In die “Hulle wat agterbly” reeks, het die twee getuies in Openbaring 11 ‘n baie prominente rol. Hulle het ‘n groot indruk op my gemaak. Eli en Moshes. In rouklere het hulle daar getuig vir presies 3.5 jaar lank, toe hulle vermoor is. Drie en ‘n half dae later het hulle egter weer opgestaan en na die hemel opgevaar.
Riekert Botha verwys ook na Elia en Moses en gee die redes daarvoor.
Die twee getuies staan in Jerusalem en getuig, die mense haat dit, soveel so dat hulle vermoor word.
Dit laat my dink aan wat ek al soveel keer gelees het oor vervorging. Ja, ons weet van vervolging wat baie erg is in sekere lande, en ag, dink ons, dit sal ons tog nooit oorkom nie…
Nooit? Ons moet oppas!
Dit begin iewers, subtiel, waar niemand dit verwag nie. Paul Estabrooks waarsku in “Standing Strong through the storm” dat dit subtiel begin. Subtiel. Sonder dat ‘n mens dit eens agterkom. Die doel daarvan is om gelowiges verdag te maak, sodat, wanneer daar begin “opgetree” word teen hulle, hulle dit eintlik “verdien”.
Ons land, SA, is mos eintlik ‘n Christenland. Of so was dit altyd. So, in ons land kan ons mos “vry” ons geloof uitleef. Waar ek hierdie subtiliteit begin raaksien, is op plekke waar ons as Christene dit aanhelp!
Byvoorbeeld Kersliedjies. Ja, ek weet hoekom baie mense teen kersliedjies is wat in die winkel speel. Kersfees word gekommersialiseer, dit gaan oor verkeerde redes. Maar besef julle dat dit nog ‘n plek was waar iemand dalk vir die eerste keer in sy lewe van Kersfees hoor? Van die Baba in die krip? Nouja, ek gaan dalk ook nie mal wees as sekere “ander” musiek in die winkels gespeel word nie. Terwyl ons die Christenstem smoor in die winkel, is daar ‘n Halaal teken op elke hoender, iets waarvoor ons as Christene duur betaal…
Iets wat my regtig opval, is inbelprogramme op die radio. Veral Loslip. Om “almal” te akkomodeer, hou ons dit “ongelowig”. Daar word alewig neerhalend na mense met Bybelversies verwys. Ja, mense druk partykeer Bybelversies in mense se kele af, maar spesifiek gister se onderwerp was vir my ‘n geloofsaak. Dit het gegaan daaroor of ‘n mens “vergoed” word as jy gee.
Ek het regtig ‘n getuienis hieroor, oor hoe my lewe verander het toe ek begin het om my tiende te gee, en dit in ‘n tyd toe ek dit glad nie kon bekostig nie. Maar hóé vertel jy so iets sonder om aan God die eer te gee?
Ons moet net baie versigtig wees dat ons nie, in ons poging om “almal” te akkomodeer, dit aanhelp dat die Geloof, en Christene, daaronder skade ly nie, dat ons nie onbewustelik vervolging aanhelp deur ons onskuldige optrede nie.
Groete
Toorts
Stem saam. Hier is baie nie-christene wat neerhalend praat van Christen wees. Maak my soms so hartseer tog ook bly omdat daardie mense soekende is en nog nie werklik besef dat hl eintlik soek na geloof.
LikeLike
Dit maak my ongelooflik hartseer wanneer mense so neerhalend praat oor God, Jesus, die bybel en God se kinders. Ek het al gewens ek het nie omgegee nie, maar dan besef ek weer dat hierdie mense verore is en dat ek nie koud kan staan teenoor hulle “siele” nie.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek dink jy sal verbaas wees oor die aanvalle teen christenskap. Ek het opdrag ontvang om vir ‘n jaar op LitNet rond te geskryf het, let wel, daar gaan die geveg net oor politiek, godsdiens en afrikaans. Vir ‘n jaar het ek harde bene gekou, (tussen die geleerde manne, agnostikuste, wetenskaplikes, ateiste en ander gelowe) want die christene hardloop weg vir konfrontasie. Maar my kennis (doel van opdrag) oor ander sieninge het in ‘n jaar se tyd nominaal verbreed. Vandag voel ek nederig toegerus en weet hoe die ongelowiges redeneer en hoe om konfrontasie te hanteer.
Wat die ‘bybelversies’ betref wat ander afkraak: Weet jy hoe verlig voel mens as stukkende mense, wat plat op die grond jou kantoor inkom en met moedeloosheid, depressie en selfmoord sukkel? Dis dan dat die skriffies hul ‘werk’ doen, die regte een op die regte tyd, dis asof dit deur God geinspireer word om vryheid en genesing te bewerkstellig. Sonder die skrifte is daar geen dienswerk. Voorwaar deur God ingeblaas.
Ek loof die Here vir elke skriffie in die bybel. Dis ons wapens. En buite loop baie mense rond wat bloei, byt dus vas Kameel, ons kannie ingee vir konfrontasie vanuit die duisternis … eie emosies moet opsy geskuif word, ons moet sorg dat ons passie aangevuur bly vir die wat om hulp roep.
LikeLiked by 1 person
Ek stem 100% met jou saam. Ons moet ook besluit: Gaan ons aan God, of aan mense gehoorsaam wees.
LikeLiked by 1 person