Kan mens vinnig geld maak?

Hoe kan tieners vinnig geld maak? Dis ‘n vraag wat iemand by Google ingetik het en by ons blog uitgekom het.

Dis ‘n vraag wat baie mense het.

Maar is daar ‘n antwoord? Ja, hier en daar kry jy iemand wat ‘n geluk geslaan het en vinnig ‘n klompie geld gemaak het, maar is dit die norm?

Hoeveel van die mense wat wel vinnig geld gemaak het, het wys met die geld gewerk en dit behou? Het hulle dit nie maar weer vinnig verloor ook nie?

Daar is seker maniere wat jy vinnig kan geld maak, as jy die slag BAIE gelukkig is, soos dobbel. Die een aand maak jy dalk jou fortuin, maar die volgende 100 aande verloor jy weer alles. Of is dit sommer al die volgende aand?

Die een ou wat die Jackpot slaan by die lotto maak vinnig baie geld, maar niemand praat van die miljoene mense wat verloor sodat daardie ou kan wen nie. Dis ook bewys dat so ‘n kitsmiljoenêr gewoonlik binne ‘n jaar swakker af is as wat hy was voor die miljoen, met uitsonderings, natuurlik.

Kiyosaki,  wie Rich Dad, Poor Dad geskryf het, sê daar is net een manier om geld te maak, en ek stem 100% saam met hom. Dit is om jou werk te doen oor die werk, nie oor die geld nie. Om jou werk te doen omdat dit vir jou goed en lekker is, vir die bevredging wat jy daaruit put. DAN sal die geld later kom, en waanner die geld kom, word jy einlik dubbeld beloon, omdat jy die geld, sowel as die genot daaruit gekry het.

Wanneer jy jou werk voluit doen, is dit ook wanneer jy groei as mens, wanneer jy vindingryk begin raak en maniere vind om dit beter en meer effektief te doen. Dis wanneer jy dalk bevorder word of ‘n verhoging kry, of as jy jou eie besigheid doen, jy begin sien dat jou geldjies stadig maar seker begin inkom, en meer inkom, en jy meer vindingryk raak…

Dis so jammer om te sien hoeveel mense groot en gulde geleenthede by hulle verby laat gaan, omdat hul met so min as moontlik moeite die meeste geld probeer maak, en NOOT by hul ware geluk uitkom nie, altyd soekend na nog maniere om maklik geld te maak en keer op keer hul vingers verbrand.

Ongelukkig is die eeste stap om geld te maak, eerlike, harde werk. Die tweede stap is natuurlik dan WAT jy met daardie geld doen. Gee jy dit alles uit, of hou jy by die reël van die 3 tiendes? 10e van jou inkomste vir die kerk, 10e vir die wis en die onwis, en 10e in ‘n goeie belegging, wat NIE die bank is nie, maar eerder effektetrusts vir ons gewone outjies soos ek? Soos die Rykste man in Babilon verduidelik het: Al manier wat jou geld in jou beursie meer word, is as jy elke keer wat jy 10 muntstukke kry, net 9 uitgee. Die res moet in jou geldsak bly.

Vir die tieners wat die vakansie ‘n geldjie wil maak, is my raad: Doen dit wat oor jou pad kom met vreugde, selfs al is dit simpel werk. Wees bereid om minder lekker werk te doen, werk wat dalk nie by jou image pas nie. Doen dit voluit, na die beste van jou vermoë. Daardeur wys jy jy is betroubaar en word iets interessanters dalk vir jou in die toekoms aangebied. Hierdie was nou ‘n preekblog, maar ek sal vandag bietjie aan idees dink en dan daaroor skryf.

Sterkte. Doen jou werk met vreugde. Die res sal kom.

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geldsake and tagged . Bookmark the permalink.

10 Responses to Kan mens vinnig geld maak?

  1. seegogga sê:

    Baie ware woorde Toorts. Vandat ek my geld in koevertjies sit 10%vr kerk 10% vr my% 10% vir huidhoudgeld( water en ligte ens) 10% vir instandhouding ens het ek baie meer!

    Liked by 1 person

  2. Ek dink jy het dit baie goed gestel, Toortsie. En stem ek 100% saam met jou. Doen dit wat jou hand vind om te doen, en doen dit goed.

    Net jammer as mens dink aan al die matrieks/kinders wat nie hierdie jaar werk gaan kry nie. Hier by ons is werk baie skaars. Ek dink as ouers nie vir hul kinders kan werk skep nie, kan dit moeilik gaan.

    Like

  3. Kameel sê:

    Wyse woorde Toorts. Sou lekker gewees het as geld aan bome gegroei het…. maar aangesien dit nie doen nie; laat ons maar die hand aan die ploeg slaan.

    Like

  4. scrapydo sê:

    Dit gee beslis meer bevrediging aan jou lewe as jy getrou woeker met wat jy kan doen en dit dan na beste van jou vermoe ook. Window dressing was nooit een van my sterkpunte in die onerwys nie en dit het beslis my my bevordering gekos! Aan die anderkant was die werk baie lekkerder om dit spontaan te doen sonder op dress!(Geld was natuurlik nou die meeste nie maar tog was ek gelukkig)

    Like

  5. Ek ken ‘n kind wat nou vir twee dae werk by ‘n plek om te kyk of hy daarvan sal hou… ek was heel geskok want daar is kinders wat hulle voortande sal gee vir enige geleentheid!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s