Jan, my tuinman

(Naam fiktief)

Ek het vir lank ‘n tuindame gehad. Sy was FANTASTIES! Ek weet nie veel van tuinmaak af nie, maar SY het geweet. Wat meer wil jy vra? Ongelukkig het hulle weggetrek en ek was my tuindame kwyt.

So het ‘n hele tyd verloop wat ons van die een na die ander tuinpersoon geval het. Dit wil net nie werk nie, want die Vrou van die Huis weet nie van tuinmaak nie en die een in die tuin weet nie van self aangaan nie.

Verloor-verloor situasie!

Toe ontdek my man ‘n oulike jongman. Kom ons noem hom Jan.

Die indruk wat ek nog altyd op plase kry, is dat die persoon in die tuin die een is wie nie eintlik meer op die plaas kan werk nie. Dit tuin is “sagte” werk. So die jonges wil nie eintlik in die tuin werk nie.

Ek het ‘n groot tuin ge-erf toe ek hierheen getrek het, en saam met dit ‘n groot werf wat ons stadig maar seker besig is om toe te plant met vygies en aalwyne.

Jan is jonk, seker so 20. Entoesiasties. Hy ruk die tuin byna in ‘n week se tyd reg, soveel so dat ek begin wonder het hoe ek hom gaan besig hou. Hy geniét die werk.  Als gaan net te goed…

Tot die Mevrou in 2014 net te veel begin rondloop. Sy toer die hele wêreld vol. Jan begin verslap. Verder, as die Meneer van die Plaas elders is, of die plaasbestuurder het ook elders ‘n verantwoordelikheid, raak Baas Baaa, die skaapman, “bestuurder” en nooi dan vir Jan om te kom skape werk…

Dit het bietjie probleme veroorsaak, en ons moes toe vir Jan, maar ook vir die res van die werkers verduidelik dat die Tuinwerker niks minder werd is as die gewone plaaswerkers nie, dat sy werk Uiters Belangrik is. Die werf en tuin is immers die eerste indruk wat iemand kry wat na ons plaas kom. Onthou, ons plaashuis is nie net huis nie, dis kantoor ook, die plek waar al die besigheidsvennote ontvang word. Wanneer Jan op die plaas help, beteken dit dat sy eie werk nie gedoen word nie…

Jan verstaan. Mevrou wil hom net help. Hy raak weer Jan, soos hy in die begin was. Mevrou glimlag. Jan glimlag.

Hy het so ‘n mooi geaardheid. Waaroor mevrou die heel blyste is, dat hy ook vir die Here leef. In die jaar kom vra hy my ‘n Bybel asseblief. Hy bid die mooiste, opregste gebede en “staan graag in” vir iemand anders wat die dag moes bid, maar nie daar is nie. Mevrou gee hom toe sommer ‘n Woordlose Boekie ook…

Sterkte Jan, mag jou pad met rose besaai wees.

Toorts

Writing 101, day 6. A Character Building experience. Watter interessante persoon het jy die afgelope jaar ontmoet? Vertel ons ‘n bietjie van hom/haar. Onthou om hierdie post van my te tag, of gaan plak dit gerus op ons faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

12 Responses to Jan, my tuinman

  1. katrina sê:

    Hier by ons is dit meestal ook vrouens wat in die tuin werk en die eerste dekade of wat het hulle gekom en gegaan, tot ons iemand gekry het wat gekom het om te bly. Letterlik en figuurlik. Toe verloor sy haar blyplek en tussen die klompie van ons wat haar vir ‘n halwe dag of volle dag per week in diens het, was dit net ek wat moontlik kon uithelp. Daar gaan my ‘stoorkamer’ toe en moes ek alles wat opgehoop het uitsorteer ensovoorts. Ek dog ek was die ‘engel’ , maar vind toe uit sy is op die ou einde my engel en helper en ons het so ‘n mede-afhanklike verhouding waarby albei van ons baat.

    Like

  2. Spokie sny spoor sê:

    Hier by ons kantoor kan die kantoordame ook lostrek met die lekkerste ou koortjies wat sy sing. Dan voel ek sommer lus om saam met haar te sing. Nou begin die skakelbord dame ook saam sing, dan sing hulle in stemme. Te mooi.

    Ekself het nog nooit ‘n tuindame gehad, maar glo hul kan net so hard werk.

    Like

  3. Sjoe, dis nou ‘n skrywe wat my hart sommer baie warm laat klop!

    Like

  4. Ineke sê:

    Goeie beskrywing van n persoon. Jan is beslis goud werd. Ek het self ook n jonge mannetjie wat in graad 9 was een Saterdag gekry om uit te help. Hy het nhele tuinman op einde uitgewerk. Naweke as hy af was het hy steeds Saterdae my tuin kom byhou. Stoepe ook gevee en gewas. Sy ma het hom geleer mens doen dit saam met tuinwerk. Baie lief vir die ou geword. Hy was soos n seun. Het my gehelp inpak en trek ook.

    Liked by 1 person

  5. perdebytjie sê:

    Ons tuinman is al 15 jaar by ons.Hy is piepklein,is so pligsgetrou en betroubaar.Manlief het hom op ‘n straathoek opgelaai en ons was nog nooit spyt nie.

    Liked by 1 person

  6. Kameel sê:

    Ag ek huil sommer want my “Jan” het nou vaste werk gekry en kannie meer in my tuin werk nie. Kry verlede week een van hier oorkant die pad, en nee hy kannie so hoog klim om my struike rond te sny nie…. nou staan hulle met sulke uitsteektakke bo op hulle koppe. Die tuin lyk asof ‘n rot hom beetgekry het. Hier gehap en daar gelos.

    Like

  7. Sulke mense is goud werd.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s