Van nomade tot pendelaar

Die eerste paar jaar van my getroude lewe het ek ‘n nomadiese bestaan gevoer. Elke paar jaar het ons ons goedjies gepak en getrek. Maklik en vinnig. Elke keer het dit langer geneem, want elke keer was die trek groter.

Nou het dit verander. Nou is ek  ‘n pendelaar. Vir een of twee keer is dit snaaks, dan nie meer nie.

Sien, my man is ‘n go-getter. Hy werk uiters hard en is ‘n uitstekende bestuurder. Hy GAAN vir ‘n geleentheid as hy hom sien, en ek het al geleer dat dit nie die moeite werd is om in sy pad te staan nie. My werk is om die lewe draaglik te maak, om die admin van die plaas te maak werk, ongeag die omstandighede.

So sien hy soms geleenthede raak wat nie naby ons is nie, en al die jare doen ons wydsbeenboerdery, of dit ongemaklik is of nie.

Wydsbeenboerdey beteken dat hy op gereelde basis moet uitslaap en ek moet maar besluit: Gaan ek saam, of bly ek by die huis.
Vandag het ek bietjie saam met hom rondgery.

Jong mieliesimage

Kopkole image

Wortels in bestuiwingseisoenimage

‘n Nuwe land, pas geplant, word natgeleiimage

Uieblomme in bestuiwingseisoenimage

Beeste wei in rivier image

So leer God my baie dinge, soos geduld as ek lisensies gaan uitneem. Hier, in die seisoen van pendel, werk God aan my gesindheid. Dis soms goed om uit jou gemaksone gehaal te word. Afrika is immers mos nie vir sissies nie.

Pendeltoorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe, Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

17 Responses to Van nomade tot pendelaar

  1. Sparkle sê:

    Dis ‘n paar mooi kiekies wat jy geneem het.

    Sjoe, was ek maar met ‘n boer getroud!

    Like

  2. seegogga sê:

    Toorts, ek dink dis baie wys dat jy saamgaan. Jou kinders is al uit die huis en jy kan mos!. Ai tog, daardie inpakkery. Maar gelukkig is daar mos mielielande ook!

    Like

  3. Ek weet nie of ek sal kan nie. Ek plak op ‘n plek vas en is greensloos lojaal – ook die heel laaste rot uit die skip.
    Mooi foto’s Stuur bietjie reën aan Die bosveld was lanklaas so droog.

    Like

  4. scrapydo sê:

    Heerlik om so die groei te belewe. Dit het regtig sy wonders om so buite te sien hoe die mens die natuur kan omtower om sy behoeftes te bevredig. Raak ek nou sommer liries oor jou voorreg!

    Like

  5. Sjoe – sulke plaasfotos bly maar mooi, maar boerdery is glad nie maklike storie nie. Baie pyne. Maar ja, as plaaslewe eers eenmaal in jou bloed is, altyd in jou bloed, soos Toortsie sê.

    Jou fotos is baie mooi, die rivier wat verby loop en plaasopstal lyk lekker. Een ding van ‘n plaashuis, jy voel nie so ‘ingedruk’ soos in die kleiner huise van die stad nie. Ruimte en nogmals ruimte!

    Snaaks – ek het nie gedink uie sal so mooi groei in sulke rooigrond nie, dog dit hou van turfgrond … ?

    Like

  6. Kameel sê:

    Die Here weet voorwaar wie om by wie te sit. So lief ek vir plaaslewe is (die lekker kant daarvan,) en so mooi soos alles is, sien ek nie kans vir dit alles nie. Nee, dit vat ‘n Toortsie!!!!

    Like

  7. Terug pieng: ‘n Piekelaar se getjommel | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s