Ek is nie ‘n baksteen nie

Sodat julle my manie oor ‘n baksteen wees beter kan verstaan, plaas ek net eers my antwoord op die kommentaar wat Toortsie gelewer het op my blog; Meneer Bekker en die Rebel.

“Toortsie, my ousus was van kleintyd een van daardie gehoorsame, pligsgetroue kinders wat op alle gebiede uitgeblink het. Rika ‘n jaar jonger as sy was ook akademies slim. In die huis is my ousus as voorbeeld aan ons voorgehou, en ek het dit gehaat. Ek was anderste… kunskant toe geneig, maar dit was nie raakgesien nie, eerder afgemaak. My ma het gesê oor haar dooie liggaam sal ek ooit drama gaan swot. Ek is in my ousus se vorm probeer inforseer. Toe beland ek in die streng meisieskool (‘n prestige skool.) Die onderwyseresse was amper almal oujongnooiens. Nie lank nie of ek moet hoor “Is jy nie Adriana se sussie nie?” En dan word die vergelyking getref, en natuurlik word ek te lig bevind.. Toe al het ek geglo elke individue is uniek, en moet daarvolgens behandel word… maar die wêreld het bestaan uit vorms waarin jy MOET pas. Ek het nêrens gepas nie, en het begin rebelleer teen die onregverdigheid van alles om my. Die rebellie hardloop veel dieper, en het vêrrykende gevolge gehad…. maar so in ‘n neutedop is dit, dit.”

images (2)Jare later – met my lewe in een groot gemors – het ek Jesus leer ken.  Hy het my lewe op so ‘n drastiese manier aangeraak dat ek soos handomkeer verander het.  Soos ‘n dorstige wat smag na water het ek sy Woord ingedrink, en toe op ‘n dag staar hierdie woorde my in die gesig; “you also, like living stones, are being built into a spiritual house ……..” (1 Peter 2:6)  Net daar trek my bors toe, en die ou bekende rebellie skop teen my ribbekas.  In my geestesoog sien ek rye, en rye eenvormige bakstene wat ingemessel is, en alles binne my protesteer daarteen.  “Ek is nie ‘n baksteen nie,” sê ek vir die Here, en daarmee is die saak vir my afgehandel, en ek het geglo vir die Here ook.

Vir baie, baie jare lees ek verby daardie skrifgedeelte.  Ek gee bybelstudie maar raak nie daaraan nie.  Sou ek ‘n preek daaroor hoor, laat ek dit soos water van my afloop.  Soos ‘n wilde perd aan ‘n baie lang tou, lewe ek die geestelike lewe met oorgawe.  Ek is lief vir God, sy Woord, en sy mense.  Deur storms, vuur en beproewing volg ek Hom, net solank Hy nie van my verwag om ‘n vasgemesselde baksteen te wees nie.  En toe begin die tou wat my in toom hou styftrek.  Ek voel hoe ek stadig maar seker ingetrek word, minder spasie het om te beweeg totdat ek op hok gesit word.  Ek skop verwoed teen die mure van my gevangenis, alles tevergeefs.  Uiteindelik kom daar berusting.  Een oggend lees ek diè woorde.  “They will sparkle in his land like jewels in a crown.  How attractive and beautiful they will be!” (Zech 9:16-17)  Die prentjie is vir my so pragtig dat ek dadelik vir die Here sê dat ‘n juweel in ‘n kroon ‘n vêr beter vergelyking is, as ‘n baksteen, en ek nie sal omgee om as ‘n juweel in sy kroon vasgevang te word nie.  Elke juweel uniek, en mooi op sy eie manier.

Heel tevrede met diè prentjie leef ek voort, en kom op ‘n dag weer voor die eersgenoemde skrifgedeelte te staan.  Hierdie keer trek my bors nie toe aan die gedagte om vasgemessel te wees nie.  Inteendeel, ek sien ‘n tempel – saamgestel uit die pragtigste lewende juwele – wat lofliedere tot God se eer sing.  Ek glimlag; “Here net solank ek deel uitmaak van U tempel, gee ek sowaar nie om, om ‘n doodgewone baksteen daarin te wees nie.”

Advertisements
This entry was posted in God en ek. Bookmark the permalink.

24 Responses to Ek is nie ‘n baksteen nie

  1. Sjoe – so pragtig kameel. Hou baie hiervan. En ja – ons is almal “lewende” stene, vasgemesel in Sy Koninkryk, waarvan Jesus Christus die hoeksteen is. Wat ‘n eer!
    Jou lewensverhaal is nogals ietsie van my eie. Was ook die middelste kind, en het die rebelste uitgedraai – die bruinbroodjie gewees, soos hulle dit stel.. Totdat ek voorgekeer is vir Sy Koninkryk. En vandag is die rebelse een die een wat bereid is om in die akker vir Hom te werk. Terwyl die voorbeeldiges nie kans sien nie!
    Wys jou net … Moet jouself nie onderskat. Lewensdruk vorm ons voorkoppe soos ‘n diamant!

    Like

    • Kameel sê:

      Hi spokie 🙂 Die naam laat my altyd glimlag.
      Dit laat my aan daardie skrifgedeelte dink; For you see your calling brethren, that not many wise according to the flesh, not many mighty, not many noble are called. But God has chosen the foolish things of the world to put to shame the wise, and God has chosen the weak things of the world to put to shame the things that are mighty; and the based things of the world and the things which are despised God has chosen, and the things which are not, to bring to naught the things that are, that no flesh should glory in His presence. 1 Cor. 1:26-29

      Like

    • Toortsie sê:

      Baie keer as ek met so ‘n rebel te doen kry, sê ek dat as daardie persoon vir die Koninkryk gewen kan word, wat sal dit nie vir die Koninkryk beteken nie. So iemand wat voluit gaan, sal mos vir die Koninkryk ook voluit gaan. Of hoe?

      Like

  2. Ja… ek gee ook nie om selfs die steen te wees waarop die voëltjies poef nie! 🙂

    Like

  3. Toortsie sê:

    Natuurlik is jy’n juweel! Een met baie fasette wat skitter en liggies gooi as die son daarop skyn. Nou moet ek eers loop kyk wat ek al weer getik get.

    Like

  4. seegogga sê:

    So mooi al hierdie juwele! Mooi skrywe Kameel, My middelkind het ook so gesukkel toe die skool haar by diesellfde jufrou sit waar haar sussie eers was, ten spyte daarvan dat ek hulle uitdruklik gevra het om dit nie te doen nie. Die juffrou en die kind was albei ewe teleurgesteld in mekaar.

    Like

  5. scrapydo sê:

    Ja, sug, ek voel met jou! Ek is ook middelste kind, ongelukkig het ek nie gerebbelleer nie maar totaal in my dop gekruip en net nie n eie persoonlikheid ontwikkel nie todat ek my oorlede man ontmoet het en hy my geloof help opbou het. Ongelukkig het hy toe voete van klei en word ek hard teruggeslaan na n laagtepunt. Nou het ek steeds die ernstige verlange en soeke na “geloof”. Nie dat ek ongelowig is nie, ek is n christen! Hier in die vreemde is min werklike erkende christene.

    Like

  6. Hier kom interessante gedagtes na vore. Ekself het ook met depressie gesukkel, omrede van moederlike verwerping. Maar is ‘n lewende getuie dat NET die Here jou daarvan kan genees. Depressie is ‘n swart gat waarin jy kan insak, en is die moeilikste om te genees. Vra my …

    Ek weet anti-depessante kan help (vir n ruk) maar is daar ‘n veel dieper wortel wat die oorsaak is, vanuit die sielsdimensie, wat uitgetrek moet word. Pille is voordelig vir die fisiese (liggaam) , maar kan nie die psigiese (siel) help nie, en dit is hier waar depressie sy vashou plek het. In ons siel en gedagtes.

    Jy het iets meer nodig wat moet gebeur in die spirituele (gees) om vry tekom, sodat dit die siel kan oorheers en begin beheer. Sterkte aan julle almal. Hoop ek maak sin …

    Like

    • Kameel sê:

      Maak groot sin spokie. Was in die donkerste gat vir jare, anti- depressante en al; wat ‘n ontsaglike stryd was dit nie om weer lig te sien nie. En ja, daar moet innerlike genesing plaasvind voordat dit gebeur.

      Liked by 1 person

  7. Sparkle sê:

    He-he-he!

    Kyk net hoe mooi pas daai skrifgedeelte by my blognaam!

    Skitterende, eerlike inskrywing. DANKIE!

    🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s