die platteland…

Ek het net hierdie week weer gedink: Ons woon in ‘n wonderlike deel van die land. 🙂 Ja, ons maak dalk nie so baie geld soos hulle in die noorde nie.  Ons Kapenaars het dalk ook nie eintlik bogrond nie, ook nie ondergrond nie, maar wel agtergrond, aldus Hendrik Schoeman. Ons praat ook maar erg Kaaps. Maar ek is SOOOOO gelukkig hier. Hier wil ek bly. En ek hoop my kinders en kleinkinders kan ook nog hulle lewe lank hier bly.

My goeie gedagtes is gisteraand bevestig toe hier ‘n jongman in ons huis kom en ek vra hoe dit gaan. Lag-lag sê hy: “Tannie, as mens in ons dorp woon, mag jy mos nie kla nie.” Hy vertel van iemand van die Vrystaat wat hier gekom het en vir hom gesê het ons woon in die paradys.

Ag, wat ek nou vertel gebeur seker by julle ook, en dan is ek baie bly daaroor. Net om julle ‘n idee te gee waarvan ek praat.

Ons was Saterdag by ons see-huis en ek gaan gou na die hardewarewinkel om ‘n Yale Lock te koop. ‘n Vriendelike man help my en ek vra hom of hy nie van iemand weet wat dit vir my kan insit nie. “Mevrou, ek sal.”  Toe hy daar is, onthou ons van die hekkie wat stukkend is en die knip wat afgeroes is. (Onthou, die seelug vreet alles op!) Hy sal sommer in die week kom kyk wat nodig is, die nodige goed koop en dit kom opsit.

Daar is egter ‘n klein probleempie met sy lopery op die erf. Ja, selfs by ons gebeur dit nou dat mense jou huis leegdra terwyl jy in hom is. So daar is ogies aan die buitekant ook, wat die hekkieman dan sal aktiveer. Geen probleem! Ek epos die sekuriteitsmaatskappy en hulle sal met graagte weer die alarm gaan regstel as hy klaar is.

Woensdag loop ek toevallig die man raak wat altyd my blindings doen. In ons dorp. Sommer net daar gee ek vir hom die sleutel van ons huis, verduidelik waar ‘n blinding moet opkom, en siedaar!

Ek het ‘n probleem met die wasmasjien gehad. Dit was net ‘n oproep ver. Die elektrisiën het die sleutel gaan optel, die masjien gaan haal, reggemaak en gaan terugsit.

So kan ek aangaan. Die hekkie wat nou stukkend is en die heining, is jare gelede deur ‘n vriend opgesit. Hy het sommer die goed gaan kry by die winkel, en toe ons daar kom, was dit opgesit.

Dis platteland. So lekker en maklik!

plattelands, nie platvloers Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Overberg, Verskeidenheid Onderwerpe and tagged , . Bookmark the permalink.

3 Responses to die platteland…

  1. Ja, dis hoe ek die plaasmense ook ken. Ek dink dis ‘n voorreg om nog deel aan sulke mense te mag hê. Ek ondervind dit ook wanneer ons naweke onder plaasmense beweeg, maar hier in die stad, sluit jy eerder alles toe, gee vir niemand jou sleutel, en kan nie waag om sonder kwaai honde in jou erf te leef nie.

    Julle is voorwaar bevoorreg!

    Like

  2. scrapydo sê:

    Heerlik man, dis hoe dit moet wees! Hier laat hul ook die sluitel iewers en die werksman gaan in doen sy werk en sluit weer. Dis lekker om mense so te vertrou endat hul geillig is om werk te doen. Moet byse, hier is die werkers meestal eenmans besighede wat werk doen

    Like

  3. Kameel sê:

    Hier sit ons agter slot en grendel en vertrou nie eers jou hond nie. 😦
    Geniet die mooie Kaap Toorts!!!! Jy is ‘n geseënde vrou.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s