Terug in die Verlede

Dit is weer opdragtyd.  Hierdie keer vra Toortsie wat is die soekenjinterm wat die meeste mense na my blog toe bring.  Sy voeg by dat ek my verbeelding mag gebruik.  Ek sê by voorbaat dat hierdie skrywe net my verbeelding is, en glad nie op die persoon self, of gebeure rondom hulle lewens betrekking het nie.  Behalwe natuurlik vir hier en daar iets waarvoor hulle ‘n liefde het.

“Hoe kan ek in my verlede teruggaan,” is die soekenjinterm wat mense na my blog toe bring.  Aangesien tot Hollywood rolprente daaroor maak, is dit duidelik dat mense ‘n behoefte het om in hulle verlede te gaan rondloop.  Wel die goeie nuus is dat dit wel gedoen kan word, maar ongelukkig is dit net vir een enkele persoon beskore.  En dit is hier waar ek vasgehaak het.  Uit die terduisende navrae wat ek gekry het…. wie wys ek af, en vir wie gee ek hierdie geleentheid?

Ek het besluit om net drie aansoeke te neem, en dan my blogvriendinne te vra om my te help kies.

u15900825Aansoek een is van Scrapydo.  In haar jongdae het sy ‘n prys gewen om per skip ‘n wêreldtoer mee te maak.  Sy was soooooo opgewonde; plekke soos St. Peters Basilica, The Lourve Palace, Neuschwanstein….. en vele meer, het meteens ‘n realiteit geword.  Nie eers gedagtes aan die Titanic kon ‘n donker skadu oor haar droomwêreld gooi nie.  Die dag van haar vertrek het sy ‘n paar trane gepik, veral toe sy haar suster rondomtaliedraai moes groet.  Die trane het egter gou plek gemaak vir nuuskierigheid.  En dit was hierdie nuuskierigheid van haar wat haar baie duur te staan gekom het.  Hulle het by ‘n poskaartmooi eiland vasgemeer, en gewapen met haar kamera is sy land in.  Sy het na hartelus gekiek, en gekiek, en nooit opgelet hoe vinnig die tyd verby gaan nie.  Amper donker keer sy terug hawe toe, en van die skip is daar niks te sien nie.  Paniekbevange besef sy dat sy die skip nie weer gaan sien nie, so ook nie St Peter’s Basilica, en al die ander plekke waaroor sy gedroom het nie.  Haar droom lê aan skerwe, en dit is na hierdie dag in haar lewe waarheen Scrapydo wil terugkeer.

images (3)Aansoek twee kom van Toortsie.  Sy het twee liefdes op hoërskool gehad.  Petrus was die skool se held.  Julle weet mos, die rugbykaptein met die spiere, wit tande, en geld.  Dit was vir Toorts lekker as hy so arm om die lyf met haar stap, en al die ander meisies gluur haar aan.  Dan was daar Kerneelsie.  Hy was lank, en maer, en iewat vaal.  Maar dat hy ‘n kop op sy skouers gehad het was verseker.  Toortsie wou dit nie aan haarself herken nie, maar sy het ‘n baie sagte plek vir Kerneelsie gehad.  Petrus met sy luiddrugtige maniere het haar met tye grensloos geirriteer, maar dat hy lekker kon soen dit was verseker.  Op ‘n dag druk Kerneelsie ‘n briefie in haar hand.  Daarin verklaar hy sy ewige liefde aan haar, Toorts.  Met bonsende hart besef sy dat sy netso oor hom voel, maar sy besef ook dat sy die grap van die jaar gaan wees.  Watter regdenkende meisie gee ‘n Petrus die trekpas om met ‘n Kerneelsie uit te gaan.  Die dag toe sy met Petrus voor die kansel staan het sy besef dat haar hart op ‘n ander plek is.  Kerneelsie het intussen ‘n uitstekende boer in die mooie Kaap geword.  Hy het nooit getrou nie, en Toortsie besef dat sy hart nog al hierdie jare aan haar behoort.  Sy wil teruggaan na daardie dag toe sy Kerneelsie se brief ontvang het.  Hierdie keer weet sy wat sy hom gaan antwoord; “Kerneelsie, ek voel dieselfde oor jou, en ek sê nie net ja vir ‘n kys nie, maar gee jou sommer die jawoord vir trou ook.  En ja, ek sal jou bystaan in alles… met jou boerdery ook.”

stock-vector-africa-s-big-five-animal-tracks-elephant-lion-leopard-buffalo-and-rhino-194624120Aansoek nommer drie kom van Spokie.  Nou vir wat kry ek nou so ‘n koue rilling?  Spokie het ‘n eienaardige van, Sny Spoor.  Dit daar gelaat, Spokie skryf dat sy vir ‘n klomp geslagte op ‘n plaas in Afrika gebly het.  Ek dink sy het hier ‘n fout begaan…. ‘n klomp geslagte klink vir my ‘n bietjie lank.  In elk geval sy skryf hoe gelukkig sy was aangesien hierdie mense wildliefhebbers was, en sy Spokie het ‘n ontsettende liefde vir wild, veral vir die vyf grootes van Afrika.  Sy vertel hoe sy in die nagte rondgeloop, en na luiperde gesoek het.  Ek wonder of sy nie bang was om so in die nag rond te loop nie?  Op ‘n dag kom daar so ‘n mannetjie op die plaas aan.  ‘n Mensmannetjie, nie ‘n luiperdmannetjie nie.  Hy lyk vir haar maar na ‘n bleeksiel – haar mense is almal sonverbrand, en gesond.  Wel dit is gou duidelik dat die mannetjie daar is met bedoelings; hy kom na Blommie vry.  Kort voor lank lui die kerkklokke en daar staan haar sonverbrande Blommie langs die bleeksiel met die vreemde naam.  Tot haar grote skok vind sy toe uit dat die plaas verkoop word, en dat Blommie Alaska toe verhuis.  Alhoewel Spokie nie weet waar Alaska is nie, besluit sy om saam te trek.  Sy weet Blommie sal gaan waar daar wild is, hoe dan anders, sy neem sulke mooi fotos.  Nie dat sy Spokie enigsins nodig het om terug te staan wanneer dit by fotos neem kom nie.  Wel, sy het toe saamgetrek en tot haar grootste skok by ‘n yskoue land met baie sneeu, en bere uitgekom.  Dit is nou al jare later, en sy besef dat sy nooit hier gaan aanpas nie.  Sy vra om terug geneem te word na daardie dag van die trek….. of nee wag, nog ‘n paar maande vroeër na die dag toe die bleeksiel daar aangeland het.  Blykbaar sou sy hom die eerste nag al die hasepad laat kies het.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

19 Responses to Terug in die Verlede

  1. Toortsie sê:

    Jy het behoorlik fantasie vrye teuels gegee! Selfs met die opdrag, maar dit maak regtig nie saak nie, dis mos wat vrye teuels is!
    O ek gun die reis vir beide die ander twee deelnemers, en ek moet sê, die keuse is MOEILIK, want ek is sooo lief vir reis en daarom wens ek Scapydo wen.
    Maar ek is NET SO LIEF vir wilde diere…
    Maar ek moet mos net een kies. So Scrapydo kan met die grootste liefde teruggaan. Ek is mos eintlik gelukkig waar ek is. 😉

    Like

  2. scrapydo sê:

    He he, lekker gelees! Sal graag die reis verder wil doen. Ek hou van die twee ander storiejies ook. Ek ry ook toe nie jul inligting gelink nie! Hier is my Fantasie! Ek sal dit op jul FB werf ook plad!
    http://scrapydo2.wordpress.com/2014/12/04/uitdaging-fantasie-challenge-fantasies/

    Like

  3. Hiehiehie! Aitsa Kameel – ek het nie geweet jy kan so oulik skryf nie!? (Dat so ‘n brein nou moet stof word)
    Op ‘n stadium het ek gedog scrapydo se storie kon waar wees, moes dus 2 keer alles deurlees.

    Ek is ook bly om nou meer te weet van Toortsie en Kerneelsie. Klink of sy heel gelukkig getroud is vandag.

    Spokie en Blommie se storie is ook baie mooi. Kyk, jy gaan soek nie na ‘n luiperd in die nag nie, hy slag jou net daar af … en die bleeksiel? Ek dink ons moet vir Blommie ‘n ander man soek – een wat renosters kan doodskop en nie bang is om ‘n leeu met ‘n pellit-geweer dood te skiet nie.

    (Wil ook net laat weet, ek en manlief het bleeksiel opgechop en vir die aasvoëls gevoer…)

    Like

  4. Gha … ek is groen van jaloesie… waarom moet my sus die reis wen en ek moet droeëbek tuis sit! Pleks jou fantasie dit maar ‘n reis vir twee maak dan kon sy my saam neem … maar verder is daar regtig niks met jou fantasie verkeerd nie Welgedaan

    Like

  5. seegogga sê:

    sjoe maar die verbeelding het rerig vrye teuels!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s