Weet julle wat my verwar met Banting?

Kyk, ek het oom Tim se boek mooi gelees, en as jy dit lees, is alles regtig logies. Dis vir hierdie vleisboer so ekstra maklik om sy dieet te volg. Om die waarheid te sê, is dit en elk geval amper hoe ons ons lewe lank eet! Ek moes net meer groente in my dieet insluit en stysel en suiker uitsny. Hoe moeilik kan dit nou wees? En soos ek sê, dis amper hoe ons al vir 50 jaar lank eet!
Nou wat verwar my dan eintlik?
Ek sal julle sê: Die negatiewes.
Weet julle, ek luister regtig ernstig as iemand my waarsku, want dalk praat die persoon die waarheid en moet ek eerder stop met hierdie ding.
Die probleem is egter dat daar nie konsensus is oor die negatiewe gevolge daarvan nie.
Almal bedoel dit só bitter goed. Almal gee vir my om, maar na wie moet ek dan nou luister?
Die een sê ‘n mens kan dit net volg as jy baie oefen saam met dit. Net die volgende een sê dat iemand wat baie oefen, dit beslis moet vermy.
Iemand waarsku my dat dit regtig gevaarlik is. Ek noem vir haar dat my suiker sowel as cholesterol afgekom het. Sy waarsku dat dit in die begin kan daal, maar dat dit net skielik sal begin styg. Dan sê sy, soos Tim, dat mens lewenslank daarmee moet aangaan as jy eers daarmee begin het. Hoekom?, vra ek. Want anders gaan jou cholesterol weer styg. So, moet ek, of moet ek nie?
Ek word gewaarsku oor my niere. Ja, mens word nogals baie dors.
So, ek vra vir die negatiewes baie mooi: Kry eers konsensus, want op die oomblik kry ek nie reg om julle te glo nie. Dalk is julle regtig reg, maar hoe sal ek dit weet?
Intussen Banting ek rustig voort, laat toets my bloed elke 6 maande, en voel goed.
Steeds probeer ek niemand oortuig om dit te doen nie. Ek aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir enige persoon wat dit doen nie. Maak soos ek gemaak het: Gaan spreek eers jou dokter voor jy dit probeer.
En nee, ek is nie lus vir ‘n bekgeveg hieroor nie. Ek skryf net my eie ervarings hieroor neer.
Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged . Bookmark the permalink.

12 Responses to Weet julle wat my verwar met Banting?

  1. MaanKind sê:

    Twee goed:
    1) Moenie jou aan ander steur nie. Doen wat goed is vir jóú.
    2) Banting nie goed vir almal nie, party van die Banting ouens daar op my muur moet dit ook aanvaar.

    Like

  2. perdebytjie sê:

    Ek weet te min daarvan om ‘n opinie te lug,maar as jou cholestrol en suiker afkom,kan dit sekerlik net goed wees,want dis mos die twee areas in mens se gesondheid,wat omtrent alle welstand bepaal.

    Like

  3. seegogga sê:

    Toorts, met alle dieete is daar kontrasterende opinies- eers mag ons nie eiers geet het vir ons hart nie, nou mag ons, Eers was die nuwe gesondheidsding, margarien, nou is dit weer sleg. Dit beteken mens kan eintlik maar eet soos jy wil , en niemand mag jou eintlik kritiseer nie. As dit vir jou werk, dan werk dit. Ek dink dit was Mae West wat gevra is hoe sy haar mooi figuur so behou het deur die jare. Toe se sy:” For the past 50 years I haven’t eaten anything I liked”. AAAH Its painful to be beautiful…..

    Liked by 1 person

  4. scrapydo sê:

    Mens kan mos maar na jou liggaam ook luister. As hy se dit gaan reg so hoekom bodder met ander se negatiewe uitlatings. Laat hul dit self probeer en kyk hoe hul vaar! Lekker om te weet daar is iets wat suiker en kolesterol laat afkom.

    Like

  5. Spokie sny spoor sê:

    Toortsie, ondervinding het my geleer dat sommige mense jaloers-gedrewe is. Jy klink in elk geval nie vir my na ‘n onverantwoordelike tipe mens nie. Banting self ken ek nie goed, maar glo daaraan om na jou eie liggaam te luister. Dit sal jou rigting gee.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Dankiw. Ek is okay, maar met hierdie skrywe wou ek eintlik net vir die doemprofete maan om hul syfers reg te kry en seker te maak hul versprei dieselfde storie. Sien, soos dit tans is met elkeen ‘n ander storie, raak hul ongeloofwaardig.

      Like

  6. Kameel sê:

    Ek stem, doen wat reg is vir jou Toorts.
    Ek wil jou darem net waarsku van erge nagevolge as jy aanhou om so ryk en lekker te eet……. en dan nog boonop gewig verloor. Jou vriendinne mag van kleur verander, en hoe verduidelik jy aan die mensdom die klomp groen vroue. 😆

    Like

  7. colourmecrazee sê:

    ag jong, ek knip dit maar kort. dit werk vir my, en ek druk dit nie in ander se keel af nie. weet nie hoekom is dit party mense se mission om dit verkeerd te bewys nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s