Waar is die Afrikaanse Blogs?

Na aanleiding van ‘n reaksie wat op kommentaar was wat ek by iemand gelos het skryf ek hierdie bloginskrywing. Dit het só gelui: “Dankie vir die comment Toortsie 🙂 . Bly om te sien daar is nog Afrikaanssprekendes op WordPress. Hoe het jy op my blog afgekom? En versprei die woord asb. haha.”

Dit was destyds my vraag ook. Wáár kry jy die ander Afrikaanse blogs? Hoe weet die mense van my wat wel by my lees?(Jammer as ek myself herhaal, ek kon aanvanklik nie die ou blogstuk vind nie!)

In WordPress is ‘n  hele Afrikaanse Bloggemeenskap, met ‘n hele verskeidenheid blogs.

Die héél maklikste plek om by Afrikaanse blogs uit te kom, is by Blik. Daar word alle Afrikaanse bloginskrywings, WordPress en ook ander, gelys, met die jongste geskryfde een eerste.

WordPress bloggers kan ook in hulle beheerpaneel kyk as hulle ander Afrikaanse blogs soek. Redelik onder op die bladsy by What’s Hot. Onder “latest” kom die nuutste bloginskrywings gelys, en ek wonder hoekom dit deesdae nie meer net Afrikaanse bloginskrywings is wat daar gelys word nie? Daar is soveel Engelse blogs tussenin? Die 10 blogs en bloginskrywings wat die meeste gelees is, word ook daar gelys onder Top Blogs, en Top Skrywes.

Wat natuurlik ook belangrik is, is dat jy jou blog opstel as ‘n Afrikaanse blog, sodat jou blog by die Afrikaanse blogs sal verskyn.

‘n Maklike manier om by ander blogs uit te kom, is om te kyk wie lewer kommentaar by die blogs waar jy wel lees. By sommige blogs is daar ‘n lys van kommentare, so jy kan sommer daar op hulle kliek, anders onderaan die blog by die kommentare. Kliek op die persoon se naam. As die persoon ‘n naam het en sy URL is reg ingevul, behoort jy by daardie blog uit te kom. (Dis een van die redes hoekom dit goed is dat jyself ook kommentaar lewer, dan weet ons ook van jou!) 🙂

Party bloggers het ook ‘n Blogroll. Dis ‘n lys van blogs en ander plekke waar hulle graag lees. As jy op een van daardie blogname kliek, sal jy ook by die blog uitkom.

Is daar nog maniere waarvan julle weet wat ek nie hier genoem het nie?

So, Arleenstone22, ek hoop jy gaan nou sommer BAIE Afrikaanse blogs vind en lekker saamkuier.

Bloggroete

Toorts

Ns. Onthou om in te loer by ons faceboekblad.

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging and tagged , , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Waar is die Afrikaanse Blogs?

  1. Spokie sny spoor sê:

    Ja, ek dink met ‘n bietjie moeite en rond’surf’ soos hul sê, tel mens tog blogvriende op. Dankie vir die inligting, dit is by jou dat ek die eerste keer gehoor het van Blik. En ja – ons moet probeer om Afrikaans se vaandel hoog te hou …

    Liked by 1 person

  2. scrapydo sê:

    Algaande leer mens! Ek self ontdek telkens weer nuwe Afrikaanse bloggers wat my sommer opgewonde maak. Dis goed dat jy die inligting in Afr opsit. Dis meer verstaanbaar as Eng. Ha ha

    Like

  3. Manewales sê:

    Nog ‘n plek om te gaan loer is by http://botd.wordpress.com/?lang=af Dis elke dag se top Afrikaanse blogs. Of gaan na http://botd.wordpress.com/top-posts/ vir elke dag se top posts. Dis maar waar ek meeste van die Afrikaanse blogs gevind het wat ek gereeld by in loer.

    Dit is egter nog al irriterend om te sien hoeveel Afrikaans gelyste blogs eintlik Ingels is.

    Like

  4. Baie dankie vir die nuttige inligting. So Junie/Julie vanjaar het ‘n hele klomp Afrikaanse bloggers op Litnet hulle vererg oor die tegniese probleme en die gebrek aan ondersteuning op daardie platform en toe getrek WordPress toe. Hier voel ek soos ‘n paddavissie in ‘n bruisende (Engelse) rivier en klou verbete aan die voormalige Litnetters. Jou blog gaan my beslis baie help!

    Like

    • Toortsie sê:

      LLEN Jare gelede het ek gevra: Wat is die verskil tussen Litnet en WordPress? Dit was ook met ‘n oorstroom van Litnetters na WordPress. Op daardie stadium was die verduideliking dat ‘n WordPresser soos ‘n vis tussen piranhas sal wees op Litnet. Nou hoor ek die teenoorgestelde.
      Nee man, hier is lekker geselsblogs. Ons het al minder geword, maar ons is nog hier. Hoop jy kom reg. En WELKOM op WordPress.

      Like

  5. Ek kom nie eers op die opdateer lys nie, laat staan nog by die top blogs … ek hou maar by my blogs wat ek volg

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s