Wat van die maag?

Noudat jy Banting doen, en nie meer volgraan brood inneem nie, hoe bly jy gereeld? Jy kan ook nie meer jou oggend begin met meusli en joghurt, soos ek al aanbeveel het nie.  Hoe bly jou maag gereeld?

Sjoe! Wat ‘n nare onderwerp! Maar dis ‘n geldige vraag. Ek het dit ook vir my vriendin gevra voor ek begin het met die eetprogram. Dis ‘n vraag wat ek ook soms hoor. So, hier is my “uit ondervinding” antwoord. Of dit die REGTE antwoord is, weet ek nie.

Wanneer ‘n mens die Banting dieet volg, is die veronderstelling dat jy met ELKE ete ook groente sal inneem, en groente is natuurlik ‘n uitstekende bron van vesel. Na my mening is dit die belangrikste van alles, die baie groente wat jy inneem.

‘n Vrug per dag is óók ‘n uitstekende bron van vesel.

Ek eet heelwat neute. Ek hou sommer ‘n klein plastiekbakkie met neute en sade op my kombuistafel, en as ek lus het vir iets om aan te peusel, is dit byderhand.

Ek maal my eie amandels vir amandelmeel. Iets waaraan ek sal móét werk, is om meer sade in my kos in te werk, soos pampoensaad, sesamsaad, ens.

Klapper is ook ‘n uitstekende bron van vesel, iets wat ek ook te min gebruik.

As jy steeds probleme ervaar, is Psyllium Husks jou antwoord. Ek strooi sommer ‘n bietjie oor my kos, en kry op so ‘n manier die vesel in.

Dit voel soms of die meer vet in die dieet, meer romerigheid, die maag help. Dis my persoonlike mening.

Soos ek ook in daardie ander blogstuk oor die dikderm geskryf het, bly oefening steeds ‘n goeie manier om jou metabolisme aan die gang te hou.

En drink water.

Groete

Toorts

Ns. Soos altyd: Ek skryf slegs my eie ervarings neer. Ek probeer nie om iemand te oortuig om die Banting leefstyl te doen nie. Ek aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir iemand wat dit doen nie. Die beste raad bly steeds: Gaan spreek eers jou dokter as jy dit wil doen. 

 

 

Advertisements

3 thoughts on “Wat van die maag?

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s