Waarmee moet ons boer?

Lank gelede het ek geskryf dat omgewing, weersomstandighede, grond, en nog baie ander faktore bepaal waarmee ‘n mens boer.

Ons het besproeïngsgrond waar ons al vir 7 jaar met lusern boer. Dis net te mooi. Lande en lande groen van lusern, wat gebaal word en as veevoer verkoop word. Als word wetenskaplik gedoen. Die nodige voedingstowwe word toegedien om die grond in perfekte kondisie te kry en te behou.

In boerdery bly dinge egter nie altyd dieselfde nie. Dit verskil van dag tot dag, jaar tot jaar, en kan oornag totaal verander.

In Januarie vanjaar is ons boerdery op die lusernplaas oornag 100 persent verander. In een nag het die vloedwater oor die lusernlande gespoel, grond uitgeruk, lusern verdrink. Groot dele daarvan moes hervestig word. Om te oorleef het ons oornag groenteboere geword. En dít, dames en here, is ‘n heel ander speletjie.

Vir groenteboerdery het ‘n mens baie water nodig, maar ook baie hande. Vragte mense moet daagliks aangery word. Aartappels en groenmielies is vinnig geplant om nog betyds markgereed te wees voor die winter kom. Die een dag het jy niks groente nie, die volgende dag oorval jy die mark heeltemal. As jy vandag kopkool eet in die Kaapse Metropool en omgewing, is die kans goed dat dit van ons af kom. Die een oomblik het jy te veel, die volgende te min. Te veel, dan is die kans nog daar dat dit kan vrot ook omdat dit nie vinnig genoeg weggelaai kan word nie. Saam met dit werk markkragte wat die prys in sy dinges in kan laat val, wat jou moeite verniet maak. Dan is daar nog peste en plae ook wat só hanteer moet word dat die groenes gelukkig is, maar terselfdertyd wil dieselfde mense nie ‘n groentetjie koop met ‘n merkie aan nie…

Dis ure se admin, want als moet gerapporteer word by Departement Arbeid, die WVF, en wie nog almal. Vandag se 50 mense is nie dieselfde 50 wat gister daar gewerk het nie, en en en… Wie kom werk op ‘n land met wind en stof met ‘n ID boek?

Na ‘n jaar van groenteboerdery, haal ek my hoed af vir groenteboere wat jaar na jaar aanhou daarmee. Ek het van soveel mense gehoor wat sê hulle het eens op ‘n tyd met groente geboer, maar…

Daar’s so baie mense wat sê: Mense moet ophou met beeste boer, maar eerder met groente. Ek daag elkeen van hulle (dié wie dit voorstel) uit: Doen dit! Probeer dit.

Maar die heel belangrikste om te onthou, is: Landbou voed u. Onthou as u deur die kosrakke in die winkel stap en die lekker kosse uitkies: Daardie kos het nie sommer net daar gekom nie. Dis met groot moeite, liefde en koste daar neergesit.

En asseblief, eet kool! Eet BAIE kool. Maak Koolbredie, Kerriekool, gooi room en kaas oor gaar kool, koolslaai. Maak nie saak hoe nie, eet dit net. Doen dit vir my. 🙂

Lekker eet!

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake and tagged , . Bookmark the permalink.

15 Responses to Waarmee moet ons boer?

  1. Net Ek sê:

    Ag ek is mal oor die laaste foto, daai gesiggie!

    O nee kyk, ek het beslis nie die senuwees vir boer nie. Dit sit beslis nie in enige ou se broek om te boer nie.

    En noudat jy dit noem, ek is SO skuldig daaraan. Koop en eet sonder om werklik te dink waar dit vandaan kom, mens vergeet so gou want als is mos lekker gerieflik. Volgende keer as ek groente koop gaan ek onthou! En dankie sê. 🙂

    Liked by 1 person

  2. Ja, boerdery is nie vir sissies nie. Ek en pa het met tamaties geboer, as jy dink kool soek aandag, moet jy ‘n ryp sagte tamatie hanteer en probeer verpak. Pieperige spul. Die rooispinnekop jou grootste vyand.

    Fotos is pragtig. Dit lyk tog so mooi die rye lande en vee. Jul boerdery lyk pragtig.

    Like

  3. Werner Olivier sê:

    Interessante skrywe Toortsie.Ek stem saam dat kool ‘n lekker groente is,veral Kaapse Spits kool bly een van my gunstelinge.Kyk groente boerdery is nie speletjies nie veral as dit op lande verbou word.My pa was ‘n Landbou Navorser en wat my altyd verwonderd laat staan het is die kwaliteit wat geprodusseer is in plastiese tonnels.Die groente is gesonder en die peste is baie minder.Tamaties doen uitstekend in plastiese tonnels.Ai hoe verlang ek nou na die proewe wat hulle destyds gedoen het.
    Groetnis.

    Like

  4. Kameel sê:

    Boer maar lekker voort Toorts, dit is nie vir my nie. As ek net dink hoeveel moeite my ou groentetuintjie was. Jy het my nou lekker lus gemaak vir kerriekool.

    Like

  5. perdebytjie sê:

    Om net ‘n groentetuin aan die gang te hou,is al moeilik!Ongelukkig besef mens nie die waarde van die mooi groentetjies in die winkel nie en die boer kry die minste vir sy moeite.

    Liked by 1 person

  6. scrapydo sê:

    Boerdery is nie vir sissies nie en dan nog intensiewe groenteboerdery daarby! Haal my hoed af vir julle! Ek weet ook v kool. Die plaas langs ons het ook toentertyd koollande gehad en dit was regtig harde werk.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s