Wat maak jy met jou ou goed?

‘n Vriendin sê een dag vir my dat sy soveel weggooi goed het en sy weet glad nie wat om daarmee te maak nie. En dit in SA waar daar so baie nood is! Sy woon in ‘n baie groot dorp, en ek weet daar is baie mense met nood.

My voorstel aan haar was: “Gee dit vir jou huishulp.” Sy antwoord toe dat haar huishulp kry reeds so baie goed by haar. My volgende gedagte: Sit dit in ‘n swart sak by jou vullishoop. Die antwoord? Mense maak mekaar dood oor weggooigoed.

Hier by my op die plaas is dit nie ‘n probleem nie. Ek gee my weggooigoed vir die huishulp met die opdrag: “Gee dit vir die persoon wat dit kan gebruik.”

Ek weet dat die NG Kerk op Riviersonderend ‘n tweedehandse winkel het, waarheen mense hulle klere kan bring. Die winkeltjie verkoop dit en die persoon kry ‘n gedeelte van die geld, die ander hou die winkeltjie.

In Perth se buitewyke het ek hoeveel sitkamerstelle, ens op die sypaadjie sien staan. Ek vermoed dis uitgesit, en die munisipaliteit verwyder dit. Of, as jy dit nodig het, kan jy dit verwyder. Dalk verstaan ek dit heeltemal verkeerd! Dalk is dit waar die mense in die middae hulle tyd verwyl! Wie weet?  As iemand in SA so iets sal doen, kan ek nie dink dat dit te lank daar sal staan voor iemand dit nie nodig gekry het nie.

Aan die ander kant het ek al gehoor dat daar “voorlopers” is die dae wat vullis verwyder word in ons groot stede. Dis mense wat gou die vullissakke nagaan voor die vullisverwyderaars daar verby kom. Dit bring ekstra probleme, omdat dit meer “voete”, ook “ongewenste voete” na jou woonbuurt lok, wat inbrake verhoog. Is dit so?

In hierdie land van ons waar die nood so hoog is, wat maak julle met julle ou goed wat julle nie meer wil hê nie? Watter raad kan julle vir ons gee?

Kom ons maak van SA ‘n beter plek. Elke bietjie help.

Groete

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Verskeidenheid Onderwerpe. Bookmark the permalink.

24 Responses to Wat maak jy met jou ou goed?

  1. seegogga sê:

    Ek sien op facebook dat hulle in sekere stede oorsee en ek dink nou in Kaapstad ook, ‘n sypaafjie winkel het waarheen almal hulle ou klere neem. Dit word mooi uitgestal en dan kan wieookal daar gaan “koop”, maar dit is eintlik gratis. Dis n liefdadigheidprojek en die armstes vd armstes kan daar gaan aanpas en kies net soos in n regte winkel. In Holland in sekere woonbuurte sit d mense meubeks ens op sypaadjie. Ek neem aan dis net eenkeer n week of maand en wieookal eerste dit wil he, neem dit. Hulle het ook eenkeer per jaar konininne dag. O dis so lekker! Dan het elkeen wat wil kans om sy goed op straat te verkoop sonder om stalletjiefooie of enigiets te betaal. Sekere strate word dan toegemaak vir die doel. Die goed is spotgoedkoop omdat dit alles goed is waarvan jy onslae wil raak. Boeke vir R1 -2. Veral baie kinderspeelgoed en kleertjies vir next to nothing. Eintlik kos die meeste gied net so R 1 – R20. Ou juweliersware vir byna niks. Kindertjies staan daar en speel hulle viool, blokfluit ens met d hoop op klein geldjie, maar eintlik sommer vir die lekker. Dis waar klein Alvira begin sing het!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Klere vat ek vir ons haarkapster, wat dit op haar beurt weer na ‘n liefdadigheidsorganisasie toe neem. As die klere in my oë nie in ‘n goeie kondisie is nie, gee ek dit vir my bediende om onder die armes uit te deel. Meubelstukke sit ons op ‘n Dinsdag op die sypaadjie. Die trok wat kom om die grasdromme leeg te maak, laai met graagte ‘n meubelstuk of twee ook op. Ek het nog nie hiervan gebruik gemaak nie maar Hospice vat enige bruikbare artikel – van meubels tot bekers – om in hulle winkel te verkoop. Blykbaar kry ‘n mens spotgoedkoop goed, in goeie kondisie daar.

    Like

  3. Werner Olivier sê:

    As jy enige iets hier op ‘n sypaadjie plaas in die groot stad kry dit baie vining voete.Wat ons gewoonlik doen is om iets uit te sit vir die munisipale werkers wat die vullishouers leegmaak,mits die ouens met die kartonne hulle nie voorgespring het nie,maar is vir enige van hulle bedoel.As ons ou meubels of ou matrasse het neem die besigheid wat die nuwes bring weer die ou items en skenk dit aan liefdadigheidsorganisasies,en kom so dan by die regte mense uit.Die ouens wat deur die blikke gaan tydens vullis verwydering is vining en veroorsaak nie probleme waarvan ek bewus is nie.

    Groetnis.

    Liked by 1 person

  4. scrapydo sê:

    Hier is dit ook so dat jy “goed” op sypaadjie sit dan kan enige een dit vat. Ons het ook oral op Saterdag motorhuisverkope. Party mense ry al die strate deur en besoek en soek plekke en goed uit. Kerke hou ook plante oggend waar eie gekweekte plante verkoop word ook ander verkope .. Hier is groot klere”bins” waar ou klere ingegooi word. Dit word gesorteer en dan verkoop teen minimum prys- opbrengs gaan vir kankervereniging. Dan het ons ook n Salvation Army wat goed kom oplaai en dan in hul winkel verkoop. Ek kyk bv gereeld daar vir klere wat spot goedkoop is. Sommige is nie meer te goed nie maar dan is dit so goedkoop dat iemand dit wel kan gebruik.Hul gee ook aan haweloses en armer huisgesinne. Ek kry nog n 10% afslag omdat ek oor 65 is.

    Liked by 1 person

  5. scrapydo sê:

    Hoofstuk 2! Terwyl ek in SA was het ek my oorskot vir my huishulp gegee wat dt verkoop het of uitgedeel het. Sy het ook klere vir kerk gegee. My tuinhulp wat nog n kind was(16 jaar) het my seun se klere en manlike items gekry. Hy was te bly om ekstra werkies te doen vir klere en skoene. Hy het later 3 kindertjies gehad wat hy versorg het. Meeste van my huisware het na hom toe gegaan voor ek weg is. Hy het n HOP huisie gehad wat hy pragtig versorg het, selfs die tuintjie was ook mooi. Dit maak dat mens maklik vir hom kon gee. My seun se fiets was vir jare sy vervoer

    Liked by 1 person

  6. Sungardens Hospice in Lynnwood Pretoria was my redding nog elke keer as ek moes afskaal.

    Like

  7. Ons het hier kampe waar mense in tente of Wendy huisies woon … hulle kom alles haal en deel dan uit

    Like

  8. perdebytjie sê:

    Ek gee alles vir my huishulp en tuinier.Wat hulle daarmee maak is hul eie saak.

    Liked by 1 person

  9. Manewales sê:

    Ons dorp herwin. Op vullis dae is hier verseker heelwat meer ongewenste voete en misdaad het saam met dit geklim. Natuurlik is die munisipaliteit omgekrap, want hulle het gedink die herwinningprojek gaan vir homself betaal, maar nou is daar bittermin waarde oor in die sakke teen die tyd dat hulle dit kom verwyder.

    Ek is half verstom dat iemand nie weet waar om met ou goedjies te gaan nie. Kerke het altyd een of ander projek aan. Hier by ons is daar ook die ACVV winkel wat al te gretig is vir enige skenkings. En as jy werklik nie weet wat om daarmee te maak, plaas ‘n advertensie op Gumtree ens. Daar word heelwat gratis goed aan gebied.

    Liked by 1 person

  10. Recién sê:

    By ons sekuriteits kompleks is ‘n vuilgoed-hok-effek. Die goed wat ek vir ons tuinman in die kompleks wil gee sit ek alles voor sy ‘plekkie’ se deur, dan weet hy dit is nie vuilgoed nie. Vullisdag self sit ek bakke oorskiet ‘weggooi’ kos buite langs die hek met ‘n lepel. Wie eerste dit kry, vier allegaartjie fees. So ook met sakke vol ou klere en goedere wat oorbodig is. Anders gee ek dit vir ons kantoordame en sy moet weer gee vir wie sy weet dit nodig het.

    Liked by 1 person

  11. Korrelkop Kahuna sê:

    Hier by ons gaan alles sypaadjie toe. Een van die mees behoeftige woonbuurte is net ‘n paar blokke van hier en die oortollige goed word vinnig opgeraap. Ons huis se sypaadjie het al so ‘n reputasie ontwikkel dat familielede hulle ou goed ook al hierheen bring. Ek dink ek het al selfs ‘n storietjie daaroor geskryf iewers.

    Liked by 1 person

  12. Woef-Woef sê:

    Manlief sit die vullis uit en ek gee maar opdrag dat hy dit “vir die bergies” moet uitsit, wat ook beteken dat dit nie binne-in die sak moet wees nie, maar bo-op neergesit word sodat dit maklik gevat kan word. Ons het ook die vooraf sak-jagters hier en ek het ‘n probleem daarmee dat hulle die sakke oopmaak en dan nie weer behoorlik toeknoop nie. Op hulle hakke volg dan die honde, wat die inhoud kom verstrooi en die sakligters het nie ‘n saak met die los gemors nadat hulle die sak gelaai het nie dié bly dan op straat agter…

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s