Wié is dit?

Wié kan dit wees?
Wat bedoel die persoon?
“Kom speel saam”, lui die briefie.
Onbekende handskrif, op ‘n afgeskeurde stukkie papier geskryf.
Wat bedoel die persoon?
Speel saam. Wat?
Speel saam kitaar? Brug? Kaart? … Dis te sê as die briefie vir my bedoel was. Rolbal of gholf sal dit nie wees nie, nie as dit vir my bedoel was nie.
Het die persoon homself misgis, die papiertjie onder verkeerde voertuig se ruitveër gesit?
Waar moet ons speel? Wanneer?
Nee. Dis nie vir my bedoel nie. Iemand speel die gek met my, of dalk met iemand anders…
______________________________________________
Hierdie is ‘n opdragstuk, ‘n verbeeldingsvlug van die Toorts. So tussendeur voer ek die opdragte uit van Writing 101. Jammer, ek kan dit nie nou tag nie, ek skryf steeds op my tablet. Die opdrag gaan daaroor dat jy een of ander vreemde briefie in die hand het. Dit moet ook kort en kragtig, met min woorde, geskryf wees.
Wat van jou? Het jy dalk ‘n misterieuse biefie op ‘n net so misterieuse manier in die hande gekry? Skryf daaroor. Gee jou verbeelding vrye teuels.
Onthou om jou verbeelding vrye teuels te gee, en om hierdie bloginskrywing te tag. Anders kan jy dit ook gaan plak by Toortse, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad.
Komaan, speel saam!
Hou dit kort en kragtig!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toorts se verbeeldingsvlugte. Bookmark the permalink.

9 Responses to Wié is dit?

  1. scrapydo sê:

    Dis nou weer n opdrag wat mens se fantasie vermoe toets!

    Like

  2. Spokie sny spoor sê:

    Hiehiehie. Oulik geskryf. In my eerste skooljaar, onthou ek nou nog, het ek ‘n naamlose briefie gekry waarop staan; “Sal jy my kys?” Toe lag almal vir my, want almal wat die briefe aangegee het, het dit natuurlik eers gelees …

    Like

  3. Terug pieng: ‘n Vuil koevert en die boodskap | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s