Toorts se Toeka Tokkel oor vroegoggend

Hierdie is ‘n opdragstuk deur Scrapydotwo. My blogmaat, Kameel, het ook hieroor geskryf.
Dit lyk my ek en Kameel het interessante ooreenkomste. Ek is ook nie ‘n oggendmens nie en het baie slaap nodig. Ek is getroud met iemand met té veel energie, iemand wat min slaap nodig het. Hy kan maklik saans laat wakker bly en dan nog vroeg weer op wees ook.
Toeka se tye toe ek nog moes skoolkar ry, het ek die kinders betyds wakker gemaak, kos gegee, die kinders betyds by die skool gekry, iewers onder ‘n boom gaan stiltetyd hou, en 8 vm as ek by die kantoor instap, wakker geword vir die eerste keer. My oë was dalk oop, maar my siel het nog geslaap.
Deesdae staan ek 20 voor 7 op om 7 vm vir die werkers te gaan Bybel lees. Ek sien soms pragtige sonsopkomste, maar dink ek waardeer ‘n mooi sonsondergang meer.
As ek nie genoeg slaap kry nie, raak ek knorrig en word dan baie kwalik geneem as ek so ‘beheer verloor’. Al wat ek vra, is: Gun my my slaap, en ek gee jou meer as ‘n dag se werk. Voluit.
Ja, die môrestond het dalk goud in die mond, en as die son sak, is luiaard seker op sy beste… beide spreekwoorde seker deur oggendmense geskryf…
Dan is ek seker maar ‘n luiaard…
?..kry nogals baie uitgerig vir ‘n luiaard, moet ek sê…
😉 Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Toorts se Toeka Tokkel oor vroegoggend

  1. Kameel sê:

    Dit is so lekker as iemand verstaan dat jou oë oop kan wees maar soos jy dit stel… jou siel nog slaap.
    Ons dogter Jay is soos ek, het haar slaap broodnodig. As sy te lank van ordentlike nagruste ontneem word voel sy siek. So bars sy nou eendag in trane by die werk uit. Die baas wil bekommerd weet of sy siek is. Snikkend sê sy ja sy is siek, maar nie sodat sy dokter toe moet gaan nie, maar dat sy moet gaan slaap. Alhoewel hy seker niks daarvan verstaan het nie gee hy haar toe die dag af sodat sy kan gaan slaap.

    Like

  2. In die kwartaal staan ek half vyf op. In die winter is dit ‘n moeilike opstaan. As ek net eers op is, gaan dit aan, maar ek is ook eerder ‘n aandmens

    Like

  3. scrapydo sê:

    So het vroeg en laat sy voor en nadele! Elkeen het meriete. Ek is weer BAIE knorrig as ek laat opgestaan het. Ek dink die eerste wakker word stuur seine uit en dan die tweede wakker word ooraktifeer die opstaan inligting. Nou is ek sommer my eie sielkundige ha ha. Baie dankie vir die deelneem. So rol ons die bal stadig maar seker.

    Like

  4. dolosgooi sê:

    *genotvolle glimlag*

    Like

  5. perdebytjie sê:

    Dis ‘n sonde om te moet opstaan as jy nog wil slaap! 😆

    Like

  6. seegogga sê:

    Ai waar sou mens sonder elektrisiteit gewees het! Ek dink niks daarvan om tot 3am voor die rekenaar te sit ek tokkel nie.! Maar soggens moet ‘n wekker tot asseblief nie lui nie. Die son sal my wel wakkermaak.. Soos Toorts kry ek nogal baie uitgerig in die nagtelike ure! ( bv 5 bondels wasgoed, ens)

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s