Banting yskastert

Die oorspronklike resep het ek hier gekry, en verwerk.

Ons Banters raak mos ook lus vir iets lekkers, en wat is nou lekkerder en meer in die Low Carb kol as ‘n kaaskoek?

So lyk my resep tans:

Kors:

1.25 koppie amandelmeel

3 eetlepels gesmelte botter

1.5 teelepels Xylitol

Meng alles, druk dit vas in ‘n tertbak en bak 8 tot 10 minute by 180 °C  (Oeps, ek het vandag vergeet om dit te bak!)

DSC08075

 

Vulsel

250g sagte roomkaas

½ teelepel vanilla geursel

500 ml room

20g suikervrye jellie, enige geur, aangemaak in 1 koppie kookwater

Metode:

Sny die roomkaas in stukke in ‘n groot mengbak.

DSC08076Gebruik die “wisk” van jou elektriese klitser en klits dit tot dit glad en romerig is.

Roer die Vanilla gerusel by.

DSC08079

Gooi die room by en klits tot die mengsel verdik.

DSC08080Gooi die opgeloste jellie-en-kookwatermengsel by.

DSC08081

Meng alles. Gooi bo-op afgekoelde kors.

DSC08083

Plaas tert in yskas en geniet dit wanneer dit gestol het.

Lekker eet!

Toortsie

Jy hoef nie ‘n Lae Koolhidraat Hoë Vet dieet te volg om hierdie tert te maak nie. Jy mag dit ook maar maak al eet jy gebalanseerd en gesond. 😉

Intussen het Toortsie se Bantingboerekosboek die lig gesien en doen baie goed.

voorblad 001

The English version, Toortsie’s Banting Bash will be available soon, hopefully in July 2016! Like the Facebookpage to read all the news concerning this book.

Toortsie's Banting Bash Nr 1

Bestel Toortsie se Bantingboerekos hier.

Toortsie by Bidorbuy

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Wat ‘n belewenis!

Toortsie se Bantingstories gelys by Pinterest

6 thoughts on “Banting yskastert

    1. Dit is maklik. En lekker. Ek het al lekkerder terte geëet, maar dan het dit baie sjokolade en suiker en wat nog alles nodig. Vir my wat erg lus kry vir iets soets, is hierdie voldoende.

      Like

Gesels saam, asseblief!