Laat hulle vlieg

109393788Toortsie het ‘n mooi stuk geskryf oor hoe om jou kinders los te maak.  Sou dit nie wonderlik wees om wanneer die tyd ryp is die hokkie oop te maak, en te sê “sprei jou vlerke, en vlieg my kind,” nie?  Maar uit eie ondervinding weet ek dit is net nie so maklik nie, dit was vir my as ouer die seerste seer.

Ek het myself vroeg vroeg voorgeneem dat elke kind van my sal weet hoe om vir haar, of homself te sorg die dag as hy die huis verlaat.  Hulle kon kook, en stryk, bak en brou, knope aanwerk, en some insit, maar niks het my daarop voorberei hoe dit gaan voel as hulle my nie meer “nodig” het nie.

So bel ‘n invloedryke vrou daar tussen die mielielande, my op ‘n dag.  Sy vind my in trane.  Tot haar verbasing moet sy aanhoor ek huil omdat Marlè so goed sonder my klaarkom daar in die stad.  “My liewe mens,” sê sy “Jy het jou kinders selfstandig grootgemaak, juis sodat hulle die wêreld in die oë kan kyk, en nie van ander afhanklik hoef te wees nie.  Nou huil jy omdat dit so goed werk.  Besef jy nie hoe gelukkig jy is.”  Sy vertel verder van haar eie, en ander vriendinne se kinders wat vir elke nietige dingetjie van die universiteit af bel, en dit hulle kos om partykeer in die kar te spring en al die pad universiteit toe te ry om die kind uit die verknorsing te gaan help.  “Wees jy net dankbaar dat jou kind so goed regkom,” eindig sy.

Ek probeer toe in diepe dankbaarheid lewe.  So verlaat een na die ander voëltjie die nes.  Om vir jouself te kan sorg, en jou maag vol te hou blyk toe nie die slotsom van alles te wees nie.  Ek vind dat my ma reg was toe sy gesê het dat dit makliker is terwyl jy hulle almal onder een kombers kan toegooi. En dat my pa in groot wysheid gepraat het die dag toe ons Chantè aangeneem het.  Hy het baie bekommerd na my gekyk en gesê of ek besef watse groot taak ek op my neem om myself vir die res van my lewe verantwoordelik te hou vir ‘n ander mens se lewe.

Die lewe het ‘n manier om seerkrydraaie te loop, en ek vind dat alhoewel my rol as fisiese versorger verby is, my rol as vertrooster, bemoediger, en raadgewer in erns toeneem. Dit is nie meer nerfaf knieë, en eerste liefde trane wat ek afvee nie.  Ek hou die rukkende lyf van my grootmenskind vas, terwyl haar warm trane oor my skouer loop.  Ek luister na diep vrae rondom die lewe, en wys die rigting na Bo aan.  Ek hoor stories wat my hart aan flarde ruk, en wens dat ek die reg het om party mense se nekke om te draai.

Hoe verklaar jy die band tussen ‘n ma en haar kind wat maak dat jou hart en arms wawyd oop bly om hulle terug te verwelkom, maak nie saak hoe diep hulle jou teleurgestel het, of waar hulle ookal gaan draai het nie.  Erens op hierdie pad van lief en leed saam met jou grootmenskinders besef jy dat jou taak lank nie verby was toe hulle jou huis verlaat het nie.  Die dag wanneer jy jou oë toemaak sal jou hart tot rus kom oor die kinders wie God aan jou sorg toevertrou het.  Tot dan bly jy met oop oë, en ore indien hulle jou sou nodig kry, wakend in gebed.

Advertisements
This entry was posted in Om ma te wees, ouers van volwasse kinders -ouerleiding. Bookmark the permalink.

20 Responses to Laat hulle vlieg

  1. Ek het so moeilik losgemaak van my oudste seun, gehuil asof iemand gesterf het toe hy die huis verlaat het om te gaan studeer.Dit het gevoel of ek hom vir die wolwe gooi, maar hy het sowaar oorleef en op sy eie kon aangaan, Jongste het gekies om uit die huis te studeer en bly nog steeds by ons. Ek wil hulle nog steeds in watte toedraai en met alles in my beskerm teen die seer, Dis die swaar van ma- wees!

    Like

  2. Toortsie sê:

    Dankie Kameel. Ja, dit is maar baie baie moeilik.

    Like

  3. Dit is baie spesiaal

    Hoop jy het ‘n baie mooi jaar.

    Like

  4. Ineke sê:

    Dit is presies hoe ek ook voel. Na matriek was dit tyd om verder te studeer . Ek in Potties Boeta in Pretoria by Tegnikon. Al die gemengde gevoelens van student wat jol en opstaan teen owerheid het my baie bekommerd gehad. Die eerste jaar was nogal erg Boeta huil eintlik dat hy nie daar wil wees nie, ek spring in moter en reel vir ander koshuis. Beste was hy het nie eers een nag in die ander koshuis oorleef nie toe was hy weer terug in eie ou kamer. My sielkundige het daardie tyd gese: los hom hy moet nou self oorleef en vertrou jou opvoeding! Ware woorde Laat los en hul kom altyd weer terug nes toe uit waardering en liefde

    Like

    • Kameel sê:

      Dit is ‘n spanningsvolle tyd wanneer hulle nes verlaat en hulle rigting moet vind. Vir jou wat nog alleen deur die dinge moes gaan moes dit baie moeilik gewees het. Staan jy ook verbaas wanneer jy terugkyk oor jou lewe en sien waardeur jy al alles gegaan het, en besef dat dit alles net genade was wat jou deurgedra het?

      Like

  5. seegogga sê:

    Dis alles waar wat jy se, Kameel! Goed beskryf! ‘n Mens kan staan ek kyk hoe hulle foute maak, versigtig iets noem, maar eintlik is hulle groot en vlieg hulle eie vlieg. Gelukkig is daar kleinkinders !

    Like

  6. Spokie sny spoor sê:

    Oulik geskryf. Ja, ons harte behoort maar aan ons kinders. Ons het so pas gehoor dat ons ouma en oupa gaan word, (die eerste een), en is dit ‘n interessante nuwe uidagting nou vir ons.

    Like

  7. Hoe praat jy nou so in my Ma-hart in. Bly ek het jou ontdek – ek loer weer in. Is splinternuut op hierdie woorddrukwêreld – wees maar geduldig met my. Jou blog is so mooi ge-polish – ek het nog baie om te leer.

    Like

    • Kameel sê:

      Maar baie welkom op blogland 🙂 Hoop ons leer mekaar goed ken. Hierdie gepolishde blog is te danke aan Toortsie wie die fundi op die gebied is. Ek was so geseënd dat sy my genooi het om op haar blog te kom saamskryf. So wanneer jy lees is dit of Toortsie of Kameel wat skryf.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s