Gee fantasie vrye teuels

My liewe blogmaat, Kameel, floreer op ‘n uitdaging. Sy hou daarvan as jy vir haar ‘n onderwerp gee om oor te skryf. So vra ek haar uit die bloute om oor hierdie onderwerp te skryf: “Gee fantasie vrye teuels.” Goed en getrou soos sy is, skryf sy toe dadelik. 🙂 Oulike ding!

So in die gesels op my blog, daag ek ook vir Scrapydo uit om ook hieroor te skryf, en raai wat, sy is NET so oulik en skryf haar stuk.

Toe ek vir Kameel uitgedaag het, het ek sommer daar by die kommentare vir Seegogga ook uitgedaag. Ek dink nie sy het dit gesien nie, maar as ek aan haar dink, dink ek aan feetjies en kabouters. So Seegogga, hier daag ek jou nou amptelik uit: Gee fantasie vrye teuels.

Ek weet Rondomtaliedraai het op Litnet elke week ‘n bloguitdaging gesit. Ek weet nie of dit nog gebeur of voortgaan nie? Ek het so hier en daar van die uitdagings aanvaar, en ek weet my Kameel maat het gereeld geskryf oor van die uitdagings.

My bloguitdaging aan julle, aan almal wat lus het, is: “Gee fantasie vrye teuels.” Skryf daaroor op jou blog, onthou om hierdie bloginskrywing te tag, en as jy wil, gaan plak dit op ons faceboekblad ook.

As jy lus het vir saamspeel, sê ek baie dankie. Kom ons maak van blogland ‘n fantasieparadys!

(Die soekenjinterm wat die heel meeste mense na hierdie blog bring, is “mondeling onderwerpe”. Sal dit nie ‘n lekker mondeling onderwerp wees nie?)

Groete

Toorts

6 thoughts on “Gee fantasie vrye teuels

Gesels saam, asseblief!