Sosiale Media

Ek dink daar is een ding wat bloggers in gemeen het. Ons geniet die sosiale media. Ek vermoed ook dat die meeste bloggers nie net blogs het nie, maar ook faceboek of twitter of wat ook nog. Ek het al baie bloggers sien beweeg op faceboek.

So, ek vermoed ons het ook in gemeen dat ons lief is vir gesels.

Hiermee nooi ek julle nou uit na ons nuwe faceboekbladToortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad.

Dis sommer net ‘n lekker geselsblad waar ons oor enige ding kan gesels, van blogging, tot enige iets interessants wat ons dalk op die web raakgeloop het. Dis die plek waar ons sommer vinnig iets skryf, nie soos ‘n hele bloginskrywing nie.

Ons leer mos ons kinders dat jy nie sommer enige persoon kan aanvaar as jou vriend op faceboek nie. Op die faceboekpage skryf ons dinge wat ons ook met vreemdelinge kan deel en almal kan lekker saamkuier op maniere wat anders is as die saamkuier by die blog, sonder dat ons ons persoonlike inligting hoef bekend te maak.

Kom loer gerus daar in. Kom gesels saam. Het jy dalk iets wat jy vir ons wil vertel, of ‘n skakel na ‘n oulike blog of ander webblad, is jy welkom om dit met ons te kom deel.

Dit sal lekker wees om jou daar te sien.

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging and tagged . Bookmark the permalink.

6 Responses to Sosiale Media

  1. scrapydo sê:

    Sal bietjie jul faceboek dophou ook!

    Like

  2. seegogga sê:

    Sjoe, julle brei uit!

    Like

  3. Sparkle sê:

    Ek gaan sommer nou-nou loer!

    Like

  4. Dollie Deerling sê:

    ek is van namibie, stel belang om die boek te koop vanaf grootfontein, ma soek die besonderhede.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s