Die tale wat ons praat

My ma het BA studeer met Afrikaans en nog iets as hoofvak. Ons het reg gepraat in die huis. Afrikaans. Maar die belangrikste van als, ons het ons woorde reg uitgespreek. Duidelik gepraat. Ons het nie durf waag om binnesmonds te praat nie. Sinne klaargemaak.

Nou ja, ekself het ook seker maar ‘n spraakgebrek. Ek praat Kaaps, heeltemal te vinnig, te plat, en verder bgy ek erg. Gelukkig het die dosent wat na ons uitspraak moes kyk in ons HOD jaar gehou van bgy, so ek is nie vir spraakterapie gestuur nie. Die mense kan my darem gewoonlik verstaan, en ook hoor wat ek sê.

Maar nou wonder ek soms: Leer ouers nie meer hulle kinders praat nie? Ek het nou maar meestal met die plaaswerkers te doen, en ek het nog altyd gedink dat dit dalk skaamheid is, of ‘n teken van respek dalk, of bang, dat maak dat as hulle met my praat, hulle verskriklik sag praat. En ek is mos nog doof ook! So, eerste wat ek altyd sê, is , “nee, praat harder, ek kan nie hoor nie…” Dan probeer hulle ‘n bietjie harder praat.

Die uitspraak van die woorde tref my altyd (parra in plaas van padda, ens). Of eerder, die manier wat hulle ‘n woord vorm. Duidelik was daar geen leiding nie en word woorde suiwer op gehoor gevorm.

K, byvoorbeeld, maak sy mond heeltemal toe, en dan is dit letterlik net die lippe wat effens beweeg. Probeer gou. Hou jou mond toe, lippe opmekaar, en beweeg dan die lippe effens. Net effens. Ek wonder regtig of hy bang is vir my? Dit lyk of sy kake op mekaar geklem is. Hoe op dees aarde kan die klank dan uitkom?

W het weer ‘n heel ander vreemde manier van praat… Dit lyk tog of sy tande nie opmekaar geknyp is nie, daar is ‘n opening, maar hy beweeg ook net sy lippe as hy praat, en dit ook net effentjies.

Ek kan verstaan as mense wie se ouers, en ook hulleself, wie nie goeie skolastiese agtergrond het nie, dalk swak praat, maar ek ken hoogs opgeleide mense, mense wie baie betrokke is by hulle kinders, wie se kinders ook totaal onduidelik praat. Dan is dit ouers met praat-“jobs”. En die kinders self ook hoogs opgelei. Ekskuus vir die Engels tussenin. Hoe gebeur dit?

Hoe gebeur dit dat iemand wat ‘n onderwyser is, nie sy mond oopmaak nie? Hierdie onderwyser, weet ek, is nie onderwys opgelei nie, so dalk het hy op so ‘n manier deurgeglip?

Ek ek maar net dom? Doof? Fanaties oor duidelik praat?

Ek weet nie. Hoe ervaar julle dit?

Toortsie

Kom praat saam op ons faceboekblad. Dit sal baie lekker wees.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Verskeidenheid Onderwerpe. Bookmark the permalink.

16 Responses to Die tale wat ons praat

  1. Kameel sê:

    Jy sal nou maak dat ek elke liewe mens se mond dophou as hulle praat. 🙂
    My man sê ek praat myle te vinnig…. klink of al die woorde inmekaar vloei. Dit is vir my baie eienaardig wanneer mense elke woord so uitdruklik vorm… e-l-o-k-u-s-i-e. My ma se suster, ‘n lektrise het so gepraat, asook Rika se man. Gevoel ek wou hulle aanstoot om klaar te praat.

    Like

  2. Werner Olivier sê:

    Daar is vir my niks meer frustrerend as ‘n spreker onduidelik praat en klink of hy nie sy mond kan oopmaak en ek hom nie kan hoor nie.Ek kry dieselfde effek as ek bv kan hoor en nie die spreker kan sien nie,en verloor dan so belangstelling in wat verder aangaan.Ek glo as jy ‘n goeie spreker of onderwyser wil wees moet ‘n mens duidelik en hoorbaar praat.Ek het al lekker gelag vir ons bruinmense se manier van uitspraak en wat hulle kwyt raak.

    Like

  3. Manewales sê:

    Ek vermoed dat die praat probleem dieselfde oorsprong het as die spel probleem. Kyk ek verstaan dat mens soms tikfoute maak, maar dit grief my tot in my diepste wese dat die oorgrote meerderheid mense nie meer kan spel nie. En dis nie net ‘n Afrikaanse kwessie nie. Ek dink mense lees bloot nie meer genoeg om die geskrewe woorde te kan sien en besef dit wat hulle hoor is nie noodwendig reg nie. Ek praat onlangs met ‘n Amerikaner wat probeer Afrikaans leer en sy vertel hoe baie dit haar help om die woorde te sien. Dat sy dikwels klanke mis hoor, maar die uitspraak beter regkry as sy dit kan lees ook.

    Liked by 1 person

  4. Die mense kan nogal binnensmond praat en kan woorde verskriklik verkeerd spel / uitspreek. Deesdae vind ek dat mense bv die verkeerde lettergreep beklemtoon… dan is dit nogal dikwels ‘n nuuslewer.

    Like

  5. scrapydo sê:

    Oh no! Nou raak jy n teer puntjie aan! Ek het laaste 4 jaar in SA skoolgehou vir jaar 1,2,3 in selfde klas en ook meestal 1 of 2 voorskoolse kinders. Dit nog in Engels ook. Sommige van die arme kinders moes van begin af Eng leer praat ook! Dis n hengse ding om taal aan te leer as dit nie moedertong is nie. Dan het ek skool Afrikaans geleer omdat ons eintlik Hollands was. My taalgebruik was nogal baie “suiwer” omdat ek n goeie basis gekry het in skool. Die liewe Engels was of is nog steeds n nagmerrie! Skool engels sukkel maar omdat mens nooit genoeg oefening gekry het nie.

    Liked by 1 person

  6. perdebytjie sê:

    Ek het drie famililede wat so binnensmonds praat.Ek het al skoon ‘n kompleks,want ek hoor reeds nie goed nie,dan moet ek nog heeltyd vra dat hulle herhaal wat hulle gesê het.

    Like

  7. Rerig? Bgy jy ook? My pa kon dit doen en dit was vir my baie spesiaal. Lekker brei … ag, ek bedoel … bgy.

    Like

  8. Woef-Woef sê:

    Vir my bly een van die irriterendste maniere van praat hierdie “celebs” wat al die selfvertroue in die wêreld het, maklik praat, maar alles “awesome” vind en hulle tale so “mix” dat ek en my man later die opmerking maak dat hulle darem goed tweetalig is… Dit glip ook al hie meer in ons Afrikaanse radio by omroepers en versalggewers in.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s