Die verhouding tussen ‘n pa en sy dogter (Verlies 2)

Hierdie skrywe is deel van ‘n opdrag om 3 opeenvolgende stukke te skryf oor ‘n verlies wat ek gely het.

In die vorige inskrywing het ek geskryf oor my pa en die goeie verhouding wat ons gehad het. Soveel so dat van my vriendinne my dit beny het.

Ek kan nie die rol van die pa in sy kinders se lewens oorbeklemtoon nie. Seuns het vaders as rolmodelle nodig, iemand wat vir hul wys wat dit is om man te wees, iemand om na te streef. Seuns het hul pa se ondersteuning en veral sy goedkeuring nodig, sodat hul sekerheid van hulself sal hê.

Die rol van ‘n pa en sy dogter is iets heel anders. Die pa moet sy dogter beskerm. Hy moet ook vir haar wys hoe ‘n man optree, hoe hy ‘n vrou en ook sy dogter met respek behandel. Sy moet hom ten volle kan vertrou en weet dat, sou sy hom enige tyd, dag of nag, nodig het, hy daar is vir haar. Natuurlik het seuns ook daardie vertroue in hul pa nodig.

Dogters wat goeie verhoudings met hul pa’s het, het ‘n net soveel beter kans om ‘n goeie verhouding met hul mans te hê. Natuurlik is daar ook uitsonderings op hierdie reël, maar dis ‘n erkende feit dat ‘n dogter wat haar pa se leiding aanvaar het, ook tevrede sal wees dat haar man haar lei. Ter wille van jou eie verhouding met jou dogter en die wonderlike bevrediging wat jy daaruit kry, maar ook ter wille van haar toekomstige verhouding met haar man, troetel daardie verhouding.

Wanneer ‘n dogter haar pa en sy vaderskap geniet, is dit net soveel makliker om God se vaderskap te aanvaar. My liefdevolle, sorgsame, bedagsame pa het dit vir my moontlik gemaak om God se liefdevolheid, Sy sorgsaamgeid, Sy bedagsaamheid, Sy trou te aanvaar, myne te maak, ‘n verhouding met Hom te hê. Daarvoor sal ek my pa altyd dankbaar bly. My pa het nie met sy geloof op sy mou geloop nie, maar ek het presies geweet waar hy met God staan, ook deur die respek wat hy vir God gehad het.

Manne, dis nooit te laat nie, troetel daai verhouding met jou kinders, maar veral met jou dogters. Hanteer hul met die nodige respek en liefde, en ek belowe jou, jy gaan baie meer terugkry as wat jy sou dink of droom.

Groete
Toortsie

Toortsie se Faceboekbladsy

 

Advertisements

9 thoughts on “Die verhouding tussen ‘n pa en sy dogter (Verlies 2)

  1. Dis pragtig! Daardie besonderse verhouding van pa en dogter is volgens my mening die belangrikste in n vrou se lewe. Ek kan self getuig dat ek nie so n vader gehad het nie. Tog kon ek op hom staatmaak om te help deur dik en dun al het dit meer oor hom gegaan as oor my as sy dogter. As onderwyser leer mens ontsettend baie deur met ouers te gesels en ook met die kinders. Daar is regtig meer wonderlike pas as die wat nie so goed is nie.

    Like

    1. Liewe CRL Redelinghuys. Ek was daar by jou blog. Ongelukkig is ons internet hier by die see net te stadig en kon die kommentare nie oopmaak nie. Op die post oor die strooi van die as, sê ek sterkte. Op die vraag oor die prinses sou ek sê: “Vra die perd.” 🙂

      Liked by 1 person

  2. My pa was ‘n wonderlike sagte mens…gladnie die patriarg-tipe nie.Hy het nooit aan ons geslaan nie en ons geleer dat vrouens nie mans se onderdane is nie. In sy houding en optrede teenoor my ma,het ons geleer wat liefde en wedersydse respek is.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s