Skrywersblok

Het jy ‘n skrywersblok? Weet jy nie waaroor om te skryf nie?

Dis heeltemal normaal. Eintlik skryf ek net wanneer ek lus het, en wanneer die woorde in my kop kom.

Maar WAAROOR kan mens skryf? Hoe weet julle waaroor om te skryf?

In tye wat ek baie lus het vir blog, kyk ek by my stats. Ek kliek bo-aan die bladsy op die stats strepies. Dan gaan ek na “soekenjin terme”. En DAAR kry ek baie idees. Ek kyk sommer watter vrae die mense vra vir wie Google na ons blog verwys. Dit móét mos onderwerpe wees wat te doen het met die goed wat op hierdie blog geskryf word.

Wel… soms verstaan Google ‘n vraag BAIE verkeerd, en glo ek word mense baie teleurgestel as hulle dan wel by ons blog uitkom, terwyl hulle iets heeltemal anders in gedagte gehad het! 😉

So, met die soekenjin terme as my gids, is die moontlikhede legio. 🙂 Vra die persoon ‘n vraag, antwoord ek hom/haar in die vorm van ‘n bloginskrywing. Die vraag, “Hoe kan ‘n tiener vinnig geld maak?” het gelei tot twee bloginskrywings, Kan ‘n mens vinnig geld maak?” en Hoe kan ‘n tiener ‘n geldjie verdien?” Soms is een vraag die oorsprong tot ‘n volle bloginskrywing, soms gebruik ek ‘n klompie van die soekenjinterme en maak daarvan ‘n bloginskrywing, waar ek dalk my opinie op van die terme gee.

Uit die soekenjinterme kan ek aflei wat die lesers se grootste behoefte is en dalk kan ek tog iemand daarmee help.

So, my raad aan julle is, loer ‘n bietjie daar by jou soekenjinterme.

Watter raad het julle vir iemand met ‘n skrywersblok?

ontblokte toorts

Ns. Loer gerus by ons faceboekblad in. Tik net “Toortsie” in by faceboek en hy sal jou soontoe verwys, of kliek op die skakel. Dit sal lekker wees as jy deel word van die blad en lekker saamgesels.

17 thoughts on “Skrywersblok

      1. Wel, dankie die inloer voor die tyd! Dis nou om my te inspireer Toortsie … Ek wil natuurlik vreeslik graag oor geestelike dinge ook skryf, (soos dagstukkies) maar sal nie 2 blogs kan hanteer nie … Maar die diere is vir my ook baie lekker skryfwerk.

        Like

        1. Toe ek destyds begin skryf het, wou ek ‘n ernstige blog en ‘n lawwe blog hê. Ek het toe met 2 begin. Toe sê iemand vir my die admin daaromtrent is net te veel. So ek skryf van erg ernstig tot heeltemal simpel en laf op een blog. Dit maak nie saak nie. Dis mos jou blog. Tensy jy daarvan hou om elkeen te sorteer volgens sy “soort”. Skryf daai dagstukkies vir ons. Soveel mense het dit nodig.

          Liked by 1 person

          1. Ooo nou maak jy my opgewonde en ook senuweeagtig. Ek is n nugter ou en Fantasie het ek nog nooit probeer nie. Ek gesels wel in my honde lewe op Trompie se blog met tye.(tel dit as fantasie? Is mos denkbeeldig!)

            Like

  1. Jy is onderwyseres in murg en been, dit sien ek nou weer opnuut. Jy weet mos ek blog sommer so oor my doen en late in die lewe. Weet nie wat ek gaan doen wanneer ek uitgeskryf is nie 😦

    Like

    1. Oeee jy het nog so baie om te vertel! Maar as jy nie meer weet wat om te skryf nie, volg jy net die blogjuffrou 😉 se raad. 🙂 Ek dink in elk geval jy moet ‘n slag ‘n uitdaging kry. Sal bietjie dink. Jy floreer mos daarop.

      Like

    2. Okay, hier is jou uitdaging, Kameel: “Gee Fantasie Vrye Teuels.”
      Ek dink ek daag ook hiermee vir Seegogga uit, as sy dit raaklees.
      En vir almal wat altyd mondeling onderwerpe soek (die soekenjinterm wat die meeste mense na my blog bring).

      Like

        1. Kameel, jy het al bewys dat dit ‘n maklike ou opdraggie is.
          En hoe ver? Ag, kom ons kyk hoe ver 😉 Dit hang alles af van hoe ver in die fantasiewêreld jy ons wil inneem. 🙂

          Like

Gesels saam, asseblief!