Roomkaas Pizza

Vir jare al is ons lief om op ‘n Saterdagmiddag ‘n pizza te maak. Maar pizzabasis het meel in, en ek doen mos Banting… hoe nou gemaak?

My aangepaste resep van ‘n roomkaaspizza lyk só:

Kors:

250 g roomkaas

2 eiers

swart peper

knoffelpoeier

½ koppie gerasperde kaas. (Ek het sommer Gouda gebruik, maar Mozarella is seker die regte een)

Maak eers die roomkaas sag in jou menger en klits dan die eiers by. Geur met peper en knoffelpoeier.

Gooi die gerasperde kaas by en roer tot gemeng.

Oond 180ºC. Smeer oondvaste bak of spuit met Spray & Cook.

Gooi die mengsel in die bak en bak vir 17 minute.

Haal uit die oond en laat afkoel vir minstens 10 minute.

Smeer tamatiesous oor die kors.

Dan enige vulsel van jou keuse. Ek het ham, ‘n gurkin en ‘n piesang oorgegooi. (‘n Mens mag 1 piesang per dag eet, dis dan jou VOLLE koolhidraattoelating vir die dag. Ons was 2 wat geëet het, so dis maar ‘n halwe piesang op die ou end.)

Rasper kaas bo-oor. Gooi gemengde kruie oor.

Sit in oond tot die kaas gesmelt is.

Roomkaas is ‘n duur bestanddeel, ek dink ek gaan nou bietjie soek vir ‘n ander vulsel wat dalk met amandelmeel, wat ook maar duur is, gemaak word.

Al wat ek weet, dis regtig lekker. Dis ‘n sagte kors, nie soos dié wat jy in die winkel kry nie, maar dis ‘n heerlike gereg. As dit nie vir jou pizza is nie, moenie dit pizza noem nie. 😉 Noem dit roomkaas gereg.

DSC08099Dit was net genoeg vir 2 mense.

Groetnis

Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad.

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Roomkaas Pizza

  1. scrapydo sê:

    Dit lyk en klink lekker. Omdat ek alleen bly doen ek nie so baie moeite nie maar hierdie klink regtig die moeite werd

    Liked by 1 person

  2. Manewales sê:

    Njamm, dit klink heerlik. En vir ons wat koring-vry moet eet ook soos ‘n maklike pizza basis. Ek sal dit die vakansie bietjie moet uit toets 🙂

    Like

  3. Werner Olivier sê:

    Lyk baie lekker Toortsie,maar ongelukkig vir my, lyk dit soos ‘n kandidaat vir ‘n hartaanval met al die kaas op.Ek hou van kaas ,maar kaas hou nie van my nie.

    Groetnis.

    Like

  4. Kameel sê:

    Dit klink vir my manlief is dan ook op ‘n banting “dieet.” Vra hy nie waar is sy rys en aartappels nie?

    Like

  5. Toortsie sê:

    Dankie vir 11 mense wat dit op faceboek gepost het. Ek wens ek weet wie julle is!

    Like

  6. Terug pieng: Ons eet steeds lekker | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s