Winkel etiket

Lank gelede was daar een keer op Loslip ‘n bespreking oor als wat mense in winkels verkeerd doen en wat ander mense irriteer. Ek moet erken: Ek was omtrent SKULDIG aan AL daardie klagtes. 😦 Ag, en ek voel ook glad nie sleg daaroor nie. Dalk werk dit bietjie anders in die platteland.

Ja, ek laat staan soms my waentjie op ‘n plek, omdat daar so baie mense by die rak is en ek dan nie met my waentjie tussen hulle wil deurskuur om my blikkie tuna van die rak af te haal nie…

O, en ek gesels in die winkel. Ek KUIER in die winkel. Natuurlik nie die dag voor krismis nie. Dan is ek sooo geïrriteerd met ALMAL wat nou net DAAI dag nodig het om te kom kersfees shopping doen. Nie net dié wie die goed moet kom koop nie, maar die oempie en die antie en die hele trek tjennertjies wat saamkom en rondhardloop en skree en die speelgoed uittoets… mêns net waar jy kyk…

Maar deur die jaar… 🙂 Hier waar ek woon, kom ek nie baie by mense nie. Sorrie, ek probeer nie jannie jammergat speel nie. As ek dan op die dorp kom, en veral in die winkel, is ek SO bly om ander mense te sien. Ek kyk hulle mooi uit, lol nie met die haastiges nie, maar dié wie ook bly is om mense te sien… oeee… ek hou van kos koop! Ons staan mooi eenkant, ons paadjies tussen die rakke is mos nie so vol nie!

Gister het ek gou by ‘n plekkie middagete geëet. Daar sien ek ‘n tannie wat ek seker 15 jaar terug gesien het. Oeee en sy KAN gesels, Baie gesels, Aanhoudend gesels… en sy woon ook op ‘n plaas en is UITGEHONGER vir gesels. So, terwyl ons vir die kos wag, praat sy. Toe haar kos kom, gaan sit sy aan haar tafel, met haar rug na my, en steeds PRAAT sy die hele tyd met my. Vertel my stories wat ek net nie kan glo nie, hard en duidelik. 😉

Ek loop haar later weer in die winkel raak. Ons benader die winkel van dieselfde kant af, maar betree elke rak van verskillende kante af, so ons kruis mekaar tussen elke volgende rakke weer… dan gaan sy aan met haar storie… tot by die volgende rak… en die volgende rak…

Ag, ek het sommer met ‘n glimlag huis toe gekom. 🙂 Ek dink sý ook.

Gesels-gesels kom die koop maklik verby.

Toorts

6 thoughts on “Winkel etiket

  1. Ai, moet sê dit kan lekker wees om op so stil dorpie te mag woon. Hier in die stad gaan dit geweldig. Daarom dat ek en manlief naweke vlug na ons klein houtcabin in die berge tussen mispieke en klowe.

    Like

  2. Ek se mos altyd. Na kerk gaan almal gou Spar toe, en as daar uitkom, weet jy alles wat die week in die dorp gebeur het! Dis ons dorpie daai en dis lekker.! Wat ook lekker is, is dat die mense mekaar mos groet as motos verby mekaar ry.

    Liked by 1 person

  3. Ek het ook altyd die “shopping” geniet. Meeste van tyd is daar altyd iemand wat jy raakloop wat wil weet hoe dit gaan ens, ens. Mens moet altyd voorsiening maak vir eksta tyd. Ek hou nie daarvan op naweke te winkel nie want dan is almal daar en mens kan nie roer nie. Ek kan goed glo dat jy uitgehonger is vir gesels as jy gaan inkopies doen

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s