Die bul en die haan

Mandore is ‘n Jerseybul, en baie mense sal kan getuig: ‘n Jerseybul is nie altyd ‘n maklike kalant nie. Mandore is die uiterste van uiterstes. Almal in die buurt het van hom geweet. Want sien, hy het dit sy WERK gemaak om die lande te patrolleer en het homself al van ver af erg duidelik gemaak. Moeilik. Voertuie was sy GROOTSTE uitdaging.

Vir lank het ons vir Mandore kans gegee om sy humeur uit te leef, maar het besef daar gaan ‘n fout kom. Iewers gaan iemand baie seer kry…

Kyk, mense misgis hulle soms met Jerseybulle, en ek kan ‘n hele paar stories vertel van mense wat al in ‘n kraal deur ‘n Jersybul vasgedruk is. Jy kom nie heel anderkant uit nie.

Lank, lank gelede, toe die stal nog in aanbou was, was daar ‘n insidentjie, wat tot ‘n hofsaak gelei het. Ag, die saak was erg uitgerek oor belaglikhede. Eintlik was die hele situasie belaglik.

Die persoon het toe uiteindelik die kans gekry om sy storie in die hof te vertel. Onder andere vertel hy hoe die BUL en VOLSTRUISE hom gejaag het terwyl hy gevlug het, en en en…

Terloops, die stal was toe nog in aanbou en daar was GEEN diere op die betrokke plaas nie, net saailande. 😉

Genadiglik was Mandore nie daar nie.

RIP Mandore. Nou sal NIEMAND jou meer kwaad maak nie.

Toorts

Hier was Mandore so ‘n bietjie meer as ‘n jaar oud.

Mandore Mandore1

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

18 Responses to Die bul en die haan

  1. Ag nee – is Mandore nou dood? My pa moes ook vir Ferdinand III (stoetbul) skiet, omrede buurvrou aanhou kla oor die drade verwoes tussen ons en haar koeie, toe vat my pa sy geweer – ons het baie gehuil agterna … wou vir 3 maande nie aan Ferdinand se lekker vleis eet nie …

    Like

  2. karen sê:

    Ai, arme Mandore. Kon julle hom nie kastreer en laat aftree nie?

    Like

  3. Kameel sê:

    Ai toggie, arme Mandore; dit was sekerlik nie sy skuld dat hy nou so ‘n beneukte streek gehad het nie. 😦

    Like

  4. perdebytjie sê:

    Ag arme ding!Maar dis seker maar beter so.

    Like

  5. scrapydo sê:

    Jerseybulle is bekend daarvoor dat hul hul eie gebied moet patrolleer(weet nie 2ll of 1 l)Dis in hul bloed, kan mos nie die dames aanderkant die draad net los nie. Voertuie het seker altevol soos mooie koeitjies gelyk. Ek maak n grappie! Dis jammer dat hy moes plek maak vir n makker een. Dis die woestes wat meestal die beste bulle is!Ek dink hul weet dit

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s