Vrae oor kragbesparing en ander goeters

Wat ek geleer het in blogland, is dat as ek ‘n vraag het (oor enige iets), is daar altyd iemand wat my sal help. 🙂 Amper soos Google, net makliker! 🙂

Ek wonder nou al jare oor ‘n ding. Dié dat jy jou geizer bedags afsit. Steek daar REGTIG iets in? Kyk, ons het ‘n tweede geizer in die huis, wat die gastebadkamer se water verwarm. Daardie een sit ek af, want vir ‘n week of drie word dit nie gebruik nie. Wanneer die kinders dan huis toe kom, of ek kry gaste, dan sit ons dit aan. Ek glo dis ‘n kragbesparing.

Maar of dit werklik koste-effektief is om my geizer bedags af te skakel en wanneer ek vanaand by die huis kom, dit gou aan te skakel… ek weet nie. Ja, dit is so dat die geizer deur die dag gereeld aan- en afskakel om te verseker dat die water altyd warm is. As daar egter nie ‘n kraan oopgedraai word en daar dus nie koue water ingetap word nie, bly die water mos eintlik warm en is dit bietjies-bietjies krag wat gebruik word wanneer die water genoeg afkoel.

Ek wonder maar net: Nou sit almal bedags hulle geizer af, en vanaand 5 uur as almal van die werk af kom sit hulle dit aan. Die geizer het dan al heelwat afgekoel en baie meer krag is nodig om hom weer op die gewenste hitte te kry. Dit, saam met almal wat wasgoed was, kos maak, ketels kook, stryk, TV kyk, noem maar op. Is dit nie méér lading op die elektrisiteitstelsel wat alreeds dan so oorlaai is nie? Verstaan ek iewers iets verkeerd?

Die vraag oor die ander goeters het ek nou eers gelos…

Toorts

21 thoughts on “Vrae oor kragbesparing en ander goeters

  1. My kinders sit af en glo dit spaar, my vriendin sit nie af nie en glo dit spaar. Ek wil ook graag weet! Wat ek wel weet is dat ligte so min krag gebruik dat dit nie die moeite werd is om aanmekaar aan en af te skakel elke keer as jy in of uit ‘n vertrek gaan nie. Dus is ek saans in n ligte huis en het ek nooit my kinders ” sit af die lig!” toegesnou nie.

    Like

  2. Ons skeinat onnie het ons op skool laat uitwerk hoeveel dit kos om 1 lig n maand lank te laat brand. Dit was minder as 1 sent. X met so 1000= vandag seker so R10pm. ( as hy die heeltyd vir n hele maand lank brand ) dws iets soos 33c vir n hele dag. As dit so baie is. Ek is arm, maar kan dit bekostig. Sal liewer 1 tjoklit pm minder eet en dan bespaar ek meer!

    Like

    1. Ek dink regtig die dam word soms onder die hoender uitgeruk. Hier is nou ‘n tipiese voorbeeld daarvan. Groot goed wat nie reg is nie word geïgnoreer, terwyl kleinigheidjies soos ‘n liggie wat ‘n paar sent per maand kos om aan die gang te hou, op gehamer word. Dit terwyl die probleem rondom die krag BAIE groter is as ‘n ou liggie. Goggatjie, geniet jou liggies. 🙂

      Like

  3. In terme van die nasionale voorsienings netwerk is dit verseker die moeite werd om geysers gedurende spitstye af te sit. 2 miljoen geysers van 250watt wat afgeskakel word verlig die aanvraag op kragnetwerk met 500 megawatt. In perspektief, gedurende stage 1 loadshedding moet die aanvraag met 1000 megawatt verminder word.
    Of die afsit van die geyser noodwendig ‘n huishoudelike besparing gaan bewerkstellig gaan afhang van ‘n paar faktore, soos byvoorbeeld hoe gereeld word water uit die geyser getap, waarop is die termostaat se temperatuur gestel ens.
    Elke huishouding is anders, en ‘n mens moet maar eksperimenteer om die beste balans tussen gerief en besparing te kry. Daar is heelwat leesstof beskikbaar om te help hiermee, soos bv.

    Click to access EskomGeyserFactSheet.pdf

    Click to access 1317_geyser_fact_sheet_no_rmr.pdf

    Liked by 1 person

    1. Maar Korrelkop, dis JUIS my vraag. Die geizers word nou gedurende die dag afgesit wanneer almal by die werk is. Vanaand, in spitstyd, wanneer almal terugkom huis toe, word die geizers dan aangesit sodat ons vanaand warm water kan hê om die kinders te bad. Dit voel vir my, hou dit deur die dag aan, dan hoef dit nie in spitstyd skielik aangesit word om gou die water warm te kry nie.

      Like

  4. Ek wonder of dit nie meer effektief is om liewer jou geyzer na ‘n laer hitte af te stel nie. Ek dink as jy rerig wil spaar is dit beter vir almal om eerder te stort en die baie water wat ‘n bad opneem te vermy. Ai – net jammer gedurende die winter is dit so lekker om jou koue lyfie kort-kort op te warm met die intap van nog warm water …

    Ek het ook al gehoor van ‘n kombers oor ‘n geyser wat water langer warm kan hou …

    Like

  5. Twee maniere om daarna te kyk:
    1) Sal jy ‘n ketel die hele dag warm hou net om af-en-toe tee te maak?
    2) Die tempo waarteen die geyser hitte verloor, word bepaal deur die temperatuurverskil tussen die omgewinf en die geyser. Hoe warmer die geyser, hoe meer hitte veloor jy. Dus, as die geyser die hele tyd aan is, verloor jy die meeste hitte wat jy gedurig aanvul. Om die geyser nadat dit af was weer aanskakel, verg dit noodwendig minder krag as wat jy sou verloor het deur die geyser warm te hou. Jy sal dus spaar deur die geyser net met tussenposes aan te skakel maar hoeveel hang af van ander faktore – spaar sal jy maar die besparing mag onbenullig wees.

    Liked by 1 person

  6. Die geyser werk soos ‘n urn en nie soos ‘n ketel nie. Nee, ‘n mens sit ‘n ketel aan en af dan kook hy volstoom tot jy hom weer afsit( of hy het self die opsie) en skakel nie weer aan nie. ‘n Urn hou die water op ‘n sekere temperatuur en sit homself af as die temp bereik is en sit hom net vir ‘n kort rukkie aan om gou weer bietjie warmer te word. Daarom word urns gebruik by plekke waar baie mense op verskillende tye koffie of tee drink. ( en ‘n geyser as jy op verskillende tye warm water benodig).As die geyser heeltemal koud geword het, moet hy vir ‘n lang ruk volstoom werk om weer dieselfde temperatuur te bereik. Dit klink my taamlik na ‘n 50 – 50 situasie ( of catch 22!). Ek glo dat ‘n kombersie om die geyser warm te hou sodat hy stadiger hitte verloor, maw warm hou soos ‘n warmfles, sal veroorsaak dat die aan en afskakelproses minder plaasvind en dus krag spaar. Maar dis aaklig as jy wil skottelgoed was of bad en daar is nie warm water nie. Vir skottelgoed gebruik jy dan die ketel – wat BAIE krag gebruik!

    Like

  7. Skoonseun het “timers” laat insit waarop jy tyd kan stel. Ons geyser kom in die oggende aan vir badwater, dan skakel hy homself af. Die water bly warm genoeg vir die middag se skottelgoed. Laat die middag skakel hy weer aan vir skottelgoed en i.g.v iemand wil bad. Dan skakel hy weer af vir die nag.Hoe kostebesparend dit is weet ek nie.

    Like

  8. Ek sit my geyser af vir soms tot drie dae op ‘n tyd. Dan sit ek dit saans aan vir sowat drie ure . Behalwe naweke wanner Homer of die kinders tuis is. Dit maak nogal ‘n verskil. Maar ou ja, ek s ‘n enkel mens huishouding. Doen wasgoed met koue water, so die geyser bly warm vir my behoeftes. Die hele drie dae lank.

    Like

  9. Dit was nou n lekker leersame voor en nadele van aan of af sit! Dit bly maar n geval van behoeftes. Ek het ook maar koue water wasgoed gewas(nog steeds) Geyser aangesit vir so 3 ure gebad en dan afgesit tot volgende aand. Dit het voordeel v laer kragverbruik gehad

    Like

  10. Ek dink dit hang van die geiser af. Ons gebruik verseker meer as die geiser af was (al was dit net vir 2 uur). Dis ‘n ou model (dalk werk die nuwes beter). Nou met die loadshedding gebruik ons net soveel (en sommige dae meer) krag as gewoonlik. Dit terwyl ek op die dae met gas kook of ons braai. Dus gebruik die geiser meer as normaal weg. Dan het ek ook al van mense gehoor wat kla hulle geiser breek as hulle dit elke dag aan en af sit.

    Hier sit die munisipaliteit in elk geval outomaties ons geisers af as die dorp te veel krag gebruik. Natuurlik betaal ek ten duurste daarvoor, want op die tye gebruik ons altyd meer as gewoonlik.

    Ek het juis tussen my vriende gevra en met loadshedding saam gebruik hul almal dieselfde of meer krag as gewoonlik. Ek begryp dus glad nie wat hulle probeer bereik nie (behalwe om te beheer wanneer ons krag gebruik), want dit maak geen verskil aan hoeveel gebruik word nie. In die proses breek hul net weer die skakelaars (soos in 2008) en sit ons binnekort vir lang tye sonder krag voor die weer reg gemaak is. Alles net omdat hulle nie instandhouding gedoen het nie.

    Iemand het so mooi gesê. Eskom is die enigste besigheid wat jou vra om nie hulle produk te gebruik nie. Nie baie besigheid slim nie! En dit terwyl hul krag bly verkoop aan die buiteland teen goedkoper as wat hulle dit plaaslik verskaf.

    Like

    1. Dankie. Dis hoe ek dit ook verstaan.
      Die ding is, op die ou end moet jou geizer baie harder werk om dit weer warm te kry as wat hy in normale omstandighede sou gebruik. Ek weet nie of hierdie goed regtig nagevors is nie, die “raad” wat ons kry nie.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!