook as aanmoediging gebruik vir nuwe bloggers. Hou net aan. Skryf net gereeld. Met tyd sál jou blog groei. Saam met gereelde skryf, leer by ander blogs, kyk wat die ander doen, is kommentaar lewer op ander blogs van kardinale belang, sodat ander van jou kennis neem. Kyk veral by What’s Hot in jou instrumentepaneel en lewer kommentaar by die top blogs en top posts.

Die pos, “Watter werk kan mens van die huis af doen“, geskryf in Februarie 2011, word steeds die meeste gelees. Ek besef net hoeveel mense werk soek, en ongelukkig is hierdie bloginskrywing nie ‘n werksoekblad nie, so ek dink die mense word dalk teleurgestel. Vir kreatiewe mense kan die bloginskrywing dalk iets beteken, dalk hulle wel ‘n idee van iets om te doen.

Interessant genoeg is “Verklaring oor my taal” die derde mees gelese bloginskrywing. Nadat ‘n trol, wie nie te goed gevoel het ná sy oujaarspartytjie nie, my lelik aangeval het oor ek “baas” wil wees op die blogs, almal wil “voorskryf”, en in die swakste Afrikaans my beledig het oor ek opgewonde is oor Afrikaanse blogs, het ek hierdie “verklaring” geskryf. Dís hoe ek oor Afrikaans voel, en as die trol anders voel, is dit heeltemal reg met my. 😉

Die heel meeste lesers word deur Faceboek na my blog gestuur. Dit het aanleiding gegee tot ons Faceboekblad, waar ons bloginskrywings geplak word, maar waar ons ook ander oulike bloginskrywings of ander items plak en saamgesels.

Dankie Kameel! Ons maak ‘n wonderlike span.

Mag ons nog baie jare blog!

Groete

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging. Bookmark the permalink.

26 Responses to 2014 blogresultate

  1. BAIE geluk met die puik resultate! En ek is eerlik as ek sê dat ek ongelooflik baie by die blog al geleer het! Doen so voort!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Geluk Toorts!!!

    Like

  3. coetzee2014 sê:

    Dankie vir hierdie blog van julle. Jammer ek het daardie aanval op die taal gemis, Bly vir my nog baie belangrik dat ons moet poog om die taal so korrek moontlik te besig, Sterkte,

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel sê:

    Ek spring elke keer van blydskap as ek op ‘n lekker Afrikaanse blog afkom. Ek het na soveel jare in die korporatiewe wêreld, waar Engels hoogty voer, weer LUS vir my eie taal. Dankie dat julle nuwe outjies soos ek ook verwelkom en ek gaan kuier sommer by julle vriende ook (tot hulle my uitgooi!) 😀

    Liked by 1 person

  5. Hallo daar van die nuutste een op die blok. Dankie vir jul liggie. PS ek gaan kyk toe na die blogroll regs en kliek op die top 10 Afrikaanse blogs – en kom op ‘n lys van net Engelse blogs. Nou’s ek effe verward. Waar is die sg top 10 of top 20 dan? O – ek het nog baie om te leer. Like this, rate this, share this … *vee sweetdruppel af*

    Like

    • Toortsie sê:

      Oooooeee san sal ek weer moet kyk. Het jy op my blogroll op top afrikaanse bligs gekliek?

      Like

    • Toortsie sê:

      Kyk aan die regterkant van ons blog. Scroll so af tot jy by Blogroll kom.
      Een van die items is Afrikaanse blogs volgens laaste publikasie. Dis die nuutste skrywes.
      Laer af is Top Afrikaanse Blogs (WordPress) en Top Afrikaanse Posts (WordPress)
      Jy kan op hulle kliek.
      Anders kyk jy in jou eie Beheerpaneel, by What’s Hot. Die eerste kolommetjie is die top 10 blogs wêreldwyd, wat Engels is. Daar kan jy ook die Top Posts sien, wat Afrikaans is, en die Top Blogs, ook Afrikaans. Dis te sê as jy jou blog as Afrikaans gemerk het.

      Like

    • Toortsie sê:

      Dankie, ek sien jy het ons faceboekblad gelike. Ek sal nog by jou ook kom inloer.

      Like

  6. Spokie sny spoor sê:

    Ek stem – ons moet Afrikaans so hoog as moontlik probeer hou. En trots bly op ons taal. Lekker skryf in Afrikaans almal!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s