Om jou melk te laat wegloop…

Hierdie foto doen op facebook die rondte:

1546118_863203540377026_7630271355057916008_n

Dit is ‘n foto van ‘n melkboer in Amerika wat sy melktenk moet oopmaak sodat die melk kan wegloop. Die rede is dat die sneeu te hoog lê en die melklorrie nie die melk kan kom haal nie, terwyl die koeie steeds aanhou produseer.

Dít is ‘n vreeslike ding om ‘n melkboer oor te kom.  Als waarvoor jy gewerk het, jou oes, word weggegooi.

Ons het ook al so iets ervaar. Gelukkig nog net een maal, maar ons het.

Antibiotika in die melk. As ‘n melkstalbestuurder of ‘n werker se aandag net ‘n oomblik nie by die werk is wanneer hy die beeste opdroog nie, kan so iets gebeur.

Die probleem is dat ‘n mens dit eers 2 dae later uitvind. Sien, die melklorrie kom elke twee dae. So wanneer hulle die melk toets, is dit dit twee dae se melk wat besmet is. Die probleem is dat wanneer dit uitslag van die toetse uitkom, daar alreeds al weer ‘n dag se melk opgegaar is, wat ook moet weggegooi word. Dan neem dit maklik nog ‘n dag of twee om te bepaal WATTER KOEI die probleem veroorsaak, so, totdat die betrokke koei nie gevind word nie, word AL die melk weggegooi! Om vir julle die proses te veruidelik om die verkeerde koei te vind, het ek nog ‘n hele bloginskrywing nodig.  Duisende liters melk… Groot geld wat sommer net wegloop. Dis om van te huil.

So, liewe mense in Amerika, my hart huil vir julle. Mag julle vinnig weer omstandighede ondervind waar julle melk opgetel sal word.

Boeretoorts

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

11 Responses to Om jou melk te laat wegloop…

  1. Soms MOET kos weggegooi word. Wat die rede ook al is, dit breek my hart. Daar is soveel arm en honger mense.

    Like

  2. scrapydo sê:

    Dit is uiters tragies as mens daaraan dink! Dit bly maar n dobbelspel,

    Like

  3. Kameel sê:

    Is daardie melk dan nou heeltemal ondrinkbaar? Vir my wat niks van mors hou nie is dit verskriklik om eers daaraan te dink. Dan eerder daarin bad (verstaan Cleopatra het in melk gebad,) as om dit net weg te laat loop. 😦

    Like

    • Toortsie sê:

      Ai, Kameel, dis liters en liters… Selfs die hele buurt se varke was te min om als op te drink, en met antibiotika daarin, is dit nie geskik vir menslike gebruik nie. Dis nie vuilheid wat hulle kan uithaal nie.

      Like

  4. seegogga sê:

    Ek verstaan nie die antibiotika ding nie. Die boer weet mos watter koeie is op anitibiotika en hoekom? Dan moet daardie koei nie gemelk word nie. Of is ek nou baie onnosel? Die sneeu ding is erg. Maar kan die emmers melk nie in die sneeu begrawe en gevries word tot later gebruik nie- vir bvf melkpoeier, ingedampte melk ens? Jy sal ons meer moet vertel , Toorts!

    Like

    • Toortsie sê:

      Hoop ek verduidelik reg. ‘n Koei moet tyd kry om te rus voor sy weer kalf. Dan word sy opgedroog. So ‘n koei mag dan nie meer gemelk word nie. Soms is iemand se aandag nie by die werk nie…
      Dan verloor jy groot.

      Like

    • Toortsie sê:

      Die boere het net soveel stoorplek, dan is dit vol. As die melklorrie nie die melk kan kom haal nie, moet die tenk se krane oopgedraai word, want die koeie moet weer gemelk word. En daai melk gaan in die tenk in wat reeds oorloop. Dis nou in die sneeugebiede. Dalk ook in SA as paaie onbegaanbaar raak.

      Like

  5. Sjoe! Ja – melk is ongelukkig iets wat nie lank gebere kan word nie. Jammer.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s