‘n Banters verjaarsdag

Selfs Banters verjaar en nooi mense. 🙂 Gewone mense. Mense wie nie Banters is nie. Nou ja, Banters het ook gesinslede wie nie banters is nie…

Ek maak nie vreeslike vreemde kosse nie. Ek weet daar is mense wat regtig baie moeite doen. Hulle bak banters beskuit, banters koekies, en, en, en. Party van daardie goed klink na GROOT moeite.

Ekself het mos maar net soos gewoonlik aanhou leef, met hier en daar ‘n aanpassing. Ek kook steeds gewone boerekos, maar los net die stysel en suikers uit. Hier en daar moet ek wel ‘n vreemde bestanddeel gebruik, maar dis minimaal. Daardie vreemde bestanddele is BAIE duur ook!

Met my verjaarsdagpartytjie het ek ‘n Sondamiddagete gehad. Op die spyskaart was hoenderstukke in die oond gebraai, skaapboud in ‘n sampioensous (nie-banting sous), maalvleisrol, ‘n heerlike brokkolislaai met bacon en gebraaide uie en neute en mayonnaise, ‘n wortelstolring (ja ek weet mens mag nie regtig Weigh Less se jellie gebruik nie, maar dis nie vetmakend nie), aartappelslaai (nie-banting), ‘n mengelslaai en soet-suur appelkosies.

Niemand het gevoel Banting word in hulle kele afgedruk nie, en ek dink nogals die gaste het lekker saam geëet. Iemand wat self ‘n Banter is, het ná die tyd gesê hy het nie eens die braai-aartappels en rys gemis nie. 😉 Vir Banters was daar genoeg om te eet en die nie-banters kon hulleself net soveel geniet.

Vir poeding was daar suurlemoen-meringe tert (nie banting), kaaskoek en cup cakes. ‘n Vriendin het ewe goedkeurend gesê toe sy sien ek eet ‘n stukkie kaaskoek, dat ek darem sekerlik nie op my verjaarsdag sonder poeding gaan bly nie. Ek kon haar gelukkig antwoord dat dit Banting Kaaskoek is. 🙂

Onthou, mense wat op dieet gaan, is mense wat goed kán eet. 🙂

ONS GENIET KOS. 🙂

Toorts

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekos Faceboekblad. 

Disclaimer: Soos altyd probeer ek niemand oortuig om ‘n Hoë Vet, Lae Koolhidraat dieet te volg nie. Dit is elke ou se EIE keuse en ek neem nie verantwoordelikheid daarvoor nie. Indien jy dit dalk self sou wou doen, raai ek aan dat jy eers jou dokter hieroor raadpleeg. 

IMG_1591

16 thoughts on “‘n Banters verjaarsdag

    1. Soek bietjie op faceboek vir Low Carbs is lekker. Ek dink hulle het die resep. Hul het ook ‘n blog by wordpress. As jy deur my banting blogs gaan, ek het iewers ‘n skakel na hulle.
      Probeer ook Pinterest. Tik in Banting of banting rusks. Hoop jy kom reg. Ek bak gewone veskuit ondat ekself nie vreeslik beskuit eet nie en my gesin nie banters is nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!