Wié is dit?

Wié kan dit wees?
Wat bedoel die persoon?
“Kom speel saam”, lui die briefie.
Onbekende handskrif, op ‘n afgeskeurde stukkie papier geskryf.
Wat bedoel die persoon?
Speel saam. Wat?
Speel saam kitaar? Brug? Kaart? … Dis te sê as die briefie vir my bedoel was. Rolbal of gholf sal dit nie wees nie, nie as dit vir my bedoel was nie.
Het die persoon homself misgis, die papiertjie onder verkeerde voertuig se ruitveër gesit?
Waar moet ons speel? Wanneer?
Nee. Dis nie vir my bedoel nie. Iemand speel die gek met my, of dalk met iemand anders…
______________________________________________
Hierdie is ‘n opdragstuk, ‘n verbeeldingsvlug van die Toorts. So tussendeur voer ek die opdragte uit van Writing 101. Jammer, ek kan dit nie nou tag nie, ek skryf steeds op my tablet. Die opdrag gaan daaroor dat jy een of ander vreemde briefie in die hand het. Dit moet ook kort en kragtig, met min woorde, geskryf wees.
Wat van jou? Het jy dalk ‘n misterieuse biefie op ‘n net so misterieuse manier in die hande gekry? Skryf daaroor. Gee jou verbeelding vrye teuels.
Onthou om jou verbeelding vrye teuels te gee, en om hierdie bloginskrywing te tag. Anders kan jy dit ook gaan plak by Toortse, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad.
Komaan, speel saam!
Hou dit kort en kragtig!

9 thoughts on “Wié is dit?

      1. Ja wat, hou ons uit die kwaad. Ek gaan nou vir 3 weke uithuisig wees. Sal maar sien hoe die skrywery ens gaan wees. Nie my eie “broadband”/WiFi nie gaan mense waar ek bly se rekenaar moet gebruik so my fotos sal nie daar wees nie

        Like

  1. Hiehiehie. Oulik geskryf. In my eerste skooljaar, onthou ek nou nog, het ek ‘n naamlose briefie gekry waarop staan; “Sal jy my kys?” Toe lag almal vir my, want almal wat die briefe aangegee het, het dit natuurlik eers gelees …

    Like

      1. O ja – natuurlik was dit die stoutste outjjie, wat heel agter in die klas gesit het. Juffrou het hom natuurlik gou-gou voor laat sit. Vandag glimlag ek daaroor. Want hy het die hele jaar probeer, en was dit nie die laaste briefie ontvang nie. Die briefies was so geskryf dat almal dit WEL moes lees. Maw – ek glo nie dit het oor my ‘looks’ gegaan niel

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!