die klere wat nie pas

Almal wat sukkel om hulle lyf in toom te hou, sal presies weet waarvan ek praat. Die ding dat jou klere net nooit reg is nie. Want sien, dis nie dat as jy vandag iets koop, dit te sê is dat jou lyf nog aan die einde van die seisoen dieselfde is en die klere dieselfde sit nie.

Dit het al gebeur dat ek geweet het ek gaan in Junie warm plekke besoek, en dan aan die einde van die somer vir my ‘n paar stukkies klere koop met die doel om dán te dra, of sommer net om my gewone somersklere te dra, en wanneer die vakansie aanbreek, daar NIKS in my kas is wat pas nie! 😯

So het ek ‘n paar stukkies nuwe klere gekoop voor ons vakansie. Die klere het sommer styf gesit, want ek het geweier om ‘n groter nommer te koop. Dis een keer gedra, toe kom ons mos weer terug na die winter in SA. Nou is daardie selfde te klein klere te groot! Lekker né? Ja, dit ís lekker as jy op dieet is, maar wie wil nou heeldag lyk soos Sannie met Sakke aan?

Julle weet mos: Klere pas by jou lyf aan – dit rek op sekere plekke. So, as jy gewig verloor, en jou klere begin sakkerig hang, beteken dit nie noodwendig ‘n nuwe nommer nie. Soms werk dieselfde nommer nog vir ‘n rukkie…

Nou wil ek by julle weet: Koop julle aanmekaar nuwe klere wat by julle nuwe lyf pas? Gooi julle die te groot/te klein klere weg of gee dit vir iemand? Het julle ‘n kas vol klere met al die nommers van groot tot klein? Gee julle die ouer goed maar weg en verstel dié wat julle nog min gedra het? Hoe maak julle?

Kla ek of “brag” ek?

Dalk albei… dalk nie een nie…

Dis nogals lekker as die klere so te groot raak, maar glad nie lekker dat mens nie elke paar dae nuwes kan koop nie. 🙂

Toorts

 

10 thoughts on “die klere wat nie pas

  1. Ek sit met ‘n kas vol van verskillende nommers. Gewoonlik het ek die groter nommers eerder uit gegooi (dit plaas mens in die versoeking om weer te laat gaan), maar van ek ma geword het bere ek die vir daai tye na baba gebore is wat mens net in niks sinvol pas nie.

    En daai klein nommers, hulle bly hang om my te motiveer om dalk net eendag weer in van hulle te pas 🙂 En soos my sus se, ek hou die klere so lank dat dit weer in mode raak 😉

    Liked by 1 person

  2. Ek dra nog (amper) dieselfde nommer as op 16 toe ek uit die skool uit is. Toe ek destyds ophou rook het, het ek geleidelik so 5 kg opgetel wat daardie no 12 wat slap gesit het, styf laat sit het. Noudat ek ouer is en die pleisterwerk swak, koop ek eerder ‘n 14 broek wat ek dan met ‘n belt moet dra, of ‘n rek insit. So ek het nog nooit nodig gehad om oor wisselende groottes te bekommer nie. (Sorry, ek voel bietjie apologeties hieroor, maar dis hoe dit is)

    Like

  3. ek dra ook dieselfde grootte my hele volwasse lewe al. dit beteken egter dat ek ou goed dra, wat ek eintlik al moes weggooi! ek weet nie wat ek sou doen nie, seker die klere hou. vir verstel is ek bangerig – dit klink na baie moeite. ek het juis ‘n broek wat te groot is, en nou wonder ek, moet ek dit laat verstel (self sal ek dit nie regkry nie), of wat as ek tog gewig optel, dan was dit verniet?!
    ek is bly jy het sukses – hoop jy voel gesond 🙂

    Liked by 1 person

  4. Toe ek in my menopause gaan het ek oor 6 jaar twee groottes gegroei. My maer klere is in ‘n tas en so nou en dan probeer ek dit aantrek , maar dit maak my net depressief.

    Liked by 1 person

  5. toe ek jonger was, het ek graag die nuutste mode gekoop, maar my ou gunstelinge altyd gehou. Nou koop ek die minimum en al het ek baie maer geword, dra ek nog dieselfde klere. Stretch skipante rek of krimp saam met jou lyf, bloesies bly pas, maar sit net losser, rompe het jare al rekke in die middel en pas dus altyd. Miskien is ek nie meer gepla hoe dit lyk nie – ek dra wat lekker aan VOEL. Maar nouja, dis altyd lekker om ‘n nuwe nommertjie by te sit, ne! En jy het mos nou goeie rede!

    Like

Lewer kommentaar op MaanKind Kanselleer antwoord