tafels in die kar

Huiswerk was nie baie hoog op my agenda nie. Ek was ‘n laaste kind, en ek dink my ma het ook maar al lui geraak toe ek skool toe is, net soos ek ook al lui was toe my jongste skool toe is. Sien, die ander was toe al goed op dreef en het hul eie ding gedoen, dit was soos om ‘n enjin wat al lankal koud, dood en verroes is, weer aan die gang te kry…

Ek weet ouers is vandag baie besig. Albei werk voltyds en as ons as gesinnetjie vanmiddag moeg by die huis kom, moet die aanddinge gou gebeur voor slaaptyd, net om môre weer voort te strompel. Of verstaan ek die ding heeltemal verkeerd? Kinders doen hulle huiswerk sommer in die skool klaar, of vanmiddag by die dagsorg.

Tye in die motor was vir my uiters kosbaar. Baie keer was ons sommer net moeg en het die halfuur huis toe in stilte afgelê. Tog was dit die plek waar ek die meeste gesprekke met my kinders gehad het, oor allerhande dinge.

Ek het by tannie Mags en Willa loseer in my jong laerskooldae. My ma het op die dorp skoolgehou. Elke oggend het tannie Mags vir ons tee en beskuit in die bed gebring. Dá het tannie Willa my gepeper met tafels. Dit bring mee dat ek vandag nog kan maal, nie kan deel nie (ek werk dit altyd terug na ‘n maal), en my vingers gebruik vir optel en aftrek. 😯

Tannie Willa het my egter die belangrikste les ooit geleer: Tafels is die grondslag vir BAIE dinge. Jy moet jou tafels KEN. Op die punte van jou vingers. En dit, liewe mammas en pappas is iets wat julle ook kan doen. Soggens op pad skool toe vra jy vir jou kinders tafels. Ja, dit gaan gepaard met ‘n “ag maaaa”, maar dis als reg, op die ou end ken hulle (en jy) daardie tafels! As ‘n kind op ‘n sekere tafel vashaak, kom daardie tafel maar net ‘n paar keer so in die loop van die oggend weer verby. Vra dit deurmekaar, nie in volgorde nie. 5×6; 3*9; ens.

Oor my jongste se wiskunde huiswerk het ek gister in ‘n kommentaar geskryf: “Met my laaste kind was ek al lui wat die huiswerk aanbetref. Die juffrou het dit BAIE goed geweet. Sy sou net vir my sê: Mamma, ons doen nou Dit of Dat in wiskunde. Byvoorbeeld lang deel. Ek moes met haar dorp toe ry vir musieklesse. So, op pad dorp toe, soek sy ‘n stukkie papier. Dan sal ek in die lyn van wat die juffrou gesê het, vir haar eenvoudige somme gee wat sy dan moet doen. Met tyd maak ek dit moeiliker. Teen die tyd dat ons op die dorp kom, het sy al sommer ‘n klomp van hierdie tipe somme speel-speel onder die knie. As sy sê sy het nou genoeg gehad, dan hou ons op. Wat gewoonlik gebeur het, is dat sy die klas dan ver vooruit is, want sy doen dan sommer ‘n paar weke se lesse in een rit dorp toe. Dit het haar ongelooflike selfvertroue gegee, wat haar dwarsdeur matriek en selfs op universiteit gehelp het.”

Dis wat ek gedoen het. Dalk help dit vir jou ook! 🙂

Die belangrikste van alles: Dit moet LIEFDEVOL gebeur. Gee hulle tyd om te dink. Moenie beledigend raak nie. Help selfs so effens…

Toortsie

Lees by gister se bloginskrywing vir idees om wiskunde speel-speel vir jou kind te leer.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding and tagged , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to tafels in die kar

  1. seegogga sê:

    so ken ek jou – ‘n ma duisend. Jy het ook vir Gerda ‘so speel-speel n liefde vir musiek geleer . Ek het ook gevind dat kaart speel ( rummy) baie goed werk. Kinders moet mos hulle punte optel.

    Like

  2. Dit is ‘n baie oulike idee. En eintlik het vandag se kinders sulke oulike speelgoed om wiskundig vaardig te word. Op die plaas het ons die vuurhoudtjies getel of mee gespeel of huisies gebou op die kombuistafel. Nostalgies herinnering.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s